Dagboek vir die landbouer

03 December 2019 | Landbou
KURSUS OOR ­DROëLANDGEWASSE

Agra ProVision bied vandag en môre 'n kursus oor beste ­praktyke vir droëlandgewasse in ­Windhoek aan. Grondvoorbereiding en ­intergewasse sal onder meer bespreek word. Die kursus is van 08:00 tot 16:30 en beloop N$1 500 per persoon. Kontak Agra Pro­Vision by 061 290 9208 of apv­[email protected]



MALTAHöHE BV HOU MAKIETIE

Maltahöhe BV hou hul jaarafsluiting môre by John en Nicky Steyn se Tsauchab River. Dit begin om 09:00 en eindig die middag van 5 Desember. FNB is die hoofborg. Ander borge is Agra, Marsh Namibia, Namib Rand Nature Reserve, Santam en Feedmaster. Outdoor Centre gaan veiligheid op plase bespreek. Daar sal ook 'n snelskietkompetisie met drie groot pryse wees. Die dagfooi vir nielede is N$250 per persoon en almal is welkom. Kontak [email protected] of [email protected] vir meer inligting.



ARIAMSVLEI BV HOU AFSKEID

Ariamsvlei BV hou hul ­jaarafsluiting op 6 Desember 2019 om 18:30 vir 19:00 in die Samekomssaal te Ariamsvlei. Heerlike steakbraai en dans die aand. Kontak Riaan of Mariëtte Fourie by 081 211 3418 of [email protected]

WITVLEI BV SE LAASTE ­LEDEVERGADERING

Witvlei BV hou hul laaste ledevergadering op 7 Desember om 17:00 in die Boerehuis op Witvlei. Na afloop van die vergadering vind hul jaareindfunksie plaas. Kontak Renda Grobbelaar by 081 304 1299 vir meer inligting.



STEINHAUSEN BV HOU AFSKEID

Steinhausen BV hou 'n ­algemene jaarvergadering en afsluiting op 7 Desember om 14:00 op die plaas Damara. Insp. Herman van Wyk sal misdaadtonele bespreek. Kontak Monika Rumpf by 081 333 1113 of [email protected] vir meer inligting.



KERSMARK

'n Kersmark word op 14 en 15 Desember by die Goanikontes Oasies (sowat 40 km buite Swakopmund, anderkant die plotte) gehou. 'n Groot verskeidenheid ­produkte word aangebied en mense wat belangstel om hul produkte uit te stal, kan stalletjies teen N$150 per stalletjie huur. Kontak ­Jeanette by 064 405 976/9 of [email protected]



OUJAARSDANS OP WITVLEI

Witvlei BV hou 'n Oujaarsdans op 31 Desember om 19:00 by die Boere­huis te Witvlei. Kontak Renda Grobbelaar by 081 304 1299 vir meer inligting.

Soortgelyk

 

Eksamen 'nie 'n mooi prentjie'

8 ure gelede | Ministeries

Henriette LamprechtNet drie uit meer as 400 mediese studente het 'n onlangse eksamen vir internskappe geslaag.Die betrokke eksamen word deur die Raad vir Gesondheidsberoepe (HPCNA)...

Ou liefde roes nie

8 ure gelede | In beeld

Op 31 Januarie vanjaar het tannie Igna (78) en oom Piet (84) Liebenberg 61 jaar gelede in die NG kerk op Mariental ewige trou aan...

Waarskuwing dat Kunene dalk oorstroom

8 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh - Gemeenskappe wat teenaan die Kunenerivier woon, is gister teen moontlike oorstroming gewaarsku.Dit omdat die rivier by Ruacana teen 1 136,7 m³/s gevloei...

Kalender 14 Februarie

8 ure gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Joe’s Beerhouse bied vanaand ‘n Valentynsgeleentheid aan. Komplimentêre sjokolade sal uitgedeel word, en ‘n professionele fotograaf sal jou en jou metgesel...

DHPS hou makietie

8 ure gelede | Kuns en vermaak

Die Deutsche Höhere Privatschule hou op Saterdag 29 Februarie ’n Career Fair and Summer Festival.Die loopbaanekspo, voorheen bekend as Opedag, gaan hierdie jaar ‘n nuwe...

Paratus en stadsraad stamp koppe

8 ure gelede | Regering

Yolanda Nel - Werknemers van die telekommunikasiemaatskappy Paratus wat gister besig was om gate in die hoofstad te grawe om veselkabelverbinding aan te lê, moes...

Weer, Vrydag 14 Februarie 2020

8 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm tot bloedig warm in die Suidweste en Noord­ooste. Elders gedeeltelik bewolk en warm tot bloedig warm met enkele tot geïsoleerde...

Namibiese dramaturg keer triomfantelik terug

8 ure gelede | Kuns en vermaak

Ná hy vyf jaar van die toneelwêreld afwesig was, het hy nou sy eerste politieke hofdrama met ‘n satiriese inslag voltooi. Die ironies getitelde drama...

Andeline vat ‘n kans op liefde

8 ure gelede | Kuns en vermaak

Yolanda Nel Die skoonheidskoningin Andeline Wieland waag ‘n kans om haar mnr. Reg te vind. Sy gaan vir sy liefde meeding op die nuutste seisoen...