Desember is hier

03 December 2019 | Rubrieke
Dit is weer Desember.

‘Kê Desember,’ sê van die mense. Ander noem dit Vakansietyd, Kersseisoen of Die Groot Dae. Namibië in Desember is ’n ervaring.

Hier is 'n paar wenke, uit eie ervaring, vir diegene wat in die tyd weggaan én die wat tuisbly.

Ry vroeg: Beplan en reël enige reise vroegtydig voor jy dit aanpak. Maak seker van alles, soos die roete, afstande en die tye wat 'n groot verskil kan maak. Maak seker die tasse is stewig ingepak, die voertuig gediens, sy bande in orde, die water en olie gemeet, en die lisensie op datum. Staan vroeg op en vertrek sodra die son opkom. Vir die langpad stel ek voor dat jy genoeg kos inpak vir gereelde pieknieks. Geniet dit en die natuurskoon van ons land daar waar jy aansit by die bekende tafels en stoeltjies langs die pad. Stop gereeld en rek die bene. Hou by die spoedbeperkings en moenie dat enige iets of iemand jou druk om te jaag nie.

Tref maatreëls: Neem stappe om die veiligheid van jou huis en eiendom in jou afwesigheid te verseker. Vra die tuisbly-bure om ’n ogie te hou. Lig die stadspolisie in en vra vriende om nou en dan ’n draai daar te maak. Tref voorsorg vir diere wat moet tuisbly. Sluit toe en sit af. Moenie vakansie- en reisplanne op sosiale media aankondig nie. As vriende moet weet, bel hulle. Foto’s van alle die wonderlike vakansiedinge sal steeds volgende maand ‘likes’ ontvang. Leef in die Nou en geniet waar jy is.

Hou kop: Feesvier en lekker tye laat 'n mens soms sinneloos en onverantwoordelik optree. Moenie. Iemand bel baie vinnig die polisie. Onthou: Die meeste van ons kan nie bekostig om ’n regter in te roep en die hof op ’n Sondag oop te sluit nie. Oortreders in dié land word tradisioneel oor vakansietye langer laat sit. Die verkiesing is nou verby en die gewoel daartydens is oor. (Dit word vervang deur die waansin van Desember.)

Geniet die verlatenheid: Vir dié wat nie weggaan nie, is die einde van die jaar ’n besonderse tyd van vrede. Die strate raak leeg. Die winkels maak toe. Amptenare gaan weg en kantore sluit. Vat dit stadig. Sit 'n bietjie langer. Moet nooit haastig braai nie, wees geduldig. Eet stadig. Soen met mening. Gee stywe drukkies. Luister tot die einde. Lag tot jou maag nie meer kan nie. Glimlag heeldag lank.

Vanjaar was lánk. Daar was moeilike tye. Daar was drama. Daar was teleurstellings. Daar was hartseer. Jy is daardeur. Jy verdien ’n blaaskans. Geniet dit.

Merry Christmas en voorspoed vir die nuwe jaar.

Soortgelyk

 

KOLLIG Voorblad

22 ure gelede | Byvoegsels

Swakop hou Makietie bl. 4

ECN gaan Itula se aansoek teenstaan

22 ure gelede | Politiek

Denver Kisting – Vanweë die beweerde negatiewe uitwerking van elektroniese stemtoestelle (EVM’s) in die afgelope presidensiële verkiesing moet die proses tersyde gestel word.Dr. Panduleni Itula,...

Ekonomie bloei lánkal

22 ure gelede | Plaaslik

Jo-Maré Duddy – Ekonomiese groei het reeds in 2015 skerp begin tuimel sonder dat dit deur amptelike syfers weerspieël is, toon nuwe data wat gister...

NOU AAN DIE GANG

22 ure gelede | Byvoegsels

» Die Swakopmund Wetenskaplike Vereniging bied tans ‘n Kersfees-skattejag by die Swakopmund Museum aan. Dit bestaan uit twee afdelings, een vir kinders en een vir...

Geskorste raadslede van Rehoboth herkies

22 ure gelede | Regering

Denver Kisting op Rehoboth – Dieselfde span raadslede wat verlede jaar deur dr. Peya Mushelenga, die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, in die pad...

Weer vir 13 Desember 2019

22 ure gelede | Weer

BINNELAND: Mooi weer en baie tot bloedig warm in die Suide. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm wees. Winderige weer sal...

STEMFEITE: NAM & SA 2019

22 ure gelede | Politiek

In Namibië het Swapo persentasiegewys meer steun ingeboet as die ANC in Suid-Afrika.

NamibRe: Versekeraars moet 12,5% sedeer

22 ure gelede | Howe

Elvira Hattingh Plaaslike versekeringsmaatskappye móét voorts vir herverseke­ring by NamibRe opdok - tot tyd en wyl daar in 'n hangende hofsaak oor die wettigheid van...

CoW baklei teen beslaglegging

22 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die Windhoekse munisipaliteit (CoW) baklei tans verbete teen ’n beweerde beslagleggingsbevel wat poog om van hul vaste bates te konfiskeer.Veertien superintendente verbonde...