Damvlakke sowat 10% laer as verlede jaar

20 December 2018 | Omgewing
Elvira Hattingh - Die drie damme wat Sentraal-Namibië van water voorsien, hou gemiddeld tans 22,5% of 34,722 miljoen kubieke meter water (Mm³).

Dit, vergeleke met verlede seisoen toe nog 37,2% water oor was.

Volgens NamWater se jongste dambulletin is die Von Bachdam nog sowat 40,3% vol en hou dit tans 19,139 Mm³ water. Die Omatakodam is heeltemal leeg, terwyl die grootste van die drie – die Swakoppoortdam, 24,5% vol is en nog sowat 15,583 Mm³ water oor het.

Volgens NamWater word water egter steeds van die Swakoppoortdam af na die Von Bachdam oorgepomp, terwyl water vanuit bronne in die Noorde, soos die Bergh Aukas- en Kombatmyne, wat via die kanaal by die leë Omatakodam aankom, ook na die Von Bachdam oorgeplaas word.

In totaal het Namibië se damme nog 235,014 Mm³ water oor en is dit gemiddeld 33,8% vol, vergeleke met verlede jaar dieselfde tyd toe sowat 303,318 Mm³ water oor was en die gemiddeld op 43,6% gestaan het. Nasionale damme het ‘n gesamentlike kapasiteit van 695,984 Mm³.

Die Gobabis-omgewing se damme is tans die land se leegste en staan op gemiddeld 3,4% (0,647 Mm³), vergeleke met verlede seisoen se 10,6% of 2,037 Mm³.

Op gemiddeld 43,3% vol en met gesamentlik sowat 189,009 Mm³ water oor, vergelyk die Suidedamme die beste, hoewel dit ook sowat 10% leër is as dieselfde tyd verlede jaar.

Die Hardapdam is tans 36,6% vol en hou ‘n enorme 107,711 Mm³ water. Die Nautedam is 68,2% vol en hou 57,003 Mm³ water, terwyl die Oanobdam 59,5% vol is en nog sowat 20,538 Mm³ water bevat.

Die Dreihukdam staan ook nog op 3,9% (0.609 Mm³), terwyl die Bondelsdam leeg is.

Soortgelyk

 

Theo Diergaardt voor vir beweerde bedrog

5 minute gelede | Misdaad

Denver Kisting – Die beheeraanklaer van die landdroshof in Windhoek, mnr. Hans Thourob, het bevestig mnr. Theo Diergaardt, oudminister van grondhervorming, is gister inhegtenis geneem.Volgens...

Windhoek se waterverbruik in die rooi

41 minute gelede | Omgewing

Die Windhoekse munisipaliteit sê oor die afgelope week het Windhoekers 7% meer water gebruik as wat huidige teikens vir waterbesparing toelaat. Die weeklikse teiken is...

Dit moes lankal gebeur het, sê Kanime.

1 uur gelede | Plaaslik

Denver Kisting – Oomblikke nadat hy gisteraand heraangestel is, het mnr. Abraham Kanime aan Republikein gesê dit moes lankal gebeur het.Die Windhoekse stadsraad het gisteraand...

Raad sit oor polisiehoof

11 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die Windhoekse stadsraad (CoW) sou gisteraand vir mnr. Abraham Kanime as hoof van die stadspolisie heraangestel het.Kanime is in Maart verlede jaar...

Windhoek droogste in 90 jaar

11 ure gelede | Weer

Ronelle Rademeyer - Die 2018-’19-reënseisoen sal vir die oorgrote deel van die land in die geskiedenisboeke opgeteken staan as van die droogste in menseheugenis.Die statistiek...

Katrina se lot gou bepaal

11 ure gelede | Howe

Denver Kisting – Onder gewone omstandighede is die staat se verantwoordelikheid om skuld bo redelike twyfel te bewys.In die geval van die oudgoewerneur van die...

Regstelling oor Zenobia Kloppers

11 ure gelede | Kuns en vermaak

Republikein het gister verkeerdelik berig Zenobia Kloppers, die bekende Namibiese aktrise en sanger wat die hoofrol in die rolprent Fiela se kind losgeslaan het, is...

Minder studente ondersteun

11 ure gelede | Ministeries

Augetto Graig - Die nuus dat bestaande en voornemende studente minder finansiële steun gaan ontvang, is ’n teleurstelling. So sê me. Ester Simon, president van...

Lodge heropen binnekort vir Visrivier-voetslaners

11 ure gelede | Toerisme

Namibia Wildlife Resorts (NWR) se Hobas Lodge het vroeg Februarie kitsvloede ervaar wat tot skade gelei het, maar die lodge sal op 1 Junie weer...