Dagboek vir die landbouer

01 June 2021 | Landbou
Westelike Khomas BV vergader

Lede van die Westelike Khomas Boerevereniging vergader môre om 15:00 in die Harmonie Boereverenigingsaal.

Om aan te meld of 'n spreekbeurt te bekom, skakel Amanda Greeff by 081 259 6108 of Neels Dodds by 081 125 0000.



Landbouwerkgewers hou kongres

Die Landbouwerkgewersvereniging (LWV) se kongres vind plaas op Dinsdag 8 Junie 2021 om 08:00 by Arebbusch Lodge, Windhoek. Die tema is “Sukses met plaasarbeid”. Die registrasie kos N$450 en registrasievorms moes die NLU-kantoor reeds Vrydag bereik het.

Vir meer inligting, kontak Danie van Vuuren, hoofbeampte van die LWV, by 061 237 838 of [email protected]



Groot wildsveiling binnekort by Kalkfeld

Super Game en Okosongoro se jaarlikse Boma-wildveiling vind plaas op 12 Junie 2021 om 11:00 op die Plaas Okosongoro naby Kalkfeld.

Hierdie jaar word die gasverkopers, dr. Werner Rogl en Klawerberg Stud Game Breeders, verwelkom wat uitsonderlike Namibiese genetika bied. Die staatmakers Dirk de Bod van Dirk de Bod Safaris en Peter Clausen van Okosongoro Safari Ranch se wild sal oudergewoonte aan die bod kom.

Die veiling word ook aanlyn aangebied in samewerking met Meerkat Online – registreer nou by www.meerkatonline.co.za. Kontak Martinique Scott by [email protected] of 081 802 7672.



Kom skerp jou vleisproduksie kennis op

'n Vleisdag vind op 19 Junie in die Grootfontein Boereverenigingsaal plaas en die afskoptyd is 09:00.

Interessante lesings sal aangebied word. Dr. Jens Kähler deel sy kundigheid oor die voorkoming, identifisering en behandeling van skaap- en beessiektes tydens hoë reënvaljare in die GTO-streek. Mecki Schneider sal terugvoering gee oor 'n alter­natiewe vleisverwerkingsaanleg. Helmut Halenke maak voorstelle vir finansiële oorlewing en Colin Nott kom deel sy kennis oor herlewing- en bewaringsboerdery. Die koste vir die dag beloop N$100.

Meld aan by Willem Enslin by 081 230 5078 of Madelein 081 242 5456 voor 6 Junie 2021.

Soortgelyk

 

Sewe sterftes, 750 nuwe gevalle

2 ure gelede | Gesondheid

Die sterftesyfer skuif met sewe - twee in Windhoek en een elk in onderskeidelik Swakopmund, Grootfontein, Outjo, Gobabis en Rundu - op tot 912. Vandag...

Een dood, twee erg beseer in voorvalle van geslagsgeweld

5 ure gelede | Misdaad

‘n Vrou van 35 het op Okakarara gesterf nadat sy na bewering deur haar man aangerand is, terwyl ‘n jong man en vrou ernstige beserings...

Profeet TB Joshua sterf

11 ure gelede | Mense

Die bekende evangelis en filantroop, past. Temitope Balogun (TB) Joshua, is dood.Is het Saterdagaand, 'n week voor sy 58ste verjaardag, in Lagos, Nigerië gesterf, berig...

Polisieman in Kuisebmond doodgesteek

21 ure gelede | Misdaad

'n Konstabel wat by die polisiekantoor in Kuisebmond diens doen, is in die vroeë oggendure Saterdag dood nadat hy naby sy meisie se huis deur...

Ses sterftes stoot syfer oor 900, 480 nuwe gevalle

1 dag gelede | Gesondheid

Ses nuwe sterftes stoot die totale syfer vir Namibië oor die 900-kerf tot 905. Die sterftes is vier in Windhoek en een elk in Outjo...

Covid-19: Gevalle styg in 24 uit 35 distrikte

1 dag gelede | Gesondheid

Namibië bly in die kloue van ‘n nuwe brander Covid-19-infeksies.Gedurende die sewe dae tot Donderdag het nuwe gevalle in 24 van die land se 35...

22 sterftes, 596 nuwe gevalle

2 dae gelede | Gesondheid

Die Covid-19-verwante sterftesyfer vir Namibië skiet met nog 22 - 12 in Windhoek, twee in onderskeidelik Rehoboth en Walvisbaai, drie in Mariental en een elk...

Rehoboth soek strenger aandklok-monitering teen Covid

2 dae gelede | Gesondheid

Die United People's Movement (UPM) het die streeksbevelvoerder van die polisie in die Hardapstreek, komm. Andries van der Byl, gevra vir polisieversterkings op Rehoboth sodat...

Beesvleisforum vorder met abattoirplan

2 dae gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer – ’n Groep bekommerde beesprodusente wat ten alle koste Namibië se nismarkte in die buiteland vir die voortbestaan van dié bedryf wil beskerm,...