Dagboek vir die landbouer

25 April 2017 | Landbou
Wildfees- en ­veiling vind dié naweek plaas

Die Outjo Wildsfees vind hierdie naweek by die Sophienhof Lodge buite Outjo plaas. Die wildsveiling, aangebied deur Du Preez Wild en die veilingshuis Agra, begin Saterdag om 12:00. Voornemende kopers kan egter al van 08:00 af registreer.



Keinab BV hou ­skietdag

Die Keinab Boerevereniging en Agra Safari Den hou hul 4de jaarlikse skietdag op 6 Mei by die BV-saal op plaas Groenrivier by Karasburg. Inskrywings open om 06:00 en die kompetisie begin om 08:00. Meer as N$30 000 se pryse kan gewen word. Vir verdere ­besonderhede, kontak vir Jaco van Niekerk by 063 683485, of vir Kobus Visser by 063 683491.



Winterskool neem droogte onder die loep

Helmeringhausen se boerevereniging bied die Winterskool vir die Keetmanshoopstreek op 17 en 18 Mei by die BV-saal op die dorp aan. Die tema is: “Hoe begin ek weer ná die droogte”. Die registrasiekoste beloop N$100 per person, wat 'n ete insluit, en slegs 150 inskrywings word aanvaar. Meld asb voor 30 April aan. Kontak vir Timm Miller by 081 207 0074 of [email protected], of vir Andre Coetzee by 081 128 7101 of [email protected]



Blumfelde bied boeredag aan

Blumfelde BV hou 'n boeredag op 24 Mei om 11:00 in die BV-saal. 'n Spreker uit Suid-Afrika sal oor hoë-digtheid beweiding praat.

Dit kos N$100 per person, waarby die middagete ingesluit is. Kontak vir Anthia Janse van Rensburg: 062 581043 of [email protected]

Soortgelyk

 

Werkersdag vanjaar op Eenhana gevier

2 ure gelede | Arbeid

Die viering van Internasionale Werkersdag op 1 Mei deur die Nasionale Unie van Namibiese Werkers (NUNW), sal vanjaar op Eenhana in die Ohangwenastreek geskied.Die tema...

Die SME Bank kry uitspraak

16 ure gelede | Howe

Jacqueline Louw – Regter Shafimana Ueitele het gister beslis dat die aansoek wat deur die topamptenare en direkteure van die SME Bank teen die Bank...

Transaksie met Chinese gestop

16 ure gelede | Ministeries

Estelle de Bruyn - Die ministerie van verdediging het in die vorige finansiële jaar ‘n bedrag van N$653 794 000 aan die tesourie terugbetaal.Dit ná...

Namibië laat die voete jeuk

16 ure gelede | In beeld

Dit is plekke soos Bloedkopje in die Namib, afgeneem deur Johann van Schalkwyk, wat Namibiërs se voete laat jeuk om hierdie langnaweek weer die...

ID4Africa in Namibië

16 ure gelede | Gebeure

Estelle de BruynNamibië is van vandag af tot Vrydag die gasheer van die derde konferensie oor identiteitsdokumente vir Afrika - ID4Africa. Die tema van vanjaar...

Jan Robbertze verloor sy stryd teen kanker

16 ure gelede | Mense

Een van die grondleggers van die Namibiese vleisuitvoerbedryf, mnr. Jan Robbertze, is Maandag­oggend in die ouderdom van 82 jaar in 'n aftreeoord in die Paarl...

Weer vir 26 April 2017

16 ure gelede | Weer

BINNHELAND: Miskolle aanvanklik, maar elders sal dit gedeeltelik bewolk en matig tot warm wees met enkele buie in die streke van Zambezi, Khomas en //Kharas.KUS:...

Kai Rust laat vaar derde borgtogpoging

16 ure gelede | Howe

Jana-Mari Smith - 'n Derde borgtogaansoek sou gister in die streekhof in Windhoek aangehoor word in die saak van moordbeskuldigde Kai Rust, wat al meer...

Gevangene ontsnap uit polisieselle

16 ure gelede | Misdaad

Tanja Bause Die 21-jarige mnr. Johannes Immanuel het tussen Vrydagnag en Saterdagoggend uit die polisie­selle op Omaruru ontsnap. Volgens adjunkkommissaris Erastus Iikuyu, van die Namibiese...