Deetlefs-wynlandgoed by Namibië Toerisme Ekspo

Lloyd Zandberg
Jan Publiek kry binnekort weer die geleentheid om ‘n eksklusiewe Deetlefs wynproegeselligheid by die Namibië Toerisme Ekspo mee te maak, wanneer Kobus Deetlefs en kie weer ‘n draai in die land kom maak.

Deetlefs is die tweede oudste familie-wynlandgoed in Suid-Afrika en maak sedert 1822 ná sewe geslagte steeds wyn.

Die landgoed, wat in wynmaakkringe gevestig is, is aan die voet van die Du Toitskloofberge in die Breedekloofvallei op die klein dorpie Rawsonville geleë.

Kobus Deetlefs, eienaar en besturende direkteur, sit die familie se tradisies en individuele benadering tot wynmaak as lid van die sewende geslag wynmakers trots voort.

Volhoubare groei en goed gestruktureerde, duidelike riglyne is vir dié landgoed van kardinale belang en word in die produksie, bottelering, verpakking en doeltreffende bestuur van hul verskaffingsketting weerspieël.

Deetlefs produseer tans drie verskillende wynreekse – elk met 'n unieke storie en spesifieke doel.

Die reekse sluit Deetlefs Family, Deetlefs Estate en Stonecross in.

Sedert 1994 is die fokus op internasionale markte, en vandag word meer as 80% van die landgoed se wynproduksie uitgevoer.

“’n Goue draad loop deur ons geskiedenis en weerspieël ons individuele benadering tot die bedryf. 'n Sterk waardestelsel en langtermynfokus is waarop Deetlefs klem lê. Tans is dit my verantwoordelikheid om meer geleenthede te skep vir geslagte wat volg, en om die storie te vertel.”

Kobus Deetlefs aan die woord

Die meeste wynproeë verloop maar dieselfde.

Dit begin met ‘n lang verduideliking oor die betrokke wyn, gevolg deur ander inligting wat nie altyd van belang is nie en selde verstaan word.

Met Deetlefs is die wynproe-ervaring ietwat anders. Dit behels nie net ‘n oomblik waar jy aan lekker wyne proe nie, maar eerder ‘n reis.

Hoewel dit steeds leersaam is, word gaste nie met onnodige stellings en feite oorweldig nie.

Wyn se samestelling word só verduidelik dat Jan Alleman dit ook kan verstaan en interessant vind.

“Wyn is ‘n lewendige ding. Jy kan baie met hom doen,” het Kobus by ’n vorige wynproegeleentheid gesê.

“Die soort glas waaruit jy proe, maak ‘n groot verskil. Dit het te doen met waar die wyn jou mond tref. Ons ervaar verskillende smake in verskillende dele van ons mond,” het hy bygevoeg.

Op die borde voor die deelnemers was roketslaai, sojasous, bokmelkkaas, gouda, pretzels, suurlemoen- en appelstukke – alles met ‘n doel.

Eerste aan die beurt was witwyn.

Spesifieke wyne is saam met spesifieke peuselhappies, voor en ná die proe van die wyn, geniet.

“Kyk wat maak die smaak van die happie in jou mond. Sekere kombinasies werk, ander nie. Jy moet besluit wat vir jou lekker is. Dit sal baie arrogant van my wees om vir jou te sê waarvan jy moet hou. Elke ou is op sy eie mening geregtig.

“Onthou, ‘n mens se eie kinders is mos vir jou die mooiste. My wyn is vir my die lekkerste, maar dit hoef nie vir jou so te wees nie.”

Gaste het die geleentheid benut om meer oor wynmaak en die Deetlefs-landgoed uit te vind.

Kobus het benadruk mens moet met wyn eksperimenteer.

“Volgende keer as jy ‘n bottel wyn oopmaak of by ‘n restaurant bestel, speel ‘n bietjie rond met die manier waarop jy dit drink. Met ander woorde, vat ‘n happie van iets spesifiek op jou bord en neem dan ‘n sluk. Jy sal verbaas wees hoe dieselfde wyn se smaakeienskappe drasties van een ding tot ‘n ander verander,” het hy gesê.

