Deel infrastruktuur, sê minister Simataa

Volgens die minister is 'n herhaling van infrastruktuur 'n vermorsing van hulpbronne op alle vlakke en die deel daarvan is noodsaaklik vir ontwikkeling.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh



Indien die gebruik van inligting- en kommunikasietegnologie(IKT)-­infrastruktuur in Namibië van meet af aan deur verskeie entiteite gedeel is, sou Namibië reeds kon tel onder die lande wat 100% dekking in terme van dié dienste het.

Só het die minister van inligting en kommunikasietegnologie, mnr. Stanley Simataa, gister tydens 'n besoek aan die IKT-toring net suid van die hoofstad, by Gross Herzog, gesê. Hy het ook onderneem om ­volgende jaar die deel van IKT-­infrastruktuur opnuut binne sy ­ministerie van stapel te stuur.

“Op plekke in die land staan twee torings byvoorbeeld na aan mekaar, maar behoort aan verskillende operateurs. Herhaling is 'n vermorsing van hulpbronne op alle vlakke en die voortgesette deel van infrastruktuur is noodsaaklik vir groei en verbetering.

“Torings kan ingespan word om ons almal te akkommodeer en dit sal beteken entiteite het tyd om op hul sleutelbesigheid te fokus.

“Dit is nie nodig dat ondernemings soos byvoorbeeld Telecom, NBC of MTC met verpligtinge om torings te ontwikkel oorbelas word nie. Niemand hoef ander uit te werk deur soveel torings as moontlik te bou nie – dit maak ekonomies nie sin nie,” het Simataa gesê.

Hy het gesê die Gross Herzog-­toring gee gestalte aan die ideaal van ­gedeelde infrastruktuur.

Die toring behoort aan ­PowerCom, 'n verskaffer van IKT-netwerk­infrastruktuur in die land.

Hy het gesê Namibië tel onder die wêreld se 100 lande wat die beste vaar wat “tegnologiese geratheid” betref.

Doeltreffende IKT-infrastruktuur moet aan die behoeftes van besighede en verbruikers voldoen, het Simataa bygevoeg.

Hy het gesê die plaaslike bekendstelling van 4.5G-dienste, asook die wêreldwye bekendstelling van 5G plaas nuwe en groter eise op plaaslike infrastruktuur, soos tydens die oorskakeling van 'n analoë sein na 'n digitale sein.



POWERCOM

PowerCom se uitvoerende hoof, me. Alisa Amupolo, het gesê om 'n ­toringstruktuur te bou soos dié een by Gross Herzog, kan tussen N$10 miljoen en N$20 miljoen kos. Sy het gesê die toring is reeds sowat 40 jaar oud en behoort sedert 2013 aan Power­Com, toe Telecom Namibia 198 van hul torings aan hulle verkoop het.

PowerCom beskik tans oor 300 torings. “Nege kliënte maak tans van dié toring gebruik, naamlik Telecom Namibia, die Windhoekse munisipaliteit, MultiChoice, die Paaieowerheid (RA), SatCom, die Namibië ­wBurgerlugvaartowerheid (NCAA), Witel, NBC, asook die Amerikaanse ambassade.

“Die toring is op een van die land se hoogste berge gebou en bied toegang oraloor Windhoek en wyer,” het sy gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.99 | EUR to NAD 20.54 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.05 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.34 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 208.86/OZ UP +0.83% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0028 | Zinc US$ 2 445.40/T DOWN -0.45% | Brent Crude Oil US$ 87.07/BBP UP +0.79% | Platinum US$ 896.85/OZ UP +0.22% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.99 | EUR to NAD 20.54 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.05 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.34 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 208.86/OZ UP +0.83% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0028 | Zinc US$ 2 445.40/T DOWN -0.45% | Brent Crude Oil US$ 87.07/BBP UP +0.79% | Platinum US$ 896.85/OZ UP +0.22%