Dagboek vir die landbouer

25 June 2019 | Landbou
ProVision se veevoerkursus

Agra ProVision se mnr. Bertus Kruger bied ‘n kursus oor voervloei-beplanning tydens die droë seisoen aan. Berekening van die vereistes van veevoer, die aanpassing van lewendehawegetalle vir die beskikbare veevoer en nog meer sal bespreek word. Die eerste sessie het gister plaasgevind en ‘n tweede een word vandag (25 Junie) vanaf 17:30 tot 20:00 aangebied. Die geleentheid word by Agra Hyper in Windhoek gehou en kos N$250 per persoon. Verdere besonderhede is beskikbaar by Agra ProVision by 061 290 9802 of [email protected]

Verskeie geleenthede deur AgriBank

AgriBank se Agri-voorligtingsdiens bied die volgende aan: Lewendehawe-opleiding (weidingsbestuur, lekaanvulling en dieregesondheid) vanaf 25 tot 26 Junie om 08:00 by die DAPEES-kantoor op Otavi (kontak mnr. Wolfie von Wielligh by 081 280 3627). Dieselfde kursus word vanaf 26 tot 27 Junie by die DAPEES-kantoor op Gibeon aangebied en begin ook om 08:00. Kontak mnre. Erastus Ngaruka (081 286 2562) en Slava Motinga (081 256 7562).

AgriBank hou op 1 Julie om 08:30 by die Goba Lodge by Gobabis ‘n vergadering vir rolspelers. Kontak mnre. John Venter (081 230 6846) en Ngaruka. ‘n Lewendehawe-voorlesingsaand word dieselfde dag om 17:30 by die Goba Lodge aangebied, waarna ‘n lewendehawe-inligtingsdag vir landbouers op 2 Julie om 08:00 op dieselfde plek aangebied word. Kontak mnre. Venter en Ngaruka. Alle opleiding is gratis.

Dordabis BV hou ledevergadering

Dordabis Boerevereniging hou ‘n ledevergadering op 4 Julie om 14:00 in hul boerevereniging se saal. Gassprekers is Nampol se kommissaris Joseph Shikongo, asook mnr. Gerbie van Wyk van Windhoek Agricultural Wholesale. Vir meer inligting kontak me. Christine Romeis by 061 231 230 of [email protected]

Soortgelyk

 

Voortrekker: “Namibië nie ’n desperate land”

10 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht - ‘n Wêreldbekende omgewingsaktivis het nou ook sy stem by die oproer oor die skietdood van Namibië se ikoniese ou olifantbul, Voortrekker, gevoeg,...

Dís hoekom amptenare nie verhogings kry

10 ure gelede | Arbeid

Elvira Hattingh - Dit sal onverantwoordelik wees indien die regering salarisverhogings aan staatsamptenare toestaan kort ná ‘n noodtoestand weens droogte aankondig is en burgers vir...

Nadja Namibië se mooiste

10 ure gelede | In beeld

Mej. Namibie 2019, Nadja Breytenbach (middel), is Saterdagaand tydens ’n glansgeleentheid in die hoofstad gekroon. Haar eerste prinses is Julita-Kitwe Mbangula (links) en Johanna Swartbooi...

Weer vir 8 Julie

10 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en matig in die Suide, Ooste en Sentrale gedeeltes, andersins sonnig en warm tot baie warm. KUS: Gedeeltelik bewolk en koel tot warm...

/Khowese kry nuwe hoofman

10 ure gelede |

Mnr. Hendrik Ismael Witbooi is Saterdag by die Gibeon-nedersetting in die Hardapstreek as die /Khowese(Witbooi)-stam se negende hoofman (gaob) aangewys. Ismael volg die ontslape hoofman...

D-Dag vir Katrina

10 ure gelede | Howe

Denver Kisting – Die minister van onderwys, kuns en kultuur, me. Katrina Hanse-Himarwa, hoor na verwagting vandag of die hoërhof reken sy is skuldig aan...

Vrae oor RCC-salarisse

10 ure gelede | Vervoer

Augetto Graig en Ogone Tlhage - Byna 400 werknemers van die Paaiekontrakteursmaatskappy (RCC) wag in spanning om te hoor of hulle vadeesmaand betaal gaan word....

Die jeug is Namibië se grootste hulpbron

10 ure gelede | Gesondheid

Henriette LamprechtNamibië se jeugdige bevolking is die land se grootste hulpbron. Sou dié hulpbron nie doeltreffend ondersteun word nie, laat dit reusegapings in die produktiewe...

Dit raak warmer én kouer

10 ure gelede | Weer

Die European Centre for Medium-Range Weather Forecasts (ECMWF) sê die afgelope Junie was die warmste wêreldwyd sedert 1979. Volgens dié weerkundiges was wêreldwye temperature vir...