Demokrate vra of Trump regtig vir Russe gewerk het

14 January 2019 | Internasionaal
Die berig van The New York Times wat beweer dat die Amerikaanse federale speurdiens (FBI) pres. Donald Trump ondersoek het om vas te stel of hy namens Rusland teen die belange van sy eie land gewerk het, gaan deur die Demokrate in die Amerikaanse kongres ondersoek word.

Dit is Saterdag in ’n verklaring aangekondig deur die regbank in die huis van verteenwoordigers wat dit gaan ondersoek.

The New York Times het berig die FBI se beweerde ondersoek na Trump het begin in die dae nadat hy James Comey as direkteur van die FBI in Mei 2017 afgedank het en dat die agentskap se ondersoekers dit moes oorweeg of Trump se optrede beskou kon word as ’n bedreiging vir nasionale veiligheid.

Trump het laat Saterdagaand die berig verwerp in ’n onderhoud met Fox News. Hy het dit bestempel as die mees beledigende berig wat nog ooit oor hom geskryf is.

Hy het ook teen Comey en die FBI uitgevaar in ’n reeks twiets.

Wow, just learned in the Failing New York Times that the corrupt former leaders of the FBI, almost all fired or forced to leave the agency for some very bad reasons, opened up an investigation on me, for no reason & with no proof, after I fired Lyin’ James Comey, a total sleaze!

— Donald J. Trump (@realDonaldTrump) January 12, 2019

Jerrold Nadler, voorsitter van die regbank, sê die paneel gaan in die volgende paar weke “stappe doen om ’n beter begrip te kry van die president se optrede en die FBI se reaksie daarop”.

Hy sê die kongres gaan sorg dat ondersoekers beskerming geniet teen die president se “toenemende striemende aanvalle.”

“Daar is geen rede om die erns of professionaliteit van die FBI in twyfel te trek soos wat die president gedoen het in sy reaksie op die berig nie,” sê Nadler, ’n Demokraat, in ’n verklaring.

“Ons het vasgestel deur hierdie beriggewing dat selfs in die vroegste dae van die Trump-administrasie, was die president se gedrag so wisselvallig en kommerwekkend dat die FBI verplig gevoel het om iets ongekend te doen - om ’n kontraspioenasie-ondersoek na ’n dienende president te begin,” sê Nadler.

Adam Schiff, voorsitter van die huis van verteenwoordigers se intelligensiekomitee, wou nie oor die besonderhede van die koerantberig kommentaar lewer nie, maar sê sy komitee gaan voort met sy ondersoek na Trump se kontak met Rusland.

“Kommer oor diegene wat met Trump se veldtog verbind word, en dit sluit die president in, was van die begin af sentraal tot ons ondersoek,” sê Schiff, ook ’n Demokraat.

Schiff sê vergaderings, kontakte en kommunikasie tussen mense na aan Trump en die Russe, sowel as “die web van leuens oor daardie interaksies, en die president se eie stellings en aksies,” het die behoefte versterk om met die ondersoek voort te gaan.

Luidens The New York Times het FBI-amptenare tydens Trump se verkiesingsveldtog in 2016 agterdogtig geraak, maar het glo eers ’n ondersoek begin toe Trump aangedui het sy besluit om Comey af te dank hou verband met bewerings dat die Russe by die verkiesing ingemeng het.

Die FBI het dit ook oorweeg of Comey se afdanking beskou kan word as dwarsboming van die gereg.

Robert Mueller, federale spesiale ondersoeker, het die ondersoek oorgeneem kort nadat die FBI daarmee begin het, luidens koerantberig.

Rusland ontken deurgaans dat hy by die verkiesing ingemeng het.

Comey het hom ook Saterdag tot Twitter gewend en die aanhaling deur die oudpres. Franklin Delano Roosevelt geplaas: “I ask you to judge me by the enemies I have made.” - Netwerk24

Soortgelyk

 

Raad sit oor polisiehoof

6 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die Windhoekse stadsraad (CoW) sou gisteraand vir mnr. Abraham Kanime as hoof van die stadspolisie heraangestel het.Kanime is in Maart verlede jaar...

Windhoek droogste in 90 jaar

6 ure gelede | Weer

Ronelle Rademeyer - Die 2018-’19-reënseisoen sal vir die oorgrote deel van die land in die geskiedenisboeke opgeteken staan as van die droogste in menseheugenis.Die statistiek...

Katrina se lot gou bepaal

6 ure gelede | Howe

Denver Kisting – Onder gewone omstandighede is die staat se verantwoordelikheid om skuld bo redelike twyfel te bewys.In die geval van die oudgoewerneur van die...

Regstelling oor Zenobia Kloppers

6 ure gelede | Kuns en vermaak

Republikein het gister verkeerdelik berig Zenobia Kloppers, die bekende Namibiese aktrise en sanger wat die hoofrol in die rolprent Fiela se kind losgeslaan het, is...

Minder studente ondersteun

6 ure gelede | Ministeries

Augetto Graig - Die nuus dat bestaande en voornemende studente minder finansiële steun gaan ontvang, is ’n teleurstelling. So sê me. Ester Simon, president van...

Lodge heropen binnekort vir Visrivier-voetslaners

6 ure gelede | Toerisme

Namibia Wildlife Resorts (NWR) se Hobas Lodge het vroeg Februarie kitsvloede ervaar wat tot skade gelei het, maar die lodge sal op 1 Junie weer...

Charles Namiseb eindelik gestraf

6 ure gelede | Howe

Die tweede misdadiger en verkragter wat in 2010 vir die aanval op ‘n bejaarde egpaar van Uis verantwoordelik was, is gevonnis.Die eens voortvlugtige en berugte...

Aansoek vir toerisme-ontwikkeling by Meobbaai

6 ure gelede | Toerisme

Francoise Steynberg - Die Namab-toeragentskap het planne om Meobbaai as toeristeaantreklikheid te ontgin.Die agentskap het ‘n aansoek vir ‘n omgewingsklaringsertifikaat vir die bou van ‘n...

Hulp sonder oordeel

6 ure gelede | Mense

Tanja Bause - “Ek het ‘n verkeerde pad geloop – een van verwoesting. Eendag het ek besef ek kan nie meer so aangaan nie....