Deursigtigheid en aanspreeklikheid bring vertroue, sê Hage
Pres. Hage Geingob het Dinsdag die laaste sitting van die kabinet vanjaar geopen.
Estelle de Bruyn
Tydens die afsluiting van vanjaar se kabinetsittings het pres. Hage Geingob opnuut op die belangrikheid van deursigtigheid en aanspreeklikheid gewys wat volgens hom saam tot vertroue lei.
Hy het kabinetslede aangeraai om gebruik te maak van ‘n welverdiende ruskans, maar ook die tyd te gebruik om hulle voor te berei vir volgende jaar. Kabinetslede is ook gemaan om op koers te bly wat die implementering van die ontwikkelingsagenda betref.
“Met die opening van die eerste kabinetsitting van 2017 het ek gesê ons het die verantwoordelikheid om nie ons mense te faal nie,” het Geingob gesê. Die kabinet moet verwagtinge nakom en die etos van harde werk omhels,” het hy gesê.
Die afgelope jaar is 21 beraadslagende kabinetsittings en 21 besluitnemingsvergaderings gehou waartydens 240 kabinetsbesluite geneem is.
Geingob het ‘n beroep op alle ministeries gedoen om kabinetbesluite te implementeer. “Ons vermoë om in eensgesindheid saam te werk, aangedrewe deur ‘n gemeenskaplike doelwit om die Namibiese Huis te ontwikkel, het bygedra tot die welslae wat ons in kabinetsittings behaal het,” het hy gesê.
Hy het ook gewys op verskillende sake waarmee die kabinet vanjaar gemoeid was.
HOOGTEPUNTE
Van die hoogtepunte was die aanvaarding van ‘n nasionale beleid op mededingendheid, die wet op openbare aanskaffing wat geïmplementeer is, klem is op entrepeneurskap en die ontwikkeling van ondernemings gelê en ‘n nasionale beleid vir prospektering en mynbou in beskermde gebiede is aanvaar.
‘n Inisiatief om agterstallige belasting te verhaal, is van stapel gestuur.
‘n Strategiese hersieningsverslag om zero-hongersnood te verseker, is aanvaar en die nasionale raad vir voedselveiligheid en voedingswaarde het herleef.
‘n Strategiese raamwerk vir vroeë kinderontwikkeling, ‘n beleid vir die kunste, kultuur en erfenis, ‘n hersiene nasionale beleid vir mens-dier-konflik en ‘n hersiene taalbeleid vir Namibiese skole is aanvaar.
“Het Namibië net ‘n Duitse kulturele erfenis? Waar is die ander, tale en kulture,” wou Geingob weet. Hy sê die internasionale gemeenskap moet Namibië krediet gee vir dit wat vir natuurbewaring in die land gedoen word. Die groot aantal olifante is ‘n getuigskrif hiervoor.
Die groot salarisrekening van die staat bly ‘n kopseer.
“Help ons asseblief om die salarisrekening te verklein. Ons moet ook kyk na waar geld gemors word. Kontrakte moet hersien word. As jy geld ontvang het voor die werk gedoen word, moet jy tog sekerlik die werk doen,” het hy gesê.
Hy het ook kapsie gemaak teen opgeblaasde pryse en het gesê ‘n einde moet aan korrupsie gemaak word.
“Hulle het hul bes probeer om te sê Hage is korrup. Ek is gewaarsku om nie my bates bekend te maak nie, want - het my kollegas gewaarsku - daar sou baie daaroor gepraat word. Tog het ek dit gedoen."
Vyf streekshospitale is as opleidingshospitale geakkrediteer.
‘n Beleid vir die gebruik van sosiale media, ‘n kommunikasieplan vir die regering en ‘n hersiene beleid vir inligtingtegnologie vir die staatsdiens is aanvaar, en aandele is in Mobile Communications Limited gekoop.
Namibië se konsepbeleid op internasionale betrekkinge en samewerking is vanjaar goedgekeur en verskeie verslae is ontvang van internasionale organisasies waaraan Namibië behoort.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie