De Winters op Harry se spore

30 December 2003 | Politiek en nasionale nuus
VIR \'n ouerpaar uit die vreemde was \'n reis deur Namibië in die Kersgety van 2003 hul Via Dolorosa, hul weg van smarte. Meer as \'n jaar ná die dood van hul oudste seun en kleindogter kon hulle uiteindelik op die plek staan waar \'n gruwelike ongeluk die twee uit hul lewens geruk het.
Hulle was onder meer op Langstrand waar hul geliefdes die weg van Harry Simon, eertydse middelgewigkampioen van die Wêreldboksvereniging, gekruis het. Gister was daar vars blomme om \'n kruis wat die punt van die treurspel aandui.
Dr. Hugo de Winter en sy vrou Francine, het uit België Namibië toe gekom om die reis te herleef wat hul seun, Frederick de Winter, saam met sy gesin en vriende verlede jaar deur die land onderneem het en geëindig het in \'n motorongeluk by die afdraai na Langstrand waarin Frederick (31), Ibe, sy dogtertjie van 22 maande en Michelle de Clerq (30) dood is. Dit was \'n ongeluk waarin Frederick se vrou, Carol, en \'n vriend, dr. Bert Coene, ernstig beseer is. Carol is steeds gedeeltelik verlam, terwyl dr. Coene reeds vyf operasies ondergaan het.
Die bokser, Harry Simon, voormalige WBO-middelgewigkampioen, is in dieselfde ongeluk beseer. Die krankemente het hom reeds sy wêreldtitel gekos. Hy sal ook in volgende jaar op \'n klagstaat van manslag moet antwoord.
Die De Winters het ook gekom om te soek na stukkies om te pas in die legkaart in hul gemoed rondom die omstandighede van die ongeluk en om dankie te sê aan almal wat op die toneel en daarna bystand verleen het. Hier is dit veral \'n dr. Steyn na wie hulle soek om te bedank.
Vrae wat hulle graag beantwoord wil hê, is of hul seun op die toneel of eers later in die hospitaal oorlede is, in watter hospitaal hy dood is en hoe laat die ander twee oorlede is. Hulle sou ook graag met iemand wou praat wat Frederick voor die ongeluk lewend gesien het, asook met mense wat op die ongelukstoneel was.
Namibië is nie vir die De Winters \'n vreemde land nie, want hulle het vyf jaar gelede ook hier getoer minwetende dat hulle in die Kersgety van 2003 \'n blommekrans om \'n kruis in die woestyn sou kom hang as \'n laaste vaarwel aan \'n seun en kleindogter.
Die De Winters kan per e-pos bereik word by [email protected] Hul telefoonnommer in België is 003 292 522 582.

Soortgelyk

 

Hardap se sluise dalk vanaand getrek

1 uur gelede | Omgewing

Die Hardapdam kan dalk laat vanaand 70% van sy kapasiteit bereik, wat beteken dié suidedam se sluise sal getrek moet word. Die dam was om...

Botswana-weermag nie aanspreeklik vir sterftes

1 uur gelede | Howe

Landdros Taboka Mopipi het beslis dat Botswsana se weermag (BDF) nie aanspreeklik gehou kan word vir die sterftes van die Nchindo-broers en hul neef, wat...

Erkenning vir selfdegeslaghuwelikke afgekeur

2 ure gelede | Howe

Drie regters in die Windhoekse hoërhoof het ‘n aansoek van die hand gewys om selfdegeslaghuwelikke te erken tussen twee Namibiërs en hul buitelandse eggenotes. Hulle...

Vyf damme kry water

5 ure gelede | Omgewing

Teen gistermiddag om 14:50 het die Hardapdam nog sowat 289,3 m³ water per sekonde ingekry, terwyl nog drie ander nasionale damme sedert Maandag ‘n inloop...

Lelies begin Sondag blom

15 ure gelede | Omgewing

Belangstellendes kan Sondag weer die lelieskouspel op die plaas Sandhof naby Maltahöhe bewonder wanneer die blomme na verwagting in die kleipan sal begin blom. Die...

Nóg reën word voorspel

15 ure gelede | Weer

Henriette Lamprecht – Met die weerprofete wat nóg reën voorspel, is dit veral die suidelike en sentrale gedeeltes van Namibië wat juig oor hul reënmeters...

Oranje: Oorstromings ‘haas onafwendbaar’

15 ure gelede |

Ronelle Rademeyer – ’n Volgende vloedgolf is in die Benede-Oranjerivier op pad en oewerboere is volgens berigte in die Suid-Afrikaanse media gewaarsku oorstroming lyk nou...

Weer vir 20 Januarie 2021

15 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Tref voorsorg teen wyd verspreide donderbuie.BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm in die Namib en die Zambezi- en Omaheke-streke met enkele buie. Elders bewolk en...

Reën beskadig tente by Havana-projekskool

15 ure gelede | Ministeries

Jeanette Diergaardt – Die Havana Sekondêre Projekskool het gister reënskade gehad nadat reënbuie die aand tevore in die hoofstad uitgesak het. Volgens die onderwysers wat...