• Tuisblad
  • Sake
  • Dié 100 handelsname is wenners – ook vir beleggers
Diu00e9 100 handelsname is wenners u2013 ook vir beleggers
Diu00e9 100 handelsname is wenners u2013 ook vir beleggers

Dié 100 handelsname is wenners – ook vir beleggers

Volgens 'n verslag kan die prestasie van die top-100 toegeskryf word aan die kragtigheid van hul handelsnaam, meer as aan hul grootte of markkapitalisasie.
William Horne - In een jaar het die wêreld se 100 waardevolste handelsname bykans met die waarde van Suid-Afrika se hele bruto binnelandse produk (BBP) gegroei.

BrandZ se verslag “Top-100- Globale Handelsname” vir 2019 is bekend gemaak en wys die 100 ­maatskappye se waarde het die afgelope jaar met 'n stewige US$328 miljard gestyg.

Die totale waarde van ál 100 ­handelsname op dié lys beloop nou US$4 700 miljard, oftewel sowat R69 700 miljard. Dit is 22 keer meer as Suid-Afrika se BBP.

Volgens BrandZ se verslag kan die prestasie van die top-100 ­toegeskryf word aan die kragtigheid van die ­onderskeie maatskappye se handels­naam, meer as aan hul grootte of markkapitalisasie.

Maatskappye jaag steeds die gesogte status na dat hul handelsnaam in 'n werkwoord omgeskep word. Hoe soek 'n mens tog iets op die internet? Gebruik jy Google se dienste, of google jy dit?

Die vyf waardevolste handelsname bly, soos in 2018, gefokus op tegnologie. Amazon het Apple as die waardevolste handelsnaam verbygesteek.



Hier is die topvyf:

1. Amazon: US$315,5 mjd. (groei met 52%)

2. Apple: US$309,5 mjd. (3%)

3. Google: US$309 mjd. (2%)

4. Microsoft: US$251,2 mjd. (25%)

5. Visa: US$177,9 mjd. (22%)

Daar is nie 'n enkele ­Suid-Afrikaanse maatskappy op die lys nie.

Amazon, die wêreld se grootste aanlyn winkel, is dalk nie so universeel toeganklik soos die dienste van Microsoft, Apple en Google nie, maar wanneer mense dié “winkel” begin gebruik, vergeet hulle dat daar ooit 'n ander manier was om inkopies te doen, volgens die verslag.

David Roth, BrandZ se ­uitvoerende hoof, sê Amazon se oorwinning oor Apple vir die topplek is “nie verrassend nie, maar dit was ook nie on­vermybaar nie”.

Amazon was die handelsnaam waarvan die waarde in 2018 die ­vinnigste gegroei het uit die vyf ­waardevolste name.

Van al 100 handelsname het ­Instagram egter die vinnigste gegroei, teen 95%, vir 'n waarde van US$28,2 miljard.

Amazon het sy enorme groei deels bereik danksy sy diverse bedrywighede, sê Roth, en dit was ook waar van talle van die toppresteerders op BrandZ se lys.

Te midde van ekonomiese onstuimigheid in 2018 het die top-100-maatskappye se vermoë om te diversifiseer sonder om in die waarde en krag van hul handelsnaam te belê, hulle in staat gestel om ongelooflik goed te presteer.

Handelsnaam skep beleggingswaarde

Die 100 maatskappye se waarde het met 7% gegroei teenoor 2018 – meer as twee keer die groeikoers van die wêreldekonomie in dieselfde tydperk.

Die top-10 se aandeelpryse het ook 2,5 keer vinniger gegroei as die hoogs suksesvolle S&P 500-indeks.

Volgens BrandZ bewys dit “beleggings om 'n sterk handelsnaam te skep en in stand te hou, verseker beduidend beter opbrengste vir aandeelhouers”.

“Handelsnaambou is 'n belegging, nie 'n koste nie.”

BrandZ het ook sy eie beleggingsportefeuljes opgestel in 'n soort mini-­indeks wat sy eie maatstawwe van handelsnaamkragtigheid as ­vereiste gebruik.

• Die BrandZ-indeks van tien sterkste handelsname het tien maatskappye gekies op grond van 'n BrandZ-maatstaf wat markaandeel en die huidige vraag na produkte meet.

• Sy groter, tweede portefeulje, die BrandZ-indeks van sterk handelsname, word saamgestel volgens 'n BrandZ-maatstaf wat meet hoeveel 'n handelsnaam op sigself verbruikers aanmoedig om 'n handelsnaam te koop én meer daarvoor te betaal.

Van April 2006 tot April 2019 het dié twee portefeuljes onderskeidelik 68 persentasiepunte en 89 persentasiepunte hoër opbrengste opgelewer as die S&P 500-indeks.

Vergeleke met ander groot indekse sou 'n belegging van US$100 in April 2006 só gegroei het teen April 2019:

• MSCI Wêreldindeks: US$159

• S&P 500: US$228

• BrandZ sterk handelsname: US$300

• BrandZ 10 sterkste handelsname: US$417

Mededinging is kwaai

Die mededinging onder handels­name neem toe.

In 2019 het handelsname ­gemiddeld 9,6 plekke op die ranglys op- en ­afgeskuif, dubbeld die koers van slegs twee jaar gelede.

Volgens BrandZ is dit 'n goeie aanduiding van die heersende onstuimigheid in die wêreldekonomie.

Nege nuwe handelsname verskyn ook op die ranglys.

Vier van dié nege kom uit China en twee uit Indië. Die nege en hul plek is;

• Chanel (#31)

• LIC (#68) ('n versekeringsmaat­skappy van Indië)

• DiDi (#71) ('n Chinese “Uber”)

• Xiaomi (#74)

• Meituan (#78) ('n e-handelplatform in China)

• Dell (#81)

• XBox (#87)

• Haier (#89) ('n Chinese internet-van-dinge-maatskappy)

• Tata (#97)

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.99 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.27 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 18.99 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 325.99/OZ UP +0.42% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.67% | Zinc US$ 2 857.60/T UP 1.82% | Brent Crude Oil US$ 87.79/BBP DOWN -0.0023 | Platinum US$ 906.73/OZ UP +0.51% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.99 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.27 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 18.99 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 325.99/OZ UP +0.42% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.67% | Zinc US$ 2 857.60/T UP 1.82% | Brent Crude Oil US$ 87.79/BBP DOWN -0.0023 | Platinum US$ 906.73/OZ UP +0.51%