Dagboek vir die landbouer
Dagboek vir die landbouer

Dagboek vir die landbouer

Ronelle Rademeyer
Kongresse begin vandag

Die Lewendehaweprodusente-organisasie (LPO) se kongres met die tema “Voedselsekuriteit en die rol van die landboubedryf”, vind vandag by die Safari Hotel plaas. Môre bied die Namibië Landbou-unie (NLU) sy kongres aan, ook by dié venue. Die tema vanjaar is: “Landbou en die rol van die private sektor in NDP5”.

Agra ProVision bied weer kursusse aan

‘n Kursus in plaasinfrastruktuur vind vandag en môre vanaf 08:00 – 16:30 in Windhoek plaas. Dit word deur Frank Wittneben aangebied en kos N$2 330. ‘n Kursus in basiese kommersiële beesproduksie vind vanaf 16 – 18 Oktober (17:30 – 20:30) ook in Windhoek plaas en word deur Bertus Kruger aangebied. Dit kos N$2 875.

Vir meer besonderhede, kontak Kaarina Iita by 061 290 9208, [email protected].

Vleisbees-inligtingsdag by Gobabis

Nutri Feeds en Midwes Voere bied 'n vleisbees-inligtingsdag aan op 12 Oktober om 14:00 op Plaas St Blaize van Cobus en Angie van der Merwe. Dit is 30 km suidoos van Gobabis aan die C22 geleë. Onderwerpe van bespreking sluit in die optimale grootmaak van vervangingsdiere, voeding en bestuur van eerstekalf-koeie vir optimale produksie asook praktiese voer- en lekformulering. Die geleentheid is gratis en verdere besonderhede kan verkry word van Cobus van der Merwe by 081 272 3540, [email protected], Dean van Dyk by 081487 3389, [email protected] of Rooikop Potgieter by 081 128 2479, [email protected].

Boer Slim-slypskool vir boere, werkers

Amos Namibia bied vanaf 13 – 15 Oktober ‘n Boer Slim-slypskool vir boere en werkers aan. Die slypskool word gehou by die Emmanuel-kampterrein by Gobabis en kos N$800 per boer en N$250 per plaaswerker. Kontak Johan Deysel by 081 124 4466.

Kamanjabbers hou Oktoberfest

Kamanjab BV hou sy jaarlikse Oktoberfest op 21 Oktober om 18:00 by die BV-saal. Daar is egte Oktoberfest-musiek en kosstalletjies, kompetisies in mopaniestomp-saag, bierbeker-optel en baie meer. Groot pryse kan gewen word en toegeang beloop N$100 vir volwassenes en N$50 vir kinders. Kontak Willem Smith by 081 129 2835 of Flip Liebenberg by 081 127 6433.

Swakara herdenk 110 jaar

Die Swakara Bedryfsforum hou ‘n vergadering en vier sy 110de bestaansjaar op 31 Oktober op Keetmanshoop. Daar sal ‘n galadinee en modevertoning gehou word en op 1 November ‘n SBS Elite-ramveiling. Kaartjies vir die ete en modevertoning is beskikbaar by Esther van Zyl by 063 223 321. Vir enige verdere navrae kontak Jenny by 061 237750 of [email protected].

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!