Dié roof van 2004

31 December 2004 | Politiek en nasionale nuus
DIE grootste transitoroof vanjaar in Namibië is gisteroggend douvoordag op die Brakwaterpad net noord van Windhoek gepleeg.
Niemand is tydens die roof dood of ernstig beseer nie en diewe het met \'n buit van meer as N$5 miljoen weggekom. Hulle was trouens só vetgevreet aan hulle buit dat hulle nie eens die moeite gedoen het om 25 kiste met munte daarin te probeer wegsleep nie.
Teen gisteraand was die spoor koud, met net die bestuurder van die gepanserde voertuig waaruit die groot skat gesteel is wat deur die polisie se eenheid vir ernstige misdaad ondervra is.
Mnr. Johan Janecke, direkteur en aandeelhouer in Fidelity Ser-vices Group (Namibia) Pty. Ltd. het gister terstond \'n beloning van N$50 000 uitgeloof vir inligting wat sal lei tot die inhegtenisname en skuldigbevinding van die diewe.
Die voorval het gisteroggend omstreeks 06:00 net noord van die stad plaasgevind toe die voer-tuigbestuurder om die een of ander rede besluit het om \'n ryloper \'n geleentheid aan te bied.
Dié het glo \'n vuurwapen teen die kop van die wag in die gepanserde voertuig gedruk en gedreig om hom dood te skiet as die voertuig nie onmiddellik tot stilstand gebring word nie.
Die wegswaai van die pad af, die stilhou en die uitboender van die wag en rower was glo een beweging en in daardie fraksie van \'n sekonde het nog \'n rower op die toneel verskyn, wat die bestuurder voor die loop van sy vuurwapen aangehou het.
Volgens wat verneem word, het die rowers \'n slotknipper uit die kattebak van \'n Corolla gehaal en ongehinderd die slotte van die kluis waarin die sleutels van die ander kluise van die voertuig gehou word afgeknip voor hulle met die papiergeld ter waarde van sowat N$5 miljoen plus op vlug geslaan het. Die kiste met die munte is onaangetas gelos.
Mnr. Janecke was van die eerste mense op die toneel ná die wagte hom oor die voorval in kennis gestel het. Die enkele polisievoertuig wat voor hom by die toneel aangedoen het, is na die padblokkade on-derweg na Okahandja toe om hulp te gaan soek.
Deur die dag het die ondervraging van die voertuigbestuurder voort-geduur en daar is gereël dat \'n nuwe vrag geld na Swakopmund en Walvisbaai gestuur word, waar die vorige vrag heen onderweg was om vakansiegangers se beurse vol te maak.
Geen arrestasies is nog in ver-band met die voorval gemaak nie, maar die polisie was gister vol moed dat die saak vinnig opgelos sal kan word.

Soortgelyk

 

Voertuie deur Löwen meegesleur

13 ure gelede | Toerisme

Ronelle Rademeyer – Twee toeriste én 'n barmhartige samaritaan moes gister hulpeloos toekyk hoe beide hul voer­tuie deur vloedwater in die Löwenrivier meegesleur word.Dié twee...

Boer slag huurbeeste glo self

13 ure gelede | Misdaad

Elvira Hattingh – 'n Boer uit die Windhoek-omgewing het Donderdag sy vierde verskyning in die landdroshof in Windhoek gemaak op aanklag dat hy 'n boer...

Weer vir 19 Januarie

13 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Wydverspreide donderbuie word oor die binneland verwag.BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die Namib en verre suide met 'n paar buie, andersins gedeeltelik...

Voëlgriep dalk in Namibië

13 ure gelede | Omgewing

Adam Hartman en Erwin Leuschner – Nadat voëlgriep in Suid-Afrika in die Wes-Kaap etlike maande gelede uitgebreek het, bestaan die vrees tans dat seevoëls langs...

Mense keer op keer uit riviere verskuif

13 ure gelede | Regering

Tanja Bause – Talle huise aan weerskante van 'n rivier wat parallel met Istanbulstraat in Otjomuise loop, het Sondagnamiddag oorstroom. Baie van die betrokke mense...

Pedofielsaak skuif na hoërhof

13 ure gelede | Howe

Kristien Kruger – Die vermeende pedofiel wat daarvan beskuldig word dat hy verskeie jong seuns in Windhoek verkrag en vir pornografies doeleindes misbruik het, se...

Reënseisoen skop buitengewoon swak af

13 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh – Ofskoon Namibië se weerkantoor opnuut wydverspreide donderbuie vir vandag oor die binneland voorspel, het die eerste helfte van die reënseisoen “baie swak”...

Noorde wag vir reën

13 ure gelede | Weer

Terwyl die sentrale en suidelike gedeeltes van Namibië hoë neerslae die afgelope paar dae aangeteken het, moet die noorde van die land nog volgens die...

Verslag: Verskaffers het Agribusdev droog gemelk

13 ure gelede | Ministeries

Mathias Haufiku – ’n Forensiese verslag oor Agribusdev se sakebedrywighede voer aan verskaffers het voorkeurbehandeling ontvang om sake met die maatskappy te doen deur prysvasstellingstaktieke...