Dié fonds help jou met handel in Afrika
’n Afrika-vryhandelsooreenkoms is onlangs deur 49 Afrikalande onderteken as deel van ’n plan om tariewe te verlaag en die vrye beweging van goedere binne Afrika moontlik te maak.
Suid-Afrikaanse ondernemings wat nuwe markte in die res van Afrika wil ontgin, kan nou by die regering steun kry.
Die departement van handel en nywerheid se uitvoerkrediet-versekeringskorporasie en die Afrika Uitvoer-invoerbank het ’n Suid-Afrikaanse handels- en beleggingsbevorderingsfonds van R13,24 miljard gestig om ondernemings te steun wat met die res van Afrika wil handel dryf.
Bulelani Magwanishe, adjunkminister van handel en nywerheid, sê intra-Afrika-handel is tans op 18% en die fonds sal help om dié persentasie te verhoog.
“In die meeste gevalle het ondernemings iets om te verhandel, maar nie die geld om dit te doen nie, so die fonds sal kredietfinansiering en kredietversekering bied. Dit is byvoorbeeld wanneer die ander party jou nie betaal nie, dan moet jy versekering hê,” het hy gesê.
Mangwanishe was saam met pres. Cyril Ramaphosa op sy besoek aan Nigerië, Saoedi-Arabië en die Verenigde Arabiese Emirate.
’n Afrika-vryhandelsooreenkoms is onlangs deur 49 Afrikalande insluitend Suid-Afrika onderteken. Dit is deel van ’n plan om tariewe te verlaag en die vrye beweging van goedere binne Afrika moontlik te maak.
Hoewel Suid-Afrika wel die ooreenkoms onderteken het, het hy dit nog nie bekragtig nie. Wetgewing moet eers deurgevoer word.
Net ses lande het nog die ooreenkoms bekragtig. Minstens 22 lande moet dit bekragtig voordat dit in werking gestel kan word.
Volgens Mangwanishe sal die nuwe handelsfonds sagte lenings bied aan plaaslike ondernemings wat dit oorweeg om na die res van Afrika uit te brei.
Hy gee toe ander markte in Afrika kan moeilik wees om te betree, en die departement het uitvoeropleidingsprogramme wat ondernemings help om markte te identifiseer, oor kontrakte te onderhandel en aan wetlike vereistes te voldoen. - Fin24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie