Diu00e9 selfoonnetwerk is wu00e9u00e9r u2018SA se vinnigsteu2019
Diu00e9 selfoonnetwerk is wu00e9u00e9r u2018SA se vinnigsteu2019

Dié selfoonnetwerk is wéér ‘SA se vinnigste’

Petrus Malherbe

MTN is pas weer eens as Suid-Afrika se vinnigste selfoonnetwerk met ’n gemiddelde aflaaispoed van net minder as 27 megabis per sekonde aangewys.

Meer as 12 000 selfoongebruikers het in die laaste drie maande van 2018 aan MyBroadband se peiling deelgeneem wat data oor die spoed van die verskillende selfoonnetwerke insamel.

Daarvolgens het die gemiddelde aflaaispoed van Suid-Afrikaanse netwerke oor die laaste drie maande tot 22,18 Mbps teenoor 19,29 Mbps in die oorstemmende tydperk voorverlede jaar verbeter.

Gebruikers van die MTN-netwerk het ’n gemiddelde aflaaispoed van 26,95 Mbps behaal. ’n Kortkop daarna is Vodacom met ’n gemiddelde aflaaispoed van 26,78 Mbps.

Sowel Rain, die nuwe netwerk slegs vir data, Telkom en Cell C se gemiddelde aflaaispoed is laer as die nasionale gemiddeld.

Elke netwerk (buiten Rain wat in 2018 begin is) het wel op 2017 se gemiddelde spoed verbeter.

Waar gebruikers op Telkom se netwerk in 2017 ’n gemiddelde aflaaispoed van 15,35 Mbps behaal het, is dié spoed nou 19,83 Mbps, ’n verbetering van 29%.

Cell C se netwerk is 10% vinniger as ’n jaar gelede vir ’n gemiddelde aflaaispoed van 15,56 Mbps. Dié netwerk is weer in die laaste posisie op MyBroadband se ranglys.

GEMIDDELDE OPLAAISPOED

Daar is ook gekyk na die gemiddelde oplaaispoed en vertraging (latensie) op die verskillende netwerke om uiteindelik ’n finale puntetelling vir elkeen te gee.

Aflaaispoed het 60% van die finale telling uitgemaak, gevolg deur oplaaispoed wat 20% tel, en latensie ook 20%.

Daarvolgens het MTN ’n perfekte telling van 10 uit 10 behaal, gevolg deur Vodacom met ’n punt van 9,68.

MTN, Vodacom en Telkom het elk op 2017 se punt verbeter terwyl Cell C van 6,41 tot 6,16 uit tien verswak het.

Cell C se netwerk toon ook die hoogste gemiddelde latensie van 53 millisekondes.

MTN het die latensie op sy netwerk van 50 millisekondes in 2017 tot 37 millisekondes in 2018 verbeter.

Luidens Marius Hollenbach, MyBroadband se hoof van navorsing, is die bevindinge van die peiling in pas met die verwagtinge, gegewe hoeveel geld die verskillende netwerke aan die uitbreiding van infrastruktuur oor die laaste paar jaar bestee het.

MTN het R43,6 miljard oor die laaste vier jaar bestee om sy 3G- en LTE-netwerk oor Suid-Afrika heen uit te brei, aansienlik meer as enige ander netwerk. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!