Dash nr. 14 en dalk 4de kroon vir Looser?

Meer as ‘n 1 000 ryers van 14 lande sal ses skofte van onderskeidelik 32, 67, 76, 74, 74 en 46 km met ‘n totale klimhoogte van 3 335 m binne 24 uur moet baas raak.
Tielman van Lill
Tielman van Lill

Die 2018 Nedbank Desert Dash-bergfietsmarathon van 373 km van Windhoek tot Swakopmund skop vandag om 15:00 by die Grove-winkelsentrum in Kleine Kuppe af.

Vanjaar is die 14de keer dat die moordende Dash aangebied word, waarvan die roete via die Khomas Hochland deur die wêreld se mooiste en oudste woestyn kronkel om by die Platz Am Meer-sentrum op Swakopmund te eindig.

Soos in die verlede, moet 373 km binne 24 uur afgelê word. Die afsnytyd vir deelnemers wat nog nie die eindpunt gehaal het nie, is môremiddag om 15:00.

Maar dis nie al nie: Vir die brawe trappers wat nie genoeg geoefen het nie is die eerste spertyd vandag om 18:00 ná die eerste trajek van 32 km by die eerste beheerpunt, waar die deelnemers ‘n totaal van 648 m moes klim.

Die snoeiskêr word weer môreoggend om 09:00 by Bloedkopje ná die vierde beheerpunt ingelê.

Met die eindpunt slegs 46 km verder wag dieselfde drama vir moeë ryers om 12:30 by Goanikontes, wat dan hul ysterperde sal moet wegpak.

Hoe ry hulle?

Soloryers ry die hele afstand. Gemengde, mans- en vroue-tweemanspanne spring saam vir die eerste deel weg, waarná die volgende trappers die tweede en derde skof alleen moet aandurf. Tydens skofte vier en vyf neem die tweede spanmaat oor, en vir deel ses, van Goanikontes tot Swakopmund, moet beide in die saal wees. Vir die viermanspanne (gemeng, mans, vroue) is die uitdaging kleiner. Deel een word deur die hele span aangepak, waarna elke ryer ‘n beurt kry om die tweede, derde ,vierde en vyfde skof af te lê. Die hele span sal dan die laaste skof saam aandurf.

Wie ry?

Namibië (60% van die inskrywings), Suid-Afrika (311 fietsryers) en 69 deelnemers van onderskeidelik België, Brittanje, Bulgarye, Duitsland, Engeland, Finland, Frankryk, Kanada, Luxemburg, Oostenryk, Pole, Switserland en Zimbabwe word verteenwoordig.

Solo: Konny Looser van Switserland, die huidige solo-rekordhouer en verdedigende kampioen van 2015, 2016 en 2017, is terug om sy titel te verdedig. Looser het verlede jaar ‘n verbysterende nuwe rekord van 13 ure, 55 minute en 29 sekondes behaal en slegs een sekonde ná die seëvierende viermanspan van Tristan de Lange, Hans du Toit, Alex Miller en Denzel de Koe geëindig. Sy gemiddelde snelheid oor die 369 km was 26,5 kilometer per uur.

Drikus Coetzee, wat verlede jaar saam met Cobus Smit die tweemanspan-afdeling gewen het, sal vanjaar as soloryer sy staal wys. Jean-Pierre Burger, Namibië se Halfystermanwêreldkampioen, sal vir die eerste keer in sewe jaar nie aan die Dash deelneem nie.

Die 80-jarige oom Bill Jooste is sekerlik die oudste deelnemer wat vanjaar sy agtste Desert Dash as solo-ryer pak.

Hy kon in 2017 nie die marathon suksesvol aflê nie, maar is vasbeslote om dié naweek die bordjies te verhang.

Die Duitser Rebecca Robisc, 2016 en 2017 se wenner, is ook terug om haar onbetwiste kroon te verdedig. Sy het in 2017 met ‘n tyd van 16:09:14 vir die tweede keer gewen. Wilmien Chamberlain (tweede in 2017) is ook terug om Robisch vas te vat, terwyl Anri Parker (derde in 2017) nie vir 2018 ingeskryf het nie.

Genevieve Weber (RSA) en Irene Steyn (Namibië) sal van die voorste vrouejaers wees.

Tweemanspanne: Martin Freyer (Nam) en Richard Simpson (RSA) kan hul merk teen die minder bekende deelnemers in dié afdeling maak. Maar Nichol Jordaan (RSA, solowenner in 2014) wat met Braam Vermeulen (Nam) saamspan, kan Coetzee-hulle goeie kompetisie gee. Ander bekende Namibiese ryers is Chiponeni Kashululu en Jafet Amukushu, asook Nolan Hoffmann en Lotto Petrus.

Viermanspanne: Die Nedbank & Mannie’s Bike Mecca- viermanspan van Tjipe Murangi, Alex Miller, Herbert Peters en Vianney Links staan ‘n goeie kans om die res van die spanne onder die stof in te ry. Of Jaco Lamprecht, Gerhard Mans junior, André Vermeulen en Xavier Papo hulle opdraende kan gee, sal net die tyd leer.

Pryse

Die voorste posisies in elke afdeling sal kontantpryse ontvang.

Solo-afdeling (mans en vroue): 1ste - N$34 000, 2de - N$19 000, 3de - N$12 000, 4de - N$10 000, 5de - N$8 000. Tweemanspanne (gemeng, mans en vroue): 1ste - N$20 000, 2de - N$12 000, 3de - N$8 000.

Viermanspanne (gemeng, mans en vroue): 1ste - N$14 000, 2de - N$8 000, 3de - N$6 000.

Kiek en wen

‘n Lerser kan N$1 000 met ‘n video van die 2018 Nedbank Desert Dash wen, wat nie langer as 30 sekondes is nie. Dié videos kan van vandag af tot voor middernag op 13 Desember na 081 170 0040 geWhatsApp word. Video’s sal op Erongo se Facebook-blad gesien kan word, en die wenner sal op 16 Desember bekend gemaak word.

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.69 | EUR to NAD 20.35 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.98 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.23 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 18.98 | USD to ZMW 26.35 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 327.27/OZ UP +0.47% | Copper US$ 4.52/lb UP +1.96% | Zinc US$ 2 872.40/T UP 2.35% | Brent Crude Oil US$ 88.09/BBP UP +0.10% | Platinum US$ 904.42/OZ UP +0.25% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.69 | EUR to NAD 20.35 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.98 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.23 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 18.98 | USD to ZMW 26.35 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 327.27/OZ UP +0.47% | Copper US$ 4.52/lb UP +1.96% | Zinc US$ 2 872.40/T UP 2.35% | Brent Crude Oil US$ 88.09/BBP UP +0.10% | Platinum US$ 904.42/OZ UP +0.25%