• Tuisblad
  • Sport
  • Dertig pryse reeds weggegee – en die groot N$10 000 wag . . .

Dertig pryse reeds weggegee – en die groot N$10 000 wag . . .

Dani Booysen
Hierdie naweek moet deelnemers aan MultiChoice Namibia en Republikein se Superrugby-kompetisie die eindtelling tussen die Sharks en Stormers voorspel.

Verlede week het die Leeus ’n pak van 51-14 aan die Bulle uitgedeel.

Net een deelnemer, mnr. Eduard Thomas van Keetmanshoop, het die Leeus se telling korrek voorspel. Hy het N$500 by Republikein gewen.

Thomas ondersteun die Stormers en sê sover die seisoen vertoon sy span minstens in tuiswedstryde goed. Hy het die Leeus en Bulle se huidige vorm met sy raaiskoot in ag geneem en toe besluit hy maak dit sommer ’n spieëlbeeldraaiskoot van 51-15.

Vanjaar is 30 pryse reeds uitgedeel en daar is nog 32 pryse wat huis moet kry – buiten vir die kontantprys van N$10 000 wat een gelukkige DStv Premium-intekenaar aan die einde van die reeks kan losslaan.

Om alle Premium-intekenare ’n kans te gun om deur die loop van die jaar ’n wenner te wees, ken MultiChoice Namibia soos tevore net een prys per seisoen (die N$10 000 uitgesluit) per individuele intekenaar toe. Republikein se kontantpryse kan deur enigeen gewen word en dit maak nie saak of jy al tevore so ’n prys gewen het nie.

Lees die volledige bepalings en voorwaardes by www.republikein.com.na/page/kompetisies.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!