Derde sê nee vir Psemas

Administrateur bevestig stadige uitbetaling

26 April 2019 | Gesondheid
Henriette Lamprecht - Standaardtariewe wat vir private verskaffers van gesondheidsdienste onvolhoubaar is, verskaffers wat meer as twee maande en langer vir betaling moet wag en die ministerie van finansies se “afskuwelike diens” hou “dreigende, ernstige gevolge” vir pasiënte van die staat se mediese fonds (Psemas) in.

Volgens ‘n opname deur die Namibiese Private Praktisynsforum (NPPF) gaan ‘n derde van respondente nie meer Psemas-pasiënte behandel nie.

Dié wat by Psemas ingekontrakteer is, gaan hul blootstelling aan die mediese fonds en sy pasiënte boonop al meer verminder.

“Psemas-pasiënte gaan toenemend tweedehandse pasiënte word soos diensverskaffers al hoe meer verkies om private pasiënte eerste te behandel in ‘n poging om hul praktyke volhoubaar te hou,” sê mnr. Eben de Klerk van ISG Risk Services, wat die opname namens die NPPF gedoen het.

Selfs al word lidmaatskaptariewe verdubbel, sal die belastingbetaler steeds minstens twee derdes van staatsamptenare se mediese uitgawes dek, sê hy.

Volgens hom is Psemas nie volhoubaar wat koste betref nie.

“‘n Konvensionele mediese fonds kan slegs eise uitbetaal tot op die totale bedrag van bydraes wat ontvang is, terwyl Psemas-bydraes slegs tot 18% dek van die eise wat betaal is. Die res van die eise (82% van die totale eise) word direk uit belastinginkomste verhaal.”

Die NPPF-opname is onder 1 017 private verskaffers gedoen, waarvan 361 die opname voltooi het.

Hiervan het 80% kontrakte met Psemas gehad en het 88% gevoel die huidige tariewe (die Vereniging vir Namibiese Mediese Fondse, Namaf, se 2014-standaardtariewe) is onvoldoende om ‘n private praktyk te onderhou.

Byna 30% van die respondente het aangedui hulle gaan nie aanstaande jaar as Psemas-verskaffers registreer nie.

Twee derdes bestempel die 60 dae-betaaltydperk as “uiters onregverdig”, terwyl die helfte sê Psemas betaal selde indien ooit in die ooreengekome 60 dae-tydperk.

Verskaffers het tot dusver nog geen bevestiging van die hernuwing van hul kontrakte ontvang nie, hoewel Psemas-kontrakte op 30 April verstryk.

Gerugte doen die ronde dat die huidige kontrakte tot Junie verleng kan word, of selfs tot aanstaande jaar, met geen amptelike kommunikasie van Psemas hieroor nie.

“Dit lei tot groot frustrasie van dié private diensverskaffers wat steeds gewillig is om Psemas-pasiënte te behandel.”

Navrae aan die administrateur, Methealth, bevestig die bottelnek met uitbetalings word veroorsaak omdat Psemas betalings dikwels nie betyds aan Methealth beskikbaar maak nie.

“Omdat Psemas betalings vertraag, moet verskaffers dikwels van kredietgeriewe gebruik maak waarop hulle rente en administratiewe koste betaal. Dit stel verskaffers aan beduidende finansiële en vooortdurende druk bloot.”

Tans betaal Psemas N$281,39 per standaardkonsultasie by ‘n dokter. Suid-Afrika se mediese fonds vir staatsamptenare (GEMS) betaal volgens De Klerk 32% meer as Psemas teen R370,90 per konsultasie.

Volgens ‘n 2014-kostestudie deur Healthman (Pty) Ltd., wat by jaarlikse inflasie in Namibië aangepas is en veel laer as mediese inflasie is, verdien ‘n staatsdokter sowat 40% meer (die ekwivalent van R395,20) as wat ‘n private verskaffer op die huidige Psemas-tarief verdien, sê De Klerk.

“Private mediese fondse wat Namaf se 2019-standaardtarief volg, betaal 46% meer as Psemas, teen N$411,20 per konsultasie.”

Volgens die Healthman-kostestudie, wat aangepas is by jaarlikse inflasie, behoort ‘n dokter in die private sektor ten minste N$587,69 per konsultasie te verdien om volhoubaar te wees.

“Dit is 109% meer as wat Psemas tans betaal, en in 2014 was die verskil 50%.”

[email protected]

Soortgelyk

 

Namibiërs stem op 27 November

2 ure gelede | Politiek

Denver Kisting - Namibiërs gaan 27 November vanjaar stembus toe om 'n president en lede van die Nasionale Vergadering (NV) te kies.Dié aankondiging is vanoggend...

Toekenning vir Namibiese TV-vrou

3 ure gelede | Kuns en vermaak

Die oud-Walvisbaaier, Linda de Jager (foto), is op 10 Mei met ‘n ATKV-toekenning bekroon vir die reeks, “Daar’s ‘n Plek met Coenie” vir Via.Via is...

From teacher to humble CEO

12 ure gelede | Mense

Leandrea Louw Bisey Uirab, the former CEO of the Namibian Ports Authority (Namport), will be heading to the Namibia Airports Company (NAC) in the...

Ek het hoop vir Rehoboth, sê Ellen Pakkies

12 ure gelede | Mense

Denver Kisting op Rehoboth – Kort nadat sy die tou stywer om haar 21-jarige seun se nek getrek het, het sy by God om vergifnis...

Psigiater vir onprofessionele gedrag ondersoek

12 ure gelede | Howe

Henriette Lamprecht – ‘n Voorlopige ondersoekkomitee van die mediese en tandheelkundige raad het bevind ‘n klagte van onprofessionele gedrag teen ‘n bekende psigiater van Swakopmund...

Hard work makes the dream work

12 ure gelede | Mense

Mariselle Stofberg Zenneth Oosthuizen is a senior associate at PricewaterhouseCoopers (PwC) who enjoys adventure and new opportunities. “I would describe myself as a quiet and...

Writing your own story

12 ure gelede | Mense

Mariselle StofbergOctavia Tsibes was born and raised in Otjiwarongo. Her family has always been interested in writing, and this passion is evident in this humble...

Kalender 17 Mei

12 ure gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Namibië se beste bluesgroep, Roadhouse Blues, tree vanaand by The Loft (by die Warehouse-teater) op. Die groep maak al jare musiek...

Hout gevat, maar niemand vas

12 ure gelede | Ministeries

Catherine Sasman - Polisie in die Kavango-Wesstreek het beslag op hout gelê wat vermoedelik onwettig geoes is, maar tot dusver is niemand in hegtenis geneem...