Dagboek vir die landbouer

10 January 2017 | Landbou
NLU-Agri-braaikompetisie

Die NLU-Agri-braaikompetisie vind vanjaar op 24 en 25 Maart op die plaas Bitterwasser by die Bitter­wasser Lodge plaas. Uhlenhorst Boerevereniging (die 2016-braai­kampioen) sal die gasheer wees.

Meer inligting hieroor sal binnekort bekend gemaak word. Vir voorlopige navrae, kontak gerus vir Hoekus van Niekerk, 063 265336 of 081 128 3511, of Corrine by 081 358 2299.



Nampo-oesdag

Graan SA se 51ste Nampo-oesdag vind vanaf 16 tot 19 Mei by Bothaville plaas. Die 50ste Nampo-oesdag het te midde van stram landboutoestande meer as een rekord in 2016 laat spat. 'n Rekordgetal van 75 116 besoekers het dit bygewoon, terwyl 'n totaal van 685 uitstallers deelgeneem het – die meeste nog. Dié topbywoningsyfer het alle verwagtinge oortref en positiewe terugvoer van uitstallers het bevestig dat goeie sake gedoen is.



Windhoek Landbouskou

Vanjaar vind die Windhoek Skou vanaf 29 September tot 7 Oktober plaas.



Aldam Vleisbeesskool

Die jaarlikse Aldam Vleisbees­skool word vanjaar weer vanaf 17 - 20 Oktober by Aldam tussen Bloem­fontein en Kroonstad aangebied.

Soortgelyk

 

'n Lewe gekenmerk deur vaste beginsels

2 dae gelede | Mense

Estelle de Bruyn - 'n Ryk en vol lewe, 'n lewe wat gekenmerk is deur vaste beginsels, iemand wat hom nooit laat voorskryf het deur...

Ya Toivo: Tyd vir groet breek aan

2 dae gelede | Mense

Roubeklaers en hoëlui het hulle plekke ingeneem by die Onafhanklikheidstadion in Olympia waar die gedenkdiens vir die vryheidstrydikoon mnr. Herman Andimba Toivo ya Toivo nou...

Lloyd Zandberg: Midas-Hofnar

2 dae gelede | Kuns en vermaak

BL3: Die Ventertjies en Heidi kom kuierBL8: Sit vonkel in jou strompel

Jooste: 'SOE's se wittebrood is verby'

2 dae gelede | Vervoer

Francoise Steynberg - Die minister van staatsondernemings (SOE's), mnr. Leon Jooste, het dit gistermiddag duidelik gestel dat korrupsie by regeringsmaatskappye nie geduld sal word nie....

Resessie wurg Namibië

2 dae gelede | Maatskaplik

Jo-Maré Duddy - Die ekonomie wat in die eerste kwartaal vanjaar sowat N$750 miljoen armer was as in dieselfde drie maande in 2016, het Namibië...

Kalender 23 Junie

2 dae gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Pak vandag ’n piekniekmandjie en raak deel van die eerste WINE ON TAP by die MegaCentre in Windhoek. Daar gaan onbeperkte...

Tronkmoord: trio gevonnis

2 dae gelede | Howe

Jacqueline Louw - In ’n uitspraak wat gister in die hoërhof in Windhoek gelewer is, het regter Dinnah Usiku vir Herman Rukero (28), Benedictus Afrikaner...

Kabinet besluit teen invoer van gevaarlike afval

2 dae gelede | Regering

Augetto Graig - Die kabinet het tydens hul onlangse vergadering besluit om die invoer van gevaarlike afval van ontwikkelde lande teen te staan.Dít deur die...

Weer vir 23 Junie

2 dae gelede | Weer

BINNELAND: Aanvanklik gedeeltelik bewolk en koud in die oggend oor die //Kharasstreek, maar later sonnig en matig. Elders sal dit sonnig en matig tot warm...