Deloitte Namibia: Ons Namibiese identiteit
Deloitte & Touche in Namibië is ‘n lid van Deloitte Touche Tohmatsu, ‘n internasionale rekeningkundige firma wat in 1845 in Londen gestig is. Deloitte doen sedert 1959 sake in Namibië en verskaf dienste aan ‘n groot verskeidenheid kliënte.
Deloitte lewer rekeningkundige, ouditeurs-, belasting- en konsulteringsdienste. Vennote en bestuurders is geregistreer by die Raad vir Openbare Rekenmeesters en Ouditeure in Namibië (PAAB) en die Instituut van Geoktrooieerde Rekenmeesters van Namibië (ICAN).
Ons personeel is verenig deur ‘n kultuur van samewerking, integriteit en uitstaande waarde. Deloitte put krag uit Namibië se kulturele diversiteit.
Ons skep ‘n ruimte vir voortdurende opleiding, die najaag van uitdagings en verrykende loopbaanervarings. Maatskaplike verantwoordelikheid, openbare vertroue en ‘n positiewe bydrae tot gemeenskappe is vir Deloitte belangrik.
Ons is verbind tot die ontwikkeling van Namibiese personeel se loopbane. Deloitte bied studiebeurse aan en het die afgelope 13 jaar ‘n bedrag van N$11,1 miljoen in die toekoms van ons mense belê.
Deloitte het tans 20 geoktrooieerde rekenmeesters (CA’s) van wie 12 uit ‘n voorheen benadeelde agtergrond kom. Gedurende die laaste nege jaar het Deloitte gemiddeld 29% van Namibië se CA’s en meer as 42% van voorheen benadeelde CA’s opgelewer.
Ons gespesialiseerde departement vir risiko-advies verskaf onder meer gevorderde rekenaar-ouditdienste.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie