DBV hof toe oor verwaarloosde beeste, perde

‘Omstandighede is dieremishandeling’

31 January 2019 | Howe
Mariselle Stofberg- Altesaam 53 verhongerde beeste en nege mishandelde en verwaarloosde perde gaan van 'n kleinhoewe naby Seeis verwyder word nadat die Dierebeskermingsvereniging (DBV) gister daarin geslaag het om 'n tussentydse hofbevel in die hoërhof in Windhoek teen die eienaar van dié diere te bekom.

Hierdie dringende aansoek om die verwaarloosde diere uit die sorg van mnr. Sinclair Aspara te verwyder, is deur regter Claudia Claasen toegestaan.

Mnr. Nicolaas Du Plooy het die aansoek namens die DBV ingedien.

Die DBV het op 14 Maart 2018 ’n strafsaak van dieremishandeling by die Hosea Kutako-polisiekantoor teen Aspara aanhangig gemaak.

Die diere word op 'n kleinhoewe naby Bodenhausen oos van Windhoek aangehou en moes oorleef sonder enige toegang tot water en geen skuiling teen die hitte en son nie, blyk dit uit die hofstukke. Dié diere was ook uitgehonger met min of geen voer nie, en van talle pogings deur die DBV om die eienaar sover te kry iets aan die haglike omstandighede van die diere te doen, het dadels gekom.

Dr. Arnold Olivier, ’n veearts van die Animal Clinic and Vet Shop in Windhoek, het ná ’n besoek op 28 Januarie 2019 aan die kleinhoewe bevind die toestand van die diere is kritiek en onmiddellike stappe moet gedoen word.

Olivier het bevestig daar is geen voer vir die diere nie.

Dit het gedien as verder bewyse vir die dringende aansoek wat ingedien is om die diere te skuif, het die DBV gister ná afloop van die hofverrigtinge in 'n verklaring gesê.

Die eerste klagte oor die diere se ontbering is op 23 Februarie 2018 by die DBV ingedien.

’n Eerste waarskuwing is aan die eienaar uitgereik, maar ná verdere klagte en opvolginspeksies het dit geblyk die omstandighede waaronder die vee aangehou word, verbeter nie.

"Die diere se omstandighede was volgens die DBV se inspekteur, mnr. Joseph Naimhwaka, van so ’n aard dat dit as dieremishandeling geklassifiseer kan word.

“Geen poging is deur die eienaar aangewend om die diere se omstandighede te verbeter nie," lui die hofstukke.

"Annie’s Animal Legal Fund, die Windhoekse DBV en DBV Namibië beskou hierdie saak as deurslaggewend, omdat diere volgens wet as eiendom beskou word. Die uitgangspunt van die reg is dat die eienaar sy eiendom kan hanteer soos hy goeddink. Hierdie beslissing maak dit duidelik die welstand van diere is steeds van belang in die howe," sê die DBV in sy verklaring.

Volgens dié vereniging is onmiddellike stappe gedoen om die diere se veiligheid, genoegsame voer en water, asook mediese sorg aan die diere te verseker.

Die saak sal weer op 14 Februarie hervat, wanneer mnr. Aspara redes moet aanvoer waarom dié bevel nie 'n permanente bevel van die hof gemaak moet word nie.

Soortgelyk

 

NSFAF sluit ooreenkoms met Bank Windhoek

5 ure gelede | Onderwys

Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) en Bank Windhoek het vandag ʼn ooreenkoms aangegaan vir ʼn nuwe stelsel waardeur geld aan kwalifiserende studente gestuur...

Chinees Dinsdag in hof ná werker se skietdood

5 ure gelede | Misdaad

Die man wat gister na bewering deur sy Chinese werknemer in die Andara-nedersetting doodgeskiet is, is as mnr. Andreas Hausiku (32) geïdentifiseer.Hausiku was ‘n inwoner...

Twintig jaar tronkstraf vir verkragter

6 ure gelede | Howe

‘n 34-jarige man van Otjiwarongo is gister 20 jaar tronkstraf opgelê nadat hy skuldig bevind is aan die verkragting van ‘n minderjarige. Die dogter was...

Taking charge

17 ure gelede | Mense

Mariselle Stofberg Anthea van Heerden decided to take a leap of faith to start her own company in Windhoek.She is the managing director and...

Moontlike deurbraak

17 ure gelede | Misdaad

Denver KistingDie man wat gisteroggend weens Maandag se bloedbad op Arandis aangekeer is, het glo vir etlike ure geweier om met die polisie saam te...

Só staan sake in die Namibiese huis

17 ure gelede | Regering

Denver KistingPres. Hage Geingob het gistermiddag gesê sy boodskap van “welvaart vir almal” moenie verkeerd verstaan word nie.Volgens hom was die bedoeling nooit om oordaad...

Kabajani blossoms at GIPF

17 ure gelede | Mense

Michelline Nawatises Annette Likeleli Kabajani is a holder of a bachelor’s degree from the University of Namibia (Unam). She has also attained several management and...

Baking a name for herself!

17 ure gelede | Mense

Ester Kamati At the age of 28, Alma Tangi Nakanduungileh is climbing the entrepreneurial ladder and adding sweetness to her clients’ lives. A qualified...

A passion to unlock potential

17 ure gelede | Mense

Ester KamatiJustina Mulokoshi is a chartered accountant (CA) at PwC who has big dreams and is constantly on the lookout for new ways to improve...