Dagboek vir die landbouer

07 February 2017 | Landbou
Wilhelmstal-Okasise BV

Dié boerevereniging hou 'n ledevergadering vanmiddag om 16:00 in die BV-saal by Wilhelmstal. Kontak vir Maja von Reeken-Fug by 062 503 949 of [email protected] vir meer inligting hieroor.

Kursus in toegepaste dieregesondheid

Agra ProVision bied van vandag af tot Vrydag ‘n kursus in toegepaste dieregesondheid vir lewendehaweprodusente aan. Die onderwerpe sluit in aansteeklike siektes en entings, die handhawing van lewendehawegesondheid, minerale aanvullings, metodes van toediening en nog baie meer. Die kursus by die Agra Bank Windhoek Ring begin om 08:00 en duur tot 17:00. Vrydag se praktiese sessie word by Neudamm aanbgebied vanaf 08:30 – 17:00. Die koste beloop N$3 135 per persoon. Indien u in hierdie laat stadium nog wil aanmeld, skakel 061 290 9208.

Soortgelyk

 

Mnangagwa gesels oor sy planne met Zimbabwe

4 ure gelede | Afrika

Die nuwe Zimbabwiese president mnr. Emmerson Mnangagwa het vanoggend tydens sy besoek aan Namibië by Staatshuis oor sy planne vir dié land gepraat.Hy het gesê...

Oudminister Rosalia Nghidinwa sterf

9 ure gelede | Mense

Die voormalige minister van geslagsgelykheid en kinderwelsyn, me. Rosalia Nghidinwa, is Sondagaand omstreeks 23:00 in 'n Windhoekse hopsitaal dood, berig Nampa.Sy is van 'n hospitaal...

Trump ‘n walgwors, sê Nam

20 ure gelede | Plaaslik

Augetto Graig – Namibië het met “walging en besorgheid” kennis geneem van pres. Donald Trump van Amerika se beweerde verwysing na Afrikalande as ‘n “sh*thole”.“Sulke...

Dors dwing Reho om water te 'plant'

20 ure gelede | Regering

Dis elke tweede, derde dag so, talle kere per week. - Hildred van Wyk, inwoner

Weer, Maandag 15 Januarie 2018

20 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en baie warm in die Suide. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm wees. Enkele donderbuie word in die Noorde...

Dwelmnes op Omaruru oopgekrap

20 ure gelede | Misdaad

Die polisie het Vrydag ‘n 24-jarige man in Obasenstraat op Omaruru in hegtenis geneem nadat hy met ‘n spul dwelms betrap is. In sy besit...

Windhoek móét steeds water bespaar

20 ure gelede | Plaaslik

Jana-Mari Smith - Windhoek se waterowerhede is tevrede met die lae watergebruik tydens die vakansieseisoen, maar vra dat inwoners steeds by die besparingsteiken van...

Oktober-Desember se reëns vergelyk swak

20 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh – Dit blyk uit plaaslike reënsyfers dat die groter dele van die land tot dusver swakker as gewoonlik reënval tussen Oktober en Desember...

Laaste kans om in te skryf

20 ure gelede | Onderwys

Meer as 100 inskrywings is reeds ontvang in Shoprite Checkers se fotokompetisie vir graad 1-leerlinge wat vanjaar met hul skoolloopbane begin het.Inskrywings sluit vanaand om...