Desert Jewels mik na Suidoos-Asië
Netbal
Namibië se senior vrouenetbalspan sal vandeesweek na Singapoer vertrek waar hulle van 20 tot 26 Oktober aan die M1 Nations-beker sal deelneem.
Die jaarlikse M1 Nations-bekertoernooi is die grootste netbalbyeenkoms op die eiland waaraan ses nasies by OCBC-arena by die Singapore Sport Hub deelneem.
Singapoer, wat tans as die 26ste beste netbalnasie deur die Internasionale Netbalfederasie (INF) gereken word, sal teen Ierland (24ste), Namibië (32ste), Botswana (25ste), Papua-Nieu-Guinee (19de) en die Cookeilande (16de) op 'n rondomtaliegrondslag te staan kom.
Vanjaar is die 13de keer wat die gesogte byeenkoms aangebied word. Die Desert Jewels het laas in 2012 aan die kompetisie deelgeneem en derde geëindig.
Imelda Nerongo, sekretaris-generaal van Netbal Namibië, vertel die Juwele is tans hard aan die slyp om goeie rekenskap van hulself in Suidoos-Asië te gee teen lande wat hulself veel hoër op die INF se wêreldranglys bevind.
“Die doel met Namibië se deelname in Singapoer is om ons posisie op die INF se wêreldranglys te verbeter en die spelers aan internasionale kompetisie bloot te stel. Ons het 'n goeie groep van 12 gekies wat tans met 'n oefenkamp besig is. Die spelers is gemotiveer en positief dat hulle goeie rekenskap van hulself by die M1 Nations-bekerkampioenskap sal gee,” sê Nerongo.
Verlede jaar het die Cookeilande met die titel weggestap en sal vanjaar daarop uit wees om weer eens as die Nations-bekerkampioene huiswaarts te keer.
Ten spyte van sy afwaartse neiging op die INF-wêreldranglys neem Botswana 'n sterk span na Singapoer vir sy agtste verskyning.
Botswana het in 2015 en 2016 as naaswenners na vore getree en sal graag vandeesmaand beter wil vaar.
Ierland het in die verlede dikwels onder die laaste drie lande geëindig. Dalk is 2019 die jaar waarin Ierland sy merk kan maak.
Die Desert Jewels word deur Julene Meyer (hoofafrigter), Antoinette Wentworth en Sunette Burden (hulpafrigters) gebrei. Burden kan nie die Juwele na Singapoer vergesel nie en word deur Chrisna Alberts as konsultant vervang.
Die Desert Jewels vlieg met die hulp van Debmarine Namibia, sy vyfsterhoofborg, na Singapoer.
Debmarine is die afgelope drie jaar netbal in die land se hoofborg.
Die groep besig met die oefenkamp is Anna Kaspar, Jatjinda Kambatuku, Jaumbuaije Zauana, Cathline Tjihero, Leandri van der Walt, Loide Hanyanya, Anna Shipanga, Imbeleni Frans, Emmy Katuko, Venyekerera Maharero, Diana Tjejamba en Mwale Mulenamaswe.
Die program
20 Oktober: Singapoer (Sing) teen Namibië (Nam), Ierland (Ier) teen Papua-Nieu-Guinee (PNG), Botswana (Bot) teen Cookeilande (Cook).
21 Oktober: Nam teen Ier, Cook teen PNG, Bot teen Sing.
22 Oktober: PNG teen Bot, Nam teen Cook, Sing teen Ier.
23 Oktober: PNG teen Nam, Bot teen Ier, Cook teen Sing.
25 Oktober: Nam teen Bot, Ier teen Cook, Sing teen PNG.
26 Oktober: Eindstryde: Vyfde teen sesde plek, derde teen vierde (om derde posisie te bepaal), eerste teen tweede om die kampioen en naaswenner te kry. – Nampa, bygewerk

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie