Dagboