Dekselse diewe
Dekselse diewe

Dekselse diewe

Gerine Hoff
Ek was nie seker of ek moes lag of huil toe ek verlede week lees hoe 'n ambulans voor 'n hospitaal in ons hoofstad gesteel is nie.

Lag, want wie steel 'n ambulans? Seker net 'n druggie wat hoop hy kry sy volgende fix binne in. Huil, want watter soort mens is jy om 'n voertuig te steel wat 'n lewe kan red? Sies man!

Ons sal seker ook nooit weet of dit skoolkinders was wat kattekwaad aangevang het, of diewe met veel meer duistere motiewe nie.

Hoe ook al, 'n mens sien, hoor en lees gereeld van items wat gesteel word. So hartseer soos wat dit is, is dit 'n alledaagse verskynsel. As dit nie 'n selfoon of kar is nie, is peperduur, eksotiese kuns in sekere kringe dié in-ding om te gaps.

Dit het my laat wonder oor watter weird goed al gesteel is. Toe raadpleeg ek vir dr. Google, wat ál die antwoorde het, en meer as 27 900 000 soekuitslae is binne sekondes opgedis.

Ek het 'n paar van die vreemder diefstalle gaan soek. Soos byvoorbeeld: Daar is verlede jaar vyf ton Nutella met 'n waarde van U$18 000 (of 6 875 botteltjies om presies te wees) uit 'n trok in Duitsland gesteel. Of wat van die meer as 9 000 kg kaas wat in die Wisconsin-area spore gekry het?

Maar dis nie net klein goed wat verdwyn nie. In 2012 het 'n groep staaldiewe in die Tsjeggiese Republiek 'n hele brug gesteel. Dit is nooit teruggevind nie.

In dieselfde jaar het 'n Chileense entrepreneur vyf ton ys van 'n Patagoniese gletser gegaps, kamma om as “ontwerper”-ys te verkoop. Kleiner maar ewe vreemd is 'n vakansiehuis langs Loon Lake in Washington wat in 2015 verdwyn het. Die diewe was blykbaar nie daarmee tevrede om net die inhoud te steel nie.

Toe 'n vuurpylenjin via eBay te koop aangebied is, het NASA onraad vermoed. Presies hoe iemand dit reggekry het om 'n Saturn RL-10-vuurpylenjin te steel en boonop te probeer verkoop, bly 'n raaisel.

In ander “groot” diefstalnuus het 'n stel brons olifante in Ojai, Kalifornië, weggeraak. Die 1,8 m-beelde is as “baie swaar” beskryf en meer as U$4 000 elk werd. Hulle is nou nog soek. Die mangatdeksel-diewe in Windhoek het nog baie om te leer.

Dan is daar die makabere ook. 'n Besoeker aan die Body Worlds-­uitstalling in Nieu-Seeland het besluit om twee tone (nogal met 'n waarde van U$5 500!) van 'n kadawer af te steel. Net gross.

Ewe jig is dat Thomas Stoltz Harvey – die patoloog wat die nadoodse ondersoek op Albert Einstein gedoen het – besluit het om laasgenoemde se brein vir homself te hou. As jy wil, kan jy 'n gedeelte van die brein in die Mutter-museum in Philadelphia van nader aanskou.

En 'n laaste diefstal – die keer nader aan ons: Twee dronk studente het 'n bedreigde pikkewyn by 'n mariene park in Suid-Afrika gesteel en daarna vir “Buddy” in die natuur vrygelaat. Ongelukkig het die arme pikkewyn geen oorlewingsvaardighede gehad nie en het hy waar­skynlik vinnig 'n ander dier se kos geword.

Goed gedoen, ouens. Amper so goed soos ons eie ambulansdiewe.

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.76 | EUR to NAD 20.35 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.88 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.14 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.88 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.76 | EUR to NAD 20.35 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.88 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.14 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.88 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%