Dakar-sege binne Toyota se bereik
Motorsport
Johann Verster - Die Suid-Afrikaans geboude Toyota Hilux-Dakar-bakkie staan op die drumpel van 'n 2019-Dakar-oorwinning nadat die span sy voorsprong Dinsdag met agt tiendes met nog sowat 16 minute vergroot het.
Die gaping tussen Nasser Al-Attiyah en sy naaste teenstander, die Mini-jaer Stéphane Peterhansel, het ná sneltrajek agt tot bykans 'n uur gerek. Die Mini-jaer Nani Roma is nou tweede algeheel en 46:29 agter die Toyota, terwyl die Peugeot-jaer Sebastien Loeb, wat Dinsdag se agtste sneltrajek gewen het, 16 sekondes agter die Mini in die derde plek algeheel is.
Ná 'n gemengde wegspring met motors, motorfietse en vragmotors deurmekaar, het Dinsdag se sneltrajek, die agtste uit die 2019-Dakar se tien skofte, die jaers van Peru se woestynkus aan die Stille Oseaan, kuslangs van die dorpie San Jan de Marcona terug na die sandduine naby Pisco geneem.
Die voorste tien motors en motorfietse en die voorste vyf vragmotors in die ren het ingevolge hul algehele tydvolgorde weggespring en die sneltrajekgedeelte oor 359 km saam aangedurf.
Die wegspring was weer in mistige toestande, maar die kwik het later tot 40 °C gestyg nadat die ren begin en die deelnemers deur die woestyn gevorder het.
Die Mini-jaer Carlos Sainz het vroeg die voortou geneem, maar in die duine vasgeval wat die algehele voorloper, Al-Attiyah in sy Hilux, laat wegbreek het met sy naaste teenstander vir 'n oorwinning, Peterhansel, agter hom in sy stof.
Loeb (Peugeot), die Suid-Afrikaanse Dakar-koning Giniel de Villiers en nog 'n plaaslik geboude Hilux, en die Mini's van Jakub Przygonski van Pole en Nani Roma van Spanje, het almal in sy spore gevolg.
Die renvolgorde agter Al-Attiyah het kilometer vir kilometer gewissel, wat die Hilux-jaer in staat gestel het om die algehele gaping tot uiteindelik 46 minute te vergroot.
Al-Attiyah was tweede agter Loeb oor die sneltrajek se wenstreep, maar het nogtans sy algehele voorsprong vergroot teenoor Roma, Loeb en Peterhansel (Mini), wat die Toyota-jaer se grootste teenstand in die eerste helfte van die ren was.
Toyota is nou senutergend naby aan sy eerste Dakar-oorwinning sedert De Villiers, wat die eerste Dakar in Suid-Amerika in 2009 in 'n VW Amarok gewen het, in 2012 die eerste keer agter die stuur van 'n Hilux begin jaag het.
Intussen het die Suid-Afrikaanse motorfietsjaers ook nog deurgedruk agter die algehele voorloper, Ricky Brabec, wat uitgeval het nadat sy Honda se enjin die tweede jaar ná mekaar die gees gegee het. Dit het Toby Price (KTM) die voortou laat neem, gevolg deur Pablo Quintanilla (Husqvarna) en die KTM's van Sam Sunderland en Matthias Walkner.
Ander motorfietsnuus was dat Ross Branch van Botswana in die 12de plek gejaag het met Kenny Gilbert van Pretoria in die 19de plek op sy Husqvarna.
Walkner het egter die sneltrajek voor Price afgerokkel, gevolg deur Sunderland en die Amerikaanse jaer Andrew Short (Husqvarna), hoewel Quintanilla Dinsdagoggend ver agtertoe weggespring en in die tweede plek teen die stophorlosie gejaag het.
Die Suid-Afrikaanse Dakar-nuwelinge Shameer Variawa en Zaheer Bodhanya was Dinsdag ook nog agterlangs aan die gang nadat hulle vele terugslae in al sewe die eerste sneltrajekte wonderbaarlik oorleef het. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie