Diu00e9 hande staan vir niks verkeerd
Diu00e9 hande staan vir niks verkeerd

Dié hande staan vir niks verkeerd

Tanja Bause
Tanja Bause – Ouma Katrina Jood van Rehoboth is 88 jaar oud, maar is altyd reg om te help wanneer ’n soom ingesit moet word of ’n broek moet korter.

“Ek is hier gebore en in murg en been ’n Rehobother,” het sy gesê.

Sy is op die dorp gebore en het op ’n nabygeleë plaas grootgeword. “Die plaasskool was op die buurplaas geleë en elke oggend en middag het ek heen en weer gestap.”

Ouma Katrina het net een jaar skoolgegaan.

“Ek het verskriklike aanvalle gekry en het ek sommer flou geval. Dit het die ander kinders baie ontstel en die skoolhoof het vir my ouers gesê ek moet liewers nie meer skool toe gaan nie. My ma was ook nooit in die skool nie, so my pa het my leer lees en skryf.”

Op 16-jarige ouderdom het sy na Windhoek getrek om as huishulp te werk. “Die geld wat ek toe verdien het, het ek terug huis toe gestuur vir my ouers en my agt broers en susters,” vertel sy.

Terug op Rehoboth het sy haar aanstaande man ontmoet en hulle is getroud toe sy 23 jaar oud was. Sy vertel haar man het destyds vir die munisipaliteit in Windhoek gewerk en dus is hulle terug hoofstad toe.

“Met my man se dood in 1976 is ek finaal terug huis toe, na Rehoboth. Ek self het nie kinders gehad nie, maar ek het twee kinders aangeneem en twee is by my in pleegsorg geplaas totdat hulle uit die huis is.”

Haar naaldwerkvernuf het sy by haar ma op die plaas geleer en tot vandag toe help sy baie mense in die ouetehuis waar sy nou bly om hul stukkende klere reg te maak en klein veranderings aan te bring.

“Jong mense moet op hou drink en die Here begin dien,” is die lewenswysheid wat sy met lesers deel.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!