Dié mans staan pa vir hul kinders

15 March 2019 | Kuns en vermaak
Tanja Bause - Foto’s van Namibiese pa’s wat vir hul kinders sorg, word tot Sondag by die Okuryangava-sentrum vir gestremdes uitgestal.

Dié uitstalling is moontlik gemaak deur die Sweedse ambassade in Suid-Afrika en Sonke Gender Justice in vennootskap met die plaaslike organisasies White Ribbon Campaign Namibia en LifeLine/ChildLine Namibia.

Die doel van die uitstalling is om pa’s se rolle in hul kinders se lewens uit te beeld en om geslagstereotipes af te breek.

Die uitstalling is getiteld “Namibian Dads”, maar beeld ook moderne Sweedse pa’s uit, wat die stereotipe idee van die afwesige pa vervang met die uitbeelding van ’n meer betrokke, versorgende pa.

Mnr. Sam Afrikaner is een van die pa’s wat deur die uitstalling uitgebeeld word.

“Ek werk vir LifeLine/ChildLine Namibia in die gender-afdeling. Ek het twee van my eie kinders en het drie aangeneem, maar hulle is almal my kinders en ek moet ’n goeie rolmodel vir hulle wees. Ek het in ’n huis grootgeword waar my pa nie ’n goeie rolmodel was nie, en het besluit om dit te verander wanneer ek eendag my eie kinders het,” het hy gesê.

“Ons moet die geslagstereotipes afbreek en as pa’s betrokke raak. Dit vat twee mense om ’n kind te maak, en ook twee om ’n kind groot te maak.

“Wanneer my vrou besig is, kook ek kos, of was die skottelgoed of wasgoed. Dit maak my nie minder van ’n man nie. Ek sien dit nou al in my oudste seun, wat dit ook doen sonder om twee keer te dink. Ons moet as man en vrou mekaar help om gebalanseerde kinders met respek groot te maak.”

Volgens mnr. Lucas Bento, ook in die uitstalling, is dit elke pa se plig om by sy kinders betrokke te wees.

“Ons moet ons seuns veral leer om nie gewelddadig te wees nie – om mense met respek te behandel en hoe om ’n goeie pa te wees.

“Ek is die pa van twee seuns en ’n man, maar ek help met alle huishoudelike take. Ek neem verantwoordelikheid vir vaderskap en hoop ek stuur sodoende gebalanseerde seuns die wêreld in. Namibiese pa’s moet meer betrokke by die opvoeding van hul kinders raak.”

Soortgelyk

 

'n Seder val in Swapo

8 ure gelede | Mense

Ronelle Rademeyer - Huldeblyke stroom sedert vroeg gisteroggend in die sosiale media in nadat dit bekend geword het Namibië se voormalige vise­president (2015 – 2018)...

Duitsland gee ou kruis terug

8 ure gelede | Plaaslik

Ronelle Rademeyer - Een van die belangrikste artefakte uit die glorieryke ontdekkersera van die Portugese seevaarders sal in Augustus deur die Duitse museum vir geskiedenis...

Weer vir 20 Mei 2019

8 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Koue en winderige toestande word in die Suide verwag. Die nodige voor­sorgmaatreëls moet getref word. BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm in...

Namport dank 86 werkers af

8 ure gelede | Plaaslik

Die Namibiese haweowerheid, Namport, het Vrydag aangekondig 86 werkers by die vraghouerterminaal by die Walvisbaaise hawe wat in Augustus aan 'n onwettige staking deelgeneem het,...

Speaker dring aan jeug moet by kiesproses betrek word

8 ure gelede | Politiek

Denver Kisting - Die speaker van die Nasio­nale Vergadering (NV), prof. Peter Katjavivi, sê die jeug moet by die verkiesings­proses betrek word.Die uitvoerende hoof van...

'Sam Nujoma is 'n ikoon'

8 ure gelede | Regering

Stigterspresident Sam Nujoma se 90ste verjaardagvieringe is Saterdag op Etunda in die Omusatistreek gevier en deur verskeie hooggeplaastes bygewoon. President Hage Geingob het Nujoma as...

Water: Hou rekord van elke druppel

8 ure gelede | Regering

Elvira Hattingh - Tot 90% van die water in Windhoek wat onnodig weens lekkasies of buitensporige waterverbruik verlore gaan, sou gespaar kon word indien huishoudings...

Semifinalis onttrek aan Mej. Namibië

8 ure gelede | Gebeure

Tanja Bause - 'n Semifinalis in die Mej. Namibië 2019-kompetisie, ­Michelle Pretorius, het aan die geleentheid onttrek. Volgens haar ma, me. Anke Pretorius, het Michelle...

'Millenniërs werk anders'

8 ure gelede | Ministeries

Augetto Graig - Werkloosheid onder die jeug is 'n nasionale krisis wat op alle vlakke, nie net deur die regering nie, dringend aangespreek moet word....