Danilo Reviglio môre gegroet

Familie en vriende van 'n ­Windhoekse sakeman en sportman bring hulde aan 'n uitsonderlike mens.
Tanja Bause
Tanja Bause



Die eienaar van Carlo Upholstery & Interiors in Windhoek, mnr. Danilo Reviglio, is op 8 Augustus oorlede.

Hy was 65 jaar oud.

Hy laat sy vrou Desiree, seun Danilo, dogter Dominique, broer Roberto (Robie) Reviglio en talle familielede en vriende na.

Dan, soos vriende en familie hom genoem het, is in Bergamo in Italië gebore.

Volgens Robie het hul pa, Carlo, en twee van sy vriende besluit om 'n wonderlike land in Afrika waarvan hulle gehoor het, te besoek.

“Hulle het vliegtuigkaartjies gekoop en na die destydse Suidwes-Afrika toe gevlieg - sonder om te weet wat op hulle wag. Die ander twee het later na Italië teruggekeer. My pa het agter­gebly, want hierdie land het sy hart gesteel. 'n Jaar later, in 1968, het ons gesin geïmmigreer. Dan was 14 jaar oud in daardie stadium,” het Robie gesê.

Carlo was 'n meesterstoffeerder en het sy eie stoffeerdery in Italië gehad.

Hy het Carlo Upholstery in Greenstraat in Windhoek begin. 'n Paar jaar later is die onderneming na Voigtsstraat in die suidelike nywerheidsgebied verskuif waar dit steeds geleë is.

“Dit was ook ons huis en die motorhuis was die werkswinkel. My pa het in 1982 afgetree en Dan het die besigheid by hom oorgeneem. Dan het van 'n jong ouderdom af al saam met my pa gewerk en so die kuns van stoffering geleer” het Robie gesê.

“Dan het die besigheid opgebou tot wat dit vandag is. Hy het dit van 'n stoffeerdery uitgebrei tot 'n onderneming met binnenshuise versiering en meubelontwerp.

“Dan was baie kunstig en baie lief vir skilder en teken. Daardie kreatiewe kant van hom het hy na die besigheid toe gebring. Hy het meubels begin ontwerp en maak en daardeur die besigheid geweldig uitgebrei.

“Dan het sy eerste gemsbokleer-bank in 1988 ontwerp. Baie van hierdie banke is nog steeds in gebruik.

“My pa was een van die eerste mense wat wildsleer gebruik het om meubels mee oor te trek,” het Dominique gesê. “Hy het baie van die meubels vir groot lodges ontwerp en was ook baie nou betrokke met die hele ­binnenshuise ontwerp van en installasies by hierdie lodges.”

Dan was nie net 'n uitstekende ­ontwerper en sakeman nie, maar ook 'n sportman wat sy eie karate-dojo besit het.

Hy het op 16-jarige ouderdom met karateklasse begin.

Dan was die hoof van Tenshinkan Karate in Namibië, onder leiding van mnr. Kancho Mamoru Miwa, die stigter en wêreld- hoofinstrukteur­ van Tenshinkan-karate, en mnr. Hanshi Hans Haupt, Suid-Afrika se hoofinstrukteur van Tenshinkan. Hy het 'n vierde dan in die sport behaal.

“My pa was my ma se karate-­instrukteur en dit is hoe hulle ontmoet het. Hulle het in 1980 in die huwelik getree. My pa het sy karate opgegee toe Carlo Upholstery & ­Interiors begin uitbrei het,” het ­Dominique gesê.Hy het ná sy aftrede weer daarmee begin.

Dan het 13 keer die Visriviercanyon-roete saam met die St. George's-skool se leerlinge gestap.

“Die eerste keer het hy saam met my en my klas gestap en later ander klasse op die staptoer begelei.

“My pa het ontelbare stokperdjies gehad en in elkeen uitgeblink. Hy het niks wat hy aangepak het, half gedoen nie.

“Alles wat hy gedoen het, soos visvang, jag, modelbote bou, tuinmaak, stap, het hy met passie gedoen. Dit is die soort man wat my pa was,” het Dominique gesê.

Volgens Dominique “was my pa 'n perfeksionis. As hy gaan jag het, het hy 100% seker gemaak dit sal 'n doodskoot wees, voordat hy die sneller sou trek.”

Mnr. Johann Penderis, 'n jarelange­ vriend van Dan en die familie, het hom as betroubaar, lojaal, uiters ­gedissiplineerd en hardwerkend opgesom .

“Dan het altyd uitgestaan in wat hy ook al aangepak het. Hy was 'n ­uit­sonderlike mens.

“Familie was vir hom alles en hy het alles vir hulle gedoen.

“Hy was 'n uitmuntende sakeman. Ek het self beleef hoe hy Carlo ­Upholstery & Interiors opgebou en uitgebrei het tot wat dit vandag is,” het Johann gesê.

“My pa was 'n ongelooflike pa, ­oneindig ondersteunend en 'n liefdevolle pa en man,” het Dominique gesê.

“My pa het my in alles ondersteun wat ek gedoen het.

“Hy het altyd gesê solank jy geld daaruit kan maak, het jy my volle ­ondersteuning,” het Danilo gesê.

“Ons het vir 25 jaar saam gewerk en natuurlik was daar tye wat ons nie saamgestem het nie, maar daar was geen beter broer nie. Daar is net nie,” het Robie gesê.

Robie het twee jaar terug die ­besigheid oorgeneem.

Danilo Reviglio se lewe word môre om 12:00 op die hoek van Johann ­Albrecht-­­ en Daveystraat in Windhoek gevier. Die ingang is by 20 Davey­straat.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.8 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.9 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.15 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.91 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.8 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.9 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.15 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.91 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%