Dapper fliek maak opslae

’n Trots Namibiese produksie vertoon tans die langste wat ’n plaaslike fliek al op silwerskerms in die hoofstad vertoon het.
Augetto Graig
Augetto Graig - Die #LANDoftheBRAVEfilm-projek is reeds deur meer as 1 900 mense by Ster Kinekor-teaters in Windhoek ondersteun.

Dit is van 10 Oktober tot 25 Oktober vertoon.

Dié plaaslike produksie vertel die storie van Meisie Willemse (Elize de Wee), ’n taai polisievrou op die spoor van ’n reeksmoordenaar.

Ander hoofrolle word deur Armas Shivute Armas en Pieter Greeff vertolk.

Die fliek kom ná die Namibiese regisseur Tim Heubschle se jare lange toewyding.

Huebschle het ook die storie geskryf.

David Benade, die filmvervaardigers Collective Productions Namibia se sakebestuurder, sê hulle het teaters by Ster Kinekor gehuur en kaartjieverkope self deur middel van Webtickets behartig.

Onderhandelinge om die fliek na die Atlanta-teater op Swakopmund en die Epic-teater op Ongwediva te neem, duur voort, sê hy.

“Ons is vasberade om hierdie plaaslike storie na soveel mense in Namibië as moontlik te neem,” sê hy.

“Aanvanklik eers na gevestigde teaters, en later na tydelike teaters op dorpe sonder gevestigde teaters. Ons is op soek na ’n geskikte borg om ons te help om dit te doen sodat mense ’n fliekervaring kan hê op dorpe wat nie normaalweg toegang tot die grootskerm het nie,” sê Benade.

Hulle oorweeg ook vertonings van die fliek Vrydae en Saterdae om 20:00 in een van die kleiner teaters by die Grove Mall in Windhoek tot die einde van Januarie.

Volgens Ster Kinekor Namibië se bestuur is #LANDoftheBRAVEfilm die enigste plaaslike produksie wat al só lank in hul teaters vertoon is.

“Ons glo die sukses van enige fliek lê in sy langdurigheid.”

Ster Kinekor het onlangs ook Baxu and the Giants en Hairareb vertoon om plaaslike inhoud ’n hupstoot te gee.

“Hollywood-titels het groot begrotings terwyl plaaslike vervaardigers, al word hulle goed deur borge ondersteun, net nie die fondse het om groot produksies aan te pak nie. Wanneer die Namibiese filmbedryf ontwikkel, sal toegang tot befondsing beskikbaar raak om plaaslike stories te vertel. Ons sien uit daarna om deel van daardie reis te wees,” sê Ster Kinekor.

Vir #LANDoftheBRAVEfilm is die volgende stap om aansoek te doen om aan internasionale filmfeeste deel te neem, sê Benade.

“As ’n plaaslike speelfilm met epiese landskappe en ander grootformaat-filmkuns hoop ons om dit op die grootste en beste gehalte silwerdoeke te hou vir die publiek om te ervaar,” sê hy.

Aansoeke vir feeste sal vir die volgende jaar voortduur en fliekaanhangers sal in kennis gestel word indien die fliek enige toekennings losslaan, sê hy.

Namibiërs wat ’n kopie van #LANDoftheBRAVEfilm wil hê, sal nog ’n wyle moet wag.

“Net soos met ander fliekvrystellings sal DVD en Video On Demand (VOD) eers later in die verspreidingsproses plaasvind. Gewoonlik tussen 12 en 18 maande ná die aanvanklike vrystelling,” sê hy.

Intussen gaan Huebschle voort met sy sending om Namibiese stories deur flieks te vertel.

Eerskomende Sondag sal sy dokumentêre kortfliek Hafeni means Happiness op Face of Africa op CGTN (DStv kanaal 409) vertoon word.

Volgens Huebschle vertel dit die verhaal van Heinrich Hafeni en sy unieke toerismeonderneming langs die kus.

“Ek ontwikkel tans ook twee geskiedkundige dokumentêre flieks en ’n speelfilm. Hierdie projekte is in ’n vroeë fase,” sê hy.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Currency: GBP to NAD 23.88 | EUR to NAD 20.55 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.23 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.22 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74010.81 Up +0.62% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1522.16 Down -0.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13246.66 Down -0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26777.05 Down -4.86% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9132.5 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 322.75/OZ DOWN -0.0003 | Copper US$ 4.45/lb UP +1.04% | Zinc US$ 2 840.40/T UP 1.37% | Brent Crude Oil US$ 88.00/BBP DOWN -0.0038 | Platinum US$ 903.18/OZ DOWN -0.0074 Sport results: Weather: Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.88 | EUR to NAD 20.55 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.23 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.22 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74010.81 Up +0.62% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1522.16 Down -0.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13246.66 Down -0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26777.05 Down -4.86% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9132.5 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 322.75/OZ DOWN -0.0003 | Copper US$ 4.45/lb UP +1.04% | Zinc US$ 2 840.40/T UP 1.37% | Brent Crude Oil US$ 88.00/BBP DOWN -0.0038 | Platinum US$ 903.18/OZ DOWN -0.0074