Deetlefs-landgoed spog met die enigste sjampanje wat van Pintoge-druiwe gemaak word.

Uiteraard word Pinotage vir die maak van rooiwyn gebruik. Die sjampanje het ’n ligte kleur en is nie dieprooi soos Pinotage-wyn nie.

“By Deetlefs doen ons dinge anders,” het Kobus gesê.

Kobus Deetlefs is 6 Junie om 21:00 en 7 Junie om 19:00 in die What’s Cooking-saal by die Namibië Toerisme Ekspo te sien.

Die Namibië Toerisme Ekspo vind van 5 tot 8 Junie by die Windhoekse skougronde plaas.

Alle bestanddele wat tydens die kookprogramme gebruik word, is met trots deur Pick n Pay geborg.

Kommentaar

Republikein 2024-04-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest | Wolves 0 vs 2 Arsenal | Luton Town 1 vs 5 Brentford | Sheffield United 1 vs 4 Burnley LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad | Girona 4 vs 1 Cadiz | Valencia 1 vs 2 Real Betis | Rayo Vallecano 2 vs 1 Osasuna | Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce | Hellas Verona 1 vs 0 Udinese | Empoli 1 vs 0 Napoli European Championships Qualifying: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United | Manchester City 1 vs 0 Chelsea English Championship: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 15° | 36° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 17° | 36° Oshakati: 18° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:08, High tide: 03:09, Low Tide: 21:13, High tide: 15:31 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:07, Low Tide: 21:11, High tide: 15:29 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:06, Low Tide: 21:11, High tide: 15:28 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 20° | 32° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 15° | 27° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 16° | 29° Maputo: 20° | 29° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 19° | 25° Johannesburg: 19° | 29° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 17° | 30° Harare: 15° | 30° Currency: GBP to NAD 23.71 | EUR to NAD 20.49 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.24 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.73 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.7 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.4 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.03 | USD to KES 133.48 | USD to NGN 1230 | USD to ZAR 19.25 | USD to ZMW 25.8 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73551.13 Up +0.26% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1526.82 Down -0.34% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13302.28 Down -1.12% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28144.22 Down -1.67% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 302.31/OZ DOWN -0.0135 | Copper US$ 4.40/lb DOWN -0.0144 | Zinc US$ 2 788.50/T DOWN -1.6% | Brent Crude Oil US$ 86.85/BBP DOWN -0.0037 | Platinum US$ 909.27/OZ DOWN -0.0127 Sport results: Premier League: Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest | Wolves 0 vs 2 Arsenal | Luton Town 1 vs 5 Brentford | Sheffield United 1 vs 4 Burnley LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad | Girona 4 vs 1 Cadiz | Valencia 1 vs 2 Real Betis | Rayo Vallecano 2 vs 1 Osasuna | Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce | Hellas Verona 1 vs 0 Udinese | Empoli 1 vs 0 Napoli European Championships Qualifying: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United | Manchester City 1 vs 0 Chelsea English Championship: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Weather: Katima Mulilo: 15° | 36° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 17° | 36° Oshakati: 18° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:08, High tide: 03:09, Low Tide: 21:13, High tide: 15:31 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:07, Low Tide: 21:11, High tide: 15:29 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:06, Low Tide: 21:11, High tide: 15:28 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 20° | 32° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 15° | 27° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 16° | 29° Maputo: 20° | 29° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 19° | 25° Johannesburg: 19° | 29° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 17° | 30° Harare: 15° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.71 | EUR to NAD 20.49 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.24 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.73 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.7 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.4 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.03 | USD to KES 133.48 | USD to NGN 1230 | USD to ZAR 19.25 | USD to ZMW 25.8 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73551.13 Up +0.26% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1526.82 Down -0.34% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13302.28 Down -1.12% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28144.22 Down -1.67% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 302.31/OZ DOWN -0.0135 | Copper US$ 4.40/lb DOWN -0.0144 | Zinc US$ 2 788.50/T DOWN -1.6% | Brent Crude Oil US$ 86.85/BBP DOWN -0.0037 | Platinum US$ 909.27/OZ DOWN -0.0127