Dagboek vir die landbouer

14 February 2017 | Landbou
Braaikompetisie se tema

“Kalahari Karnaval”

Die NLU Agri Braaikompetisie vir 2017 sal op 24 en 25 Maart 2017 op die plaas Bitterwasser by die Bitterwasser Lodge aangebied word, met Uhlenhorst Boerevereniging as die gasheer.

Die tema is “Kalahari Karnaval”, en elke braaispan sal 'n heel slaglam kry om vir die beoordelaars voor te berei.

Namib Meulens sal 'n koekbakkompetisie en teetuin aanbied. Verder is daar 'n skyfskietkompetisie, meganiese bul waarmee rodeo gery kan word, 'n boogskietkompetisie, skattejag, en vermaak soos 'n spring­kasteel en waterglybaan vir die kleingoed.

Vir meer inligting, kontak vir Hoekus van Niekerk by 081 294 4676 of [email protected], of vir Corrine van Wyk by 081 358 2299 of [email protected]

Vir navrae oor uitstallers en borge, kontak vir Juliana Gericke by 063 265 336 of [email protected], en vir navrae oor verblyf, kontak vir Ronel Theron by 081 241 4552 of [email protected]



Winterskool weer aangebied

Helmeringhausen Boerevereniging bied die Verresuide Winterskool op 17 en 18 Mei in die BV-saal op dié dorp aan. Die tema is: “Hoe begin ek weer ná die droogte?"

Dit word aangebied in samewerking met die projekspan wat die Nasionale Weidingsbeleid implementeer.

Die sprekers is Leon Lubbe (weiveld), Cornelius van der Waal (satelliettegnologie), Bertus Kruger (veld-evaluasie), Jörn Miller (reënvalgrafiek en hoe lank dit vat om in volle produksie te kom), Joe Gaugler (hoe tref ek voorsorg, hoe hanteer ek my voerskuld, hoe kom ek weer op vol veegetalle), Johannes Motinga (mentorskap) en 'n ontluikende boer.

Dit kos N$100 per persoon en 'n ete is ingesluit. Slegs 150 inskrywings word aanvaar. Kontak vir Lizelle Murray voor 30 April by 063 283 309, of WhatsApp 081 719 5689 of e-pos [email protected]

Soortgelyk

 

Trump laat Amerika bloos oor 'Nambia"

13 ure gelede | Internasionaal

Pres. Donald Trump van Amerika het gister tydens ‘n vergadering met Afrikaleiers in New York na Namibië as “Nambia” verwys.Tydens die ontmoeting het Trump gesê:...

Ysterertsmyn dalk op Windhoek se voorstoep

23 ure gelede | Plaaslik

Ronelle Rademeyer - Gemeenskapsvergaderings word vandag by Neudamm en in Windhoek gehou vir insette oor die impak wat die beplande ysterertsmyn 50 km oos van...

Droogtenood in Suide al groter

23 ure gelede | Omgewing

Ronelle Rademeyer 'n Projek, onder aanvoering van die Keetmanshoop Streekslandbou-unie (SLU), is tans werksaam om dringend voer vir vee op meer as 50 plase in...

wenfoto by Hakos gekiek

23 ure gelede | Omgewing

Die wenner van die Insight Sterrekunde Fotograaf van die Jaar-kompetisie het sy foto in Namibië geneem. Die Rus Artem Mironov is vanjaar se algehele wenner­...

Nuwe stelsel veroorsaak chaos by lughawe

23 ure gelede | Plaaslik

Catherine Sasman Die ministerie van binnelandse sake en immigrasie sê dit het 'n korttermyn­oplossing gevind om die chaotiese­ vertragings by die Internasio­nale Lughawe Hosea Kutako...

Weer vir 21 September

23 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm. Winderige toestande word in die Noorde en oor die sentrale hoëgrond verwag. KUS: Gedeeltelik bewolk en matig...

'Noord-Amerikaners wil Namibië besoek'

23 ure gelede | Toerisme

Namibië is 'n toeristebestemming wat Noord-Amerikaners graag wil besoek.Só sê die besturende direkteur van Namibia Wildlife Resorts (NWR), me. Zelna Hengari, wat saam met die...

Tienermeisie steek baba glo in tas weg

23 ure gelede | Misdaad

Twee vroue, van wie een 'n skoolmeisie is, is Dinsdag in verband met die verberging van 'n geboorte in hegtenis geneem.OMUTELEVolgens die Namibiese polisie se...

Goeie nuus vir sekuriteitswagte

23 ure gelede | Arbeid

Augetto Graig - Die ministerie van arbeid, nywerheidsbetrekkinge en werkskepping het aangekondig sekuriteitswagte in Namibië moet van verlede Vrydag (15 September) af ten minste N$8,75...