'Dagga loon boere meer as mielies, suikerriet'

SA ontwikkel meesterplanne vir verbouing

27 August 2019 | Landbou
Riana de Lange



Die Suid-Afrikaanse regering wil teen Oktober konsepplanne reg hê vir hoe die hennep- en dagga-sektore in die land ontwikkel kan word, veral vanweë die werkskeppingspotensiaal wat grootskaalse verbouing daarvan sal inhou, sê Busani Ngcaweni, hoof van beleid en navorsing in die presidensie.

Dit is een van die ekonomiese sektore waar konsep-meesterplanne ontwikkel word omdat daar genoeg bewyse is van hoeveel werk dit in veral landelike gebiede kan skep, het Ngcaweni verlede week op 'n konferensie in Sandton gesê.

Internasionale kenners sê Afrika se daggabedryf kan teen 2023 jaarliks meer as $7,1 miljard werd wees as wetgewing daarvoor in die vasteland se grootste markte van krag word.

Prohibition Partners, wat wêreldwyd gemeen­skaps- en kommersiële geleenthede in die daggabedryf wil ontsluit op grond van betroubare data en navorsing, sê Suid-Afrika en Nigerië is potensieel die vasteland se twee grootste waardemarkte wat teen 2023 onderskeidelik $667 miljoen en $75 miljoen werd kan wees as dit wyd vir medisinale en ontspanningsgebruik toelaatbaar sal wees.

Dié inligting is vervat in die African Cannabis Report, die eerste gedetailleerde verslag oor die voordele vir die vasteland uit die wettiging van dagga. Luidens die verslag, wat in Maart gepubliseer is, is vyf van die wêreld se top-30 daggaverbruikslande (in die ouderdomsgroep 15-64 jaar), in Afrika: Nigerië, Zambië, Egipte, Madagaskar en Sierra Leone.

Die verslag sê die Wêreldgesondheidsorganisasie skat Suid-Afrika is die derde grootste produsent ter wêreld met 'n geraamde 900 000 daggaboere, bo en behalwe 'n geraamde 350 000 tradisionele genesers wat ook dagga kweek. Suid-Afrika word ook beskou as 'n land met 'n geskikte klimaat vir die kweek van dagga, veral die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal.

Volgens Landbou.com is die Landbounavorsingsraad (LNR) gereed om sy hennepkultivars kommersieel te verbou sodra wetgewing gereed is. Proeflopies het die beste in die Oos-Kaap en die Wes-Kaap gevaar.

Die riglyne vir die kommersialisering van hennep in Suid-Afrika moet deur die regering goedgekeur word én openbare raadpleging moet ook nog plaasvind, berig Landbou.com.

Prohibition Partners verwys na 'n verslag van die Verenigde Nasies wat Suid-Afrika se jaarlikse daggaproduksie op 2 500 ton raam en wat nog kan groei. Die Suid-Afrikaanse regulatoriese owerheid vir gesondheidsprodukte het onlangs die eerste lisensie vir die kweek van medisinale dagga goedgekeur.

Daar is bewys dagga as gewas is lonender as mielies en suikerriet, sê Prohibition Partners. Volgens prof. Mzukisi Qobo, 'n medeprofessor aan Wits se sakeskool, en Wandile Sihlobo, hoof­ekonoom van die landbousakekamer Agbiz, het baie Afrika-regerings dagga-regulasies verslap om landelike ekonomiese groei te bevorder en werk te skep. In Lesotho het die groeivooruitsigte ná wettiging al tot buitelandse beleggings gelei.

Prohibition Partners sê data van New Frontier raam Suid-Afrika het 'n $1,2 miljard-mark vir dagga en verwante produkte. Buiten vir laeinkomsteverbruikers, is daar potensiaal aan die bokant van die mark vir eetbare produkte (soos daggapizza), drankies wat dagga in het, essensiële olies, mediese dagga en tekstiel.

– Netwerk24

Soortgelyk

 

Teko-trio vrygespreek

10 ure gelede | Howe

Ronelle Rademeyer - Die sakevrou, me. Teckla Lameck, en haar twee vennote, mnre. Yang Fan en Jeroboam (Kongo) Mokaxwa, is vanoggend in die hoërhof in...

Moenie polisie-, weermaglede verfilm nie

21 ure gelede | Regering

Die ministerie van verdediging het lede van die publiek gewaarsku om nie foto’s of video's van lede van die Namibiese polisie of die weermag (NDF)...

Dokters wis nie van voorskrifte

21 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht Geen amptelike kennisgewing is aan lede van die twee grootste verenigings vir dokters in die land uitgestuur oor die herske­dulering van medikasie, insluitende...

Regering kry skuld vir SOE-gemors

21 ure gelede | Regering

Denver Kisting Die regering is 'n swak aandeelhouer.Só het die adjunk- uitvoerende direkteur van staatsdiensondernemings, me. Louise Shixwameni, gister op die ontbytprogram Good Morning Namibia...

Teenstropery: 280 polisielede veg saam

21 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg Altesaam 280 polisielede van oraloor die land word in teenstropingseenhede op 'n driemaandelikse roteringsbasis in die Palmwagkonsessie en die Etosha en Bwabwata Nasionale...

Meer as N$350 000 se goedere kry voete

21 ure gelede | Misdaad

Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het skelms Woensdag om 14:00 die venster van 'n voertuig in Windhoek se noordelike nywerheidsgebied stukkend geslaan. Die insittende...

Weer vir 18 September

21 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Baie warm toestande sal oor die binneland voortduur.BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en bloedig warm in die Suide, andersins sonnig en baie tot bloedig warm.KUS: Bewolk...

Konferensie fokus op gehalte-onderrig

21 ure gelede | Onderwys

Die Nasionale Raad vir Hoër Onderrig het, in vennootskap met die Namibiese Kwalifikasie-owerheid en die Universiteit van Namibië (Unam), die Universiteit van Wetenskap en Tegnologie...

'n Kolwyntjie vir Nadine

21 ure gelede | Plaaslik

Tanja Bause'n Elfjarige meisie van Windhoek het verlede jaar tydens die Internasionale Dansfees in Suid-Afrika stof in ander deelnemers sê oë geskop, en is hard...