Deutsche Bank swyg oor poste in SA
Deutsche Bank swyg oor poste in SA

Deutsche Bank swyg oor poste in SA

Nellie Brand-Jonker – Deutsche Bank, wat Sondag aangekondig het hy gaan sy getal poste internasionaal met 18 000 verminder, swyg oor hoeveel poste in Suid-Afrika verlore sal gaan weens die ingrypende verandering wat beoog word om die bank tot winsgewendheid te laat terugkeer.

Deutsche Bank het reeds sedert 1979 ’n teenwoordigheid in Suid-Afrika. Hy het sy teenwoordigheid in 1995 uitgebrei deur die plaaslike aandelemakelaar Ivor Jones, Roy & Co te koop. In 1998 het hy ’n tak in Johannesburg geopen.

Stuart Haslam, woordvoerder van Deutsche Bank, het by navraag oor die impak van die planne op poste in Suid-Afrika gesê dit is toe vroeg om kommentaar te lewer op spesifieke besonderhede. Geen getalle van die poste wat in verskillende streke geraak word, gaan openbaar gemaak word nie.

Bloomberg het verlede jaar berig Deutsche Bank het 130 werknemers in Suid-Afrika, maar dit was voor ’n herstrukturering wat verlede jaar aangekondig is.

Haslam het bevestig die plan om die afdeling vir korporatiewe finansiering in Suid-Afrika te sluit is afgehandel. Dit sluit sy advies- en borgdienste aan genoteerde maatskappye in.

Deutsche Bank het Maandag reeds begin om van die 18 000 poste wat hy wil besnoei, minder te maak.

Business Insider het Dinsdag berig die Suid-Afrikaner Garth Ritchie, internasionale hoof van Deutsche Bank se beleggingsbankafdeling, was een van die eerste slagoffers van die reuseherstrukturering.

Voordat Ritchie hom by Deutsche aangesluit het, het hy vir FNB in Suid-Afrika gewerk. Hy het in 2016 hoof van Deutsche se beleggingsbank geword.

Reuters berig Deutsche se aandeelprys het Dinsdag verder geval omdat beleggers twyfel in Christian Sewing, die uitvoerende hoof, se plan om die bankgroep te herstel deur die beleggingsbank te krimp en na sy wortels as ’n bankier vir maatskappye terug te keer.

’n Beleggingsbank is meestal betrokke by kapitaalinsameling vir maatskappye en samesmeltings. Dit behels ook aandelemakelary en navorsing oor aandele. ’n Bankier vir maatskappye bied allerhande bankdienste aan maatskappye, insluitende lenings.

Deutsche Bank is bekend vir sy navorsing oor aandele. In Asië gaan die besnoeiing by sy aandelemakelary amper al die ontleders wat navorsing doen insluit, het bronne met kennis daaroor aan Bloomberg gesê.

Die bankgroep het kliënte probeer gerusstel dat hy die grootste deel van sy navorsingsdienste steeds gaan behou, al word ’n groot herstrukturering aan sy aandelemakelaars beoog. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!