Dankbaar vir nat Noorde

08 February 2019 | Weer
Elvira Hattingh – Die Namibiese weerkantoor volstaan by hul voorspelling dat Namibië vandag wydverspreide donderbuie te wagte kan wees, en dat reën die naweek steeds kan voorkom.

Vandag sal dit na verwagting sonnig en baie warm in die verre Noordweste wees, terwyl dit elders gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm sal wees, met verspreide en wydverspreide donderbuie.

Die Namibiese weerkantoor se hoofweervoorspeller, mnr. Odillo Kgobetsi, het vroeër gesê die weerkantoor verwag donderbuie oor die binneland, asook swaar reënneerslae op plekke.

Dít nadat sekere dele in die Noorde intussen goeie reënbuie ontvang het.

Facebook-gebruikers het gister laat weet die Noorde het op plekke oornag tot 42 mm reën ontvang, met donderbuie wat skynbaar hoofsaaklik noord van Otjiwarongo, by Otavi, Kombat en Grootfontein voorgekom het.

Me. Ronel Opperman het foto’s op die Facebook-blad “Reën in Namibia” gedeel en gesê noord van Otjiwarongo het hulle vir die eerste keer in die huidige seisoen hul eerste dubbelsyfer reën ontvang.

Mnr. Adriaan Roodt het laat weet hulle het Woensdag 42 mm reën 20 km suid van Kombat gekry.

Mnr. Abraham Marais Malan het ‘n foto van ‘n nat Grootfonteinvallei gedeel, met me. Ingrid Menge wat ook laat weet het hulle het ‘n heerlike bui reën 60 km noordoos van Grootfontein gehad.

Me. Renette Schoeman sê sy het 13 mm reën 10 km buite Outjo gemeet, terwyl Jan Dak laat weet het hy het 28 mm op Otavi self gemeet.

Soortgelyk

 

Chasing your dream

10 ure gelede | Mense

Ester Kamati Aina Johannes completed her matric at Windhoek High School in 2015 and is currently pursuing her studies in marketing management at the International...

Kinderverkragter: ‘Ek is skuldig’

10 ure gelede | Howe

Francoise Steynberg - Die 50-jarige Jeremia van Wyk het gister skuldig gepleit op die verkragting en ontvoering van ’n vyfjarige meisie. Pas nadat Van Wyk gisteroggend van...

/Khomani wil verskeie Khomas-plase onteien

10 ure gelede | Politiek

Catherine Sasman - Die /Khomani-gemeenskap eis nie net die onteiening van plekke soos Dordabis, Aub en Omitara omdat dit aan hul voorvaders behoort het nie,...

Windhoekers kniediep in die skuld

10 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die Windhoekse stadsraad (CoW) het gister by monde van sy woordvoerder, mnr. Harold Akwenye, bevestig hul debiteure skuld hulle bykans N$900 miljoen...

Weer vir 6 Augustus 2019

10 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die Noordooste. Elders sal dit sonnig en baie warm wees, maar matig tot warm in die Suide. Dit...

Maltas Club reaches out

10 ure gelede | Onderwys

Ester KamatiIn conjunction with First National Bank (FNB) Namibia, the University Centre for Studies in Namibia (Tucsin) and Dinapama Manufacturing and Supplies, the Maltas Club...

Making science easier

10 ure gelede | Onderwys

Justicia Shipena B2Gold Namibia, in collaboration with the education ministry, officially launched the flagship Little Shop of Physics (LSOP) teacher programme on 2 August...

Embracing differences

10 ure gelede |

Justicia Shipena As a way of bringing together and uniting the different cultural groups within the International University of Management (IUM) community,...

Peer-to-peer conversations

10 ure gelede | Skole

Ndakondja Uusiku Motivations will host the first-ever Purposeful Camp for teenagers aged between 15 and 19 from 28 November to 4 December 2019 at the...