Dié virus teiken splinternuwe Android-toestelle
'n Nuwe rekenaarvirus het reeds Android-fone in verskeie lande besmet.
Android-gebruikers moet ligloop nadat die kubersekerheidsfirma Avast indringerware op duisende splinternuwe toestelle gevind het.
Die Tsjeggiese vervaardiger van onder meer antivirusprogrammatuur sê in 'n verslag Android-fone so wyd verspreid as in Brittanje, Amerika, Rusland en Italië is met 'n virus naamlik Cosiloon besmet.
Volgens Avast is Cosiloon op die fone geïnstalleer nog voordat die eienaars die toestel uit die verpakking haal.
Inquirer berig die lys van geraakte toestelle sluit in ZTE, Archos en Prestigio. Hoewel hierdie handelsname nie juis aan Suid-Afrikaners bekend is nie, is daar wel van dié toestelle in die land.
Volgens Avast is baie van die betrokke toestelle nie deur Google, die vervaardiger van die Android-bedryfstelsel, gesertifiseer nie.
Cosiloon is reeds in 2016 vir die eerste keer deur die Russiese teenindringerwaremaatskappy Dr. Web bespeur. Volgens Avast het sekerheidsfirmas en slimfoonvervaardigers sedertdien nie genoeg gedoen om die verspreiding daarvan te keer nie.
Sowel die harde- as die sagteware van die toestelle is nie voldoende bygehou om Cosiloon te keer nie, meen Avast, en daarom kon die indringerware sy weg vind tot op splinternuwe toestelle.
Die virus dwing 'n gebruiker om na 'n advertensie te kyk wat opkom terwyl hy besig is om die standaard-webblaaier op die toestel te gebruik. Sodra die gebruiker probeer om die advertensie toe te maak en dalk daarop klik, word nog indringerware op die agtergrond afgelaai.
Avast het sy navorsing aan Google voorgelê en die maatskappye werk saam aan 'n permanente oplossing.
Die meeste toestelle wat deur die virus geraak word, maak gebruik van 'n Mediatek-skyfie wat betreklik goedkoop is. Die weergawes van Android wat geraak word, wissel van 4.2 tot 6.0, sê Avast.
Hoe weet ek of my toestel geraak word?
Selfs ouer Android-toestelle kan deur die Cosiloon-virus geraak word. Die maatskappy raai ook enigeen aan wat vermoed dat sy of haar toestel besmet is om Avast Mobile Security uit die Google Play-winkel af te laai en hul toestel te skandeer.
Dié antivirusprogrammatuur kan help om die virus te deaktiveer.
Buiten dat dit jou toestel kan bombardeer met irriterende advertensies, het indringerware ook die potensiaal om jou inligting, foto's, boodskappe en lys van oproepe te steel en aan derde partye te stuur.
Sommige virusse kan selfs jou stemoproepe opneem of 'n opname maak van alles wat jy op die skerm aanvang en so gebruikersname en wagwoorde bekom. – Netwerk24/Bronne: Avast, Inquirer, Express

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie