Dié boere verdien nou meer uit YouTube as boerdery

So word dit gedoen

30 July 2019 | Landbou
Die tye is beslis besig om te verander: Boere kan meer geld uit die maak van video's oor boerdery op YouTube verdien as deur te boer.

Een só 'n boer is Zack Johnson, 'n Amerikaner wat met mielies en ­soja­bone boer en bekendheid op YouTube verwerf het onder die gebrui­kersnaam MN ­Millennial Farmer.

Johnson, van die Amerikaanse deelstaat Minnesota, sê hy verdien reeds vyf keer meer uit die maak van video's as wat die opbrengs van sy familieplaas oor die laaste jaar was.

Dié 34-jarige boer het drie jaar gelede begin video's maak waarin hy ander boere probeer bystaan deur veral te fokus op die tegnologie wat hulle kan gebruik.

Hy en sy vrou, Becky, het nou al sowat 300 000 intekenare op hul ­YouTube-kanaal. Daar is al meer as 50 miljoen keer na hul video's gekyk.

Dit is enersyds 'n aan­duiding van hoe moeilik dit is om steeds 'n bestaan uit boerdery te maak, maar ook hoe verbruikers se belangstelling in hoe kos geproduseer word, toegeneem het.

“Ja, ons gebruik geneties gemodifiseerde organismes, plaagdoders en besproeiingstelsels – maar hier is die ware rede oor waarom ons dit gebruik,” sê Johnson in 'n onderhoud.

Hy meen hy bring 'n balans tot die gesprek oor moderne boerderypraktyke wat gewoonlik deurloop onder kritiek.

Die Johnsons is geen­sins al boerderygesin wat 'n groeiende teenwoordigheid aanlyn het nie.

Onder afgeleë boerderygemeenskappe in Amerika is YouTube verre­weg die gewildste sosialemediaplatform.

In 2018 het die Pew-­navorsingsentrum bevind dat 59% van boere in dié gebiede dit gebruik.

Keith Good, sosiale­­me­dia­bestuurder by Farm­doc, 'n projek wat data oor bedreigings vir boere insamel, is dit eens dat al hoe meer boere video's maak en deel.

“Boerderyorganisasies en kommoditeitsgroepe moedig produsente aan om deel te neem aan die gesprek op sosiale media,” sê hy.

Suzanne Cook, beter bekend as WT Farm Girl, het byna 40 000 inteke­nare wat haar ervarings as eerstegenerasieboer aan­­lyn volg.

Cook (37), hoop dat meer vroue by boerdery betrokke sal raak. Baie van haar volgelinge leer nog oor die boerdery, nes sy. Net 10% van haar kykers is egter vroue, sê sy.

“As 'n vrou is dit baie moeiliker, want mans neem jou net nie ernstig op nie,” sê sy in 'n telefoniese onderhoud.

“YouTube het my baie gehelp, want my intekenare is ondersteunend.”

Josh Draper het nou meer as 220 000 intekenare nadat hy gewys het hoe hy as eerste­generasieboer 'n vervalle tabakplaas in 'n volwaardige beesplaas omskep het. Hy het besluit om te begin video's maak omdat “baie mense weer terugkeer na boerdery”.

Hy het 'n kamera aangeskaf en 'n video gemaak waarin hy sy grassnyer se lem slyp. Vandaar het sy gewildheid net toe­geneem.

Jach en Becky Johnson se video's is dikwels net die twee van hulle wat oor 'n bepaalde onderwerp gesels en só inligting aan hul kykers oordra.

– Bloomberg, bygewerk deur Netwerk24

Soortgelyk

 

Chasing your dream

12 ure gelede | Mense

Ester Kamati Aina Johannes completed her matric at Windhoek High School in 2015 and is currently pursuing her studies in marketing management at the International...

Kinderverkragter: ‘Ek is skuldig’

12 ure gelede | Howe

Francoise Steynberg - Die 50-jarige Jeremia van Wyk het gister skuldig gepleit op die verkragting en ontvoering van ’n vyfjarige meisie. Pas nadat Van Wyk gisteroggend van...

/Khomani wil verskeie Khomas-plase onteien

12 ure gelede | Politiek

Catherine Sasman - Die /Khomani-gemeenskap eis nie net die onteiening van plekke soos Dordabis, Aub en Omitara omdat dit aan hul voorvaders behoort het nie,...

Windhoekers kniediep in die skuld

12 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die Windhoekse stadsraad (CoW) het gister by monde van sy woordvoerder, mnr. Harold Akwenye, bevestig hul debiteure skuld hulle bykans N$900 miljoen...

Weer vir 6 Augustus 2019

12 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die Noordooste. Elders sal dit sonnig en baie warm wees, maar matig tot warm in die Suide. Dit...

Maltas Club reaches out

12 ure gelede | Onderwys

Ester KamatiIn conjunction with First National Bank (FNB) Namibia, the University Centre for Studies in Namibia (Tucsin) and Dinapama Manufacturing and Supplies, the Maltas Club...

Making science easier

12 ure gelede | Onderwys

Justicia Shipena B2Gold Namibia, in collaboration with the education ministry, officially launched the flagship Little Shop of Physics (LSOP) teacher programme on 2 August...

Embracing differences

12 ure gelede |

Justicia Shipena As a way of bringing together and uniting the different cultural groups within the International University of Management (IUM) community,...

Peer-to-peer conversations

12 ure gelede | Skole

Ndakondja Uusiku Motivations will host the first-ever Purposeful Camp for teenagers aged between 15 and 19 from 28 November to 4 December 2019 at the...