Dagboek vir die landbouer

11 September 2018 | Landbou
Dordabis se lede vergader

Hierdie BV hou ‘n ledevergadering Donderdag om 14:00 in die BV-saal. Die gassprekers is mnre. Andre Botes en Tobie le Roux. Kontak Christine Romeis by 061 231 230 of [email protected]

Swakara-bedryfsvergadering om die draai

Die Swakara-bedryfsforum hou sy jaarvergadering op 25 September om 08:00 by die Schützenhaus op Keetmanshoop. Om 18:00 vind die galadinee plaas waartydens die Goue Lam- en verskeie ander toekennings gemaak sal word. Die koste vir die galadinee beloop N$150 per persoon en produsente moet by Jenny (061 237 750), Jaco (061 290 9301) of Diolene (063 223 321) plek bespreek.

LPO en NLU hou kongres

Die LPO-kongres word vanjaar op 9 Oktober om 08:00 en die NLU-kongres op 11 Oktober by die Safari Hotel in Windhoek gehou. Die tema vir beide kongresse is: “Die vereiste en grondslag vir werkskepping en waardetoevoeging.”

Die amptelike opening van die NLU-kongres vind op 11 Oktober vanaf 08:00 – 10:30 as ’n ontbytgeselligheid ook by die Safari Hotel plaas en die openingspreker is die besturende direkteur van AgriBank, mnr. Sakaria Nghikembua.

Vooruitskouing vir landbou gedoen

Die Landbou-vooruitskouingskonferensie wat sedert 2012 elke twee jaar deur die NLU aangebied word, vind weer hierdie jaar op 10 Oktober by die Safari Hotel en Konferensiesentrum in Windhoek plaas.

Die hoofdoel van die konferensie is om 'n geleentheid te skep vir die landbousektor in die land om gesamentlike kwessies te bespreek, asook om inligting aan produsente te verskaf van wat in die toekoms verwag kan word in terme van die ekonomie, pryse en markte.

Die bespreking gaan fokus om idees wat groei in die landbousektor kan aanvuur.

Soortgelyk

 

NSFAF beperk finansiering

22 minute gelede | Onderwys

Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) sal eerskomende Vrydag ’n lys van 2 925 nuwe begunstigdes beskikbaar stel. Die byna 3 000 gelukkiges word...

Eis van miljoene ná miskraam

11 ure gelede | Howe

Ronelle Rademeyer - ‘n Vrou wat aanvoer sy het ‘n miskraam gehad nadat sy drie dae lank sonder kos en water in die polisieselle by...

Kuns tussen die wingerde

11 ure gelede | Byvoegsels

Ronelle Rademeyer - “Ek glo ’n goeie skildery ontstaan wanneer ’n bietjie talent en ’n groot klomp passie op die skilderdoek ontmoet.”Dit is hoe die...

Twee Namibiërs in SA hof oor diamante

11 ure gelede | Howe

Francoise Steynberg - Twee Namibiese mans het gister in die Bellville-landdroshof in Kaapstad in verband met die onwettige besit van 27 ongeslypte diamante verskyn. Mnr....

Live for the moments, not the milestones

11 ure gelede | Mense

Mariselle StofbergCarla van Zyl is the top medical student from the class of 2018 at the University of Namibia (Unam). This motivated, driven and passionate...

Musieklegende se stem stil

11 ure gelede | Kuns en vermaak

Lloyd Zandberg - Die geliefde Suid-Afrikaanse musikant, Brian Finch (72), het Sondag sy maande lange stryd teen kanker verloor.Finch en sy vrou, Marion, woon al...

Padgebruik al duurder

11 ure gelede | Infrastruktuur

Die Padfondsadministrasie (RFA) het ’n 4,3%-verhoging op padgebruik aangekondig, wat van 1 Mei af geld. Dit beteken tariewe by grensposte verhoog, asook tariewe op voertuie...

Weer vir 21 Mei 2019

11 ure gelede | Weer

BINNELAND: Mestal mooi weer en baie warm in die Noordooste. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm, maar koud in die...

Kragverspreider gedagvaar

11 ure gelede | Howe

Henriette Lamprecht – ’n Ma van Mondesa op Swakopmund dagvaar die Erongostreek se kragverspreider ná die dood van haar minderjarige dogter. Theonese Anthea Simon is...