• Tuisblad
  • Sake
  • Dié produk laat jou ‘ryk lyk’ bevind studie
Diu00e9 produk laat jou u2018ryk lyku2019 bevind studie
Diu00e9 produk laat jou u2018ryk lyku2019 bevind studie

Dié produk laat jou ‘ryk lyk’ bevind studie

Petrus Malherbe - Parkeer maar daardie sportmotor in die motorhuis en bêre jou Rolex. ’n Nuwe studie het bevind dat meer mense sal dink jy is ryk indien jy ’n iPhone of iPad besit.

’n Artikel van die Amerikaanse nasionale buro van ekonomiese navorsing het probeer bepaal watter eienskappe of handelsname die meeste mense met rykdom assosieer.

Om ’n Apple-produk te besit, was een van die klinkklare wenners.

“Oor al die jare van data wat ons versamel het, is daar geen individuele handelsnaam so voorspelbaar van ’n hoë inkomste as om ’n iPhone te besit nie,” skryf die navorsers.

Marianne Bertrand en Emir Kamenica, twee ekonome van die Universiteit van Chicago, het die studie gedoen.

Bertrand en Kamenica het bevind dat hulle in 69% van gevalle korrek kon aflei dat die eienaar van ’n iPhone of iPad ’n betreklik hoë inkomste verdien vir sy portuurgroep, byvoorbeeld enkellopende wit mans of ’n swart vrou met ’n gesin.

“As ons net geweet het die persoon besit ’n iPhone, was ons in staat om 69% van die tyd reg te raai of hulle in die boonste of onderste inkomste kwartiel is,” verklap die studie.

Die studie maak dit egter duidelik dat almal met ’n iPhone nie noodwendig ryk is nie, net dat ’n uitstekende aanduiding is dat die persoon waarskynlik ryk is.

Die studie neem ook nie in ag dat baie eienaars van ’n iPhone ouer modelle aanhou gebruik eerder as om die peperduur jongste modelle aan te skaf nie. Wat beteken die vermeende waarde van die foon is nie in lyn met sy werklike waarde nie en derhalwe dat die eienaar nie werklik so ryk is nie.

iPhones word wyd beskou as ’n luukse en die jongste modelle kos nagenoeg $1 000 in Amerika en meer as R22 000 in Suid-Afrika.

Goedkoop Android-fone kan maklik vir onder R1 000 bekom word.

Waar ’n iPhone vandag dalk ’n aanduiding is die eienaar is welaf, was die bevinding van ’n soortgelyke studie in 1992 heeltemal anders.

Navorsers het toe bevind dat ’n skottelgoedwasser in meer as 70% van gevalle ’n akkurate aanduiding was dat die eienaar ryk is. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!