Dagboek vir die landbouer
Dagboek vir die landbouer

Dagboek vir die landbouer

Ronelle Rademeyer
SLAGKURSUS AANGEBIED

‘n Slagkursus vir werkers in die jag-, slag- en vleisverwerkingsbedryf word vandeesweek aangebied en sal van 26 – 30 November herhaal word. Dit behels die teoretiese kennis en die praktiese implementering daarvan soos die sny van die karkas, die maak van word en die verplakking van vleis. Die praktiese gedeelte word by die nuut geboude slaghuis op plaas Krumhuk angebied en die teoretiese opleiding by die konferensiegeriewe van die Waldorf Skool in Windhoek.

Die opleiding word deur kenners in die onderskeie velde aangebied. Na afloop van die opleiding word sertifikate aan deelnemers uitgereik.

Die koste beloop N$1 500 persoon en deelnemers is self verantwoordelik vir akkommodasie in Windhoek. Vervoer van die Waldorf Skool na die plaas sal gereël word. Vir verdere besonderhede kontak vir Clemens Voigts by 081 815 0661, of [email protected].

SONOPPERS BYEEN

Sonop BV se lede vergader vandag om 14:00 in die BV-saal op die plaas Frauenhofen. Verteenwoordigers van Meatco en Efekto sal die lede toespreek. Vir verdere besonderhede, kontak vir Cheryll Pienaar by 062 563 189, [email protected].

ARIAMSVLEI VERGADER OOK VANDAG

Hierdie boerevereniging se ledevergadering vind vandag om 09:00 in die Ariamsvlei Samekomsaal plaas. Die kontakpersoon is Mariëtte Fourie (081 146 6505 of [email protected]).

KEETMANSHOOP SLU HOU JAARVERGADERING

Hierdie streekslandbou-unie hou Donderdag om 08:00 sy jaarvergadering by die Central Lodge op Keetmanshoop. Daar sal ‘n hommeltuigdemonstrasie deur Man’s World van Walvisbaai gehou word. Kontak vir Ernst Blaauw, [email protected], of Amelia van Rooyen by 081 678 6051, [email protected] vir meer besonderhede.

MALTAHÖHE HOU OOK LEDEVERGADERING

Maltahöhe BV hou Vrydag en Saterdag sy ledevergadering en jaarafsluiting by Büllsport. Op 23 November begin die program om 09:00 en die sprekers is Nicole Grünhert, wat oor die geologie van die Naukluft sal praat en Peter Bridgeford, wat oor die voëls van dié park gaan gesels. Om 18:00 word ‘n wynproe aangebied en ‘n chilli con carne-potjie gemaak, met DJ Stefan Peim wat vir die musiek sal sorg. Toegang vir nielede beloop N$200.

Op 24 November om 07:00 word met ‘n ontbyt afgeskop en om 08:00 word ‘n 4x4-toer op die Naukluft-plato aangebied. Die dag word om 18:00 met ‘n braai, musiek en dans afgesluit.

Om verblyf by Büllsport te reël, stuur ‘n e-pos aan [email protected]. Vir verdere besonderhede, kontak Ernst Sauber, 081 149 4963 of [email protected].

DAGBOEK DIE KARIBIB-VERGADERING

Karibib se boerevereniging hou Saterdag om 17:00 ‘n vergadering by Etusis Lodge. Vir verdere besonderhede, kontak vir Doris Gladis by 081 127 2180 of [email protected].

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!