Dagboek vir die landbouer

23 March 2021 | Landbou
MALTAHÖHE BV

Die Maltahöhe Boerevereniging kom môre om 10:00 op die plaas Kachauchab van Christian en Theone Otte byeen. Die tema vir die dag is “Boerderypraatjies – Wat werk vir my”, waar Christie van der Merwe sal vertel hoe hy sy kampe elektrifiseer. Leon Lubbe en Bartie Burger gaan oor weidingverbetering ná die lang droogte gesels. Meld aan by Christian Otto by [email protected] of by die sekretaris by [email protected]

KAISERSTRAAT BV

Die Kaiserstraat Boerevereniging vergader môre om 17:00 in die NLU se raadsaal in Windhoek. Almal is welkom. Kontak Gerda van der Westhuizen by 081 127 2806 vir meer inligting.

KARIBIB BV

Die Karibib Boerevereniging hou op 27 Maart om 16:30 sy algemene jaarvergadering op die plaas Gamikaub van Cash van Wyk. Die program begin vroeër om voorsiening te maak vir die aandklokreël om 22:00. Alle lede word versoek om dit by te woon. Vir verdere navrae, kontak Doris Gladis by [email protected]

AKKERBOUERS SE JAARVERGADERING OM DIE DRAAI

Die Akkerbouprodusentevereniging (APV) hou op 14 April sy jaarlikse

ledevergadering op Grootfontein. Dit word deur ’n inligtingsessie gevolg. Meer inligting hieroor sal aan lede gestuur word.

FEEDMASTER HOU ’N VELDBEESDAG

Moet nie die inligtingsdag oor veldbeeste op 13 April by die Agra Ring en Windhoek, en op 15 April by C’est si Bon-hotel op Otjiwarongo misloop nie. Dr. Joggie Briedenhann is een van die sprekers. Dit word deur Feedmaster aangebied. Bel Dawid Krause by 081 124 9415 vir meer inligting.

Soortgelyk

 

Robberts bly in aanhouding

10 ure gelede | Howe

Erwin Leuschner – Die 36-jarige mnr. Daniel (Danie) Robberts bly in aanhouding nadat hy na bewering sy vriend, mnr. Thomas Frederick (Frikkie) van Schalkwyk (69),...

Inentings: Namibiërs wag en kyk

10 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – ’n Wag-en-kyk-benadering en voorkeur vir spesifieke entstowwe is van die redes vir die trae reaksie tot die ministerie van gesondheid en maatskaplike...

Living a purposeful life

10 ure gelede | Mense

Rivaldo Kavanga“I would advise the youth to relentlessly go after whatever they desire unlimited. In pursuit of long-term gains and not short term rather.” Ndakondja...

Weer vir 30 Maart 2021

10 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm in die verre suide en die Zambezi-streek. Elders gedeeltelik bewolk en warm met verspreide donderbuie. Wyd verspreide donderbuie in die...

Huishoudelike geweld gedy in Kavango-Wes

10 ure gelede | Misdaad

Die naweek is drie sake van huishoudelike geweld in die Kavango-Wesstreek by die polisie aanhangig gemaak. Vrydag om 05:00 het ’n 36-jarige man in die...

Running for those who can’t

10 ure gelede | Skole

In honour of cerebral palsy awareness month and as part of a school project, four learners from Windhoek Afrikaanse Privaatskool ran with children, parents and...

Windhoek kry eie ekonomiese plan

10 ure gelede | Regering

Augetto Graig – Die burgemeester van Windhoek, dr. Job Amupanda, sê die regering moenie terugstaan sodat die private sektor die nasie tot werkskepping en ekonomiese...

Ending the double shift system at schools

10 ure gelede | Onderwys

Rivaldo KavangaBet-el Primary School on Friday, 26 March 2021 received three classroom blocks and a storeroom from The Craton Foundation. The classrooms were donated to...

Mej. Namibië: Hier is die top-16

10 ure gelede | Gebeure

Die eerste ronde van die 2021 Mej. Namibië-skoonheidskompetisie het Saterdag in Windhoek plaasgevind waar die top-16-finaliste bekend gestel is.Die finaliste is Andeline Wieland, Shahida van...