Dean Elgar lei Proteas; Malan opgeroep

10 January 2019 | Sport
Tinus van Staden - Dean Elgar sal Suid-Afrika van môre af vir die tweede keer in sy loopbaan in 'n toets aanvoer.

Die Proteas het gister aangekondig Elgar (31) sal die leisels vir die derde en laaste toets teen Pakistan op die Wanderers by die geskorste Faf du Plessis oorneem.

Du Plessis is ná die tweede toets op Nuweland vir een wedstryd geskors weens sy span se slakkepas-boulbeurttempo.

Elgar het die Proteas in 2017 in 'n toets teen Engeland aangevoer in Du Plessis se afwesigheid.

Die keurders het ook die aanvangskolwer van die Cape Cobras, Pieter Malan, gevra om gereed te wees ingeval Aiden Markram nie betyds van 'n dyspierbesering herstel nie.

Markram was ook 'n sterk kandidaat om die kapteinskap by Du Plessis oor te neem, maar sy deelname aan die toets is nou in die weegskaal. Hy sal vandag 'n fiksheidstoets ondergaan om te bepaal of hy wel op die Wanderers gaan speel.

“Die aanstelling van Elgar as die instaan-kaptein is deel van ons strategie om ons leierskorps uit te brei,” sê Linda Zondi, die sameroeper van die keurpaneel.

“Ons het voorheen vir Aiden en Quinton de Kock in dié rol in eendagwedstryde gebruik en Dean het die Proteas in 2017 in 'n toets teen Engeland op Lord's aangevoer.” – Netwerk24

Soortgelyk

 

Polisie konfiskeer kerk se luidsprekers in Oshakati

10 ure gelede | Plaaslik

Die polisie het luidsprekers wat aan die New Jerusalem Ministry in Oshakati se informele nedersetting Oneshila behoort, vandeesweek ná klagtes van rusverstoring gekonfiskeer.Volgens inspekteur Thomas...

Olifante beskadig optiese kabels naby Khorixas

10 ure gelede | Plaaslik

‘n Trop olifante het inwoners in die Noorde van die land sonder landlyn- en selfoonverbinding gelaat, nadat die optiese kabel tussen Omatjete en Khorixas Donderdagmiddag...

Skietklub lê weer aan

13 ure gelede | Howe

Denver Kisting - Mnr. Norman Tjombe, die regsverteenwoordiger van die Rehoboth-skietklub, het vanoggend (Vrydag) bevestig sake is terug na normaal.Dít kom nadat die Namibiese weermag...

'Boere se veglus verdwyn'

23 ure gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer en Elvira Hattingh - Twee bekende boere van die Suide sê die droogte het boere op hul knieë.“Ek was gister by ’n veiling...

Egpaar herontdek skaars plantjie

23 ure gelede | Omgewing

Denver Kisting – ’n Dekaan by die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust), dr. Rolf Becker, en sy vrou, me. Alma Moller, het verlede...

Kalender 18 Januarie

23 ure gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) bied met trots Unam se beeldende kunste-uitstalling vir 2018 aan. Dié uitstalling is tans...

'DRK maak staat op ons'

23 ure gelede | Politiek

Inwoners van die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) maak staat op lande deel van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) om die land weer op die...

Operasie Hornkranz: Meer misdaad aangemeld

23 ure gelede | Misdaad

Augetto Graig Die Namibiese polisie het Woensdag by die Israel Patrick Iyambo-polisiekollege in Olympia terugvoering gegee aan die visepresident, mnr. Nangolo Mbumba, en die...

Weer vir 18 Januarie

23 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en warm tot baie warm in die //Kharasstreek, andersins gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met 'n paar tot geïsoleerde donderbuie in...