Demensie ‘g’n toordery’

Demensie behels meer as blote geheueverlies.

Dit behels ’n verlies aan breinfunksies, wat beteken iemand wat hieraan ly, sukkel om alledaagse take uit te voer. ’n Demensielyer kan byvoorbeeld vergeet hoe om sy of haar pad huis toe te vind.

Die stigter van Alzheimers Dementia Namibia (ADN), mnr. Berrie Holtzhausen, het tydens ’n praatjie oor die siekte by die Namibiese Wetenskaplike Vereniging beklemtoon demensie is ’n terminale siekte en nie deel van die natuurlike verouderingsproses nie.

Volgens hom word dit deur breinsiektes veroorsaak wat permanente en progressiewe skade aan die brein aanrig.

“Hoewel demensie ’n terminale siekte is waarvoor daar nie behandeling of medikasie is nie, is dit wel moontlik om met die siekte saam te leef,” het hy gesê.

Volgens Holtzhausen bestaan verskillende persepsies by verskillende kulture oor die siekte.

“In Afrika verskil die voorkoms van die siektes wat demensie veroorsaak van dié van die Weste. Dié benadering wissel van bygeloof tot wetenskaplike metodologie,” het hy verduidelik.

Holtzhausen het gemaan die swak en onmenslike behandeling van plaaslike demensielyers moet voorkom word om met die Namibiese grondwet te strook.

Hy het beklemtoon bewusmaking en onderrig oor ’n algemene siekte soos demensie sal voldoende en doeltreffende sorg vir lyers tot gevolg hê.

ADN het ’n spesiale sorgsentrum op Swakopmund vir demensie- en Alzheimer-lyers.

Skakel 081 283 3983, (064) 461-388 of stuur ’n e-pos aan [email protected] vir meer inligting.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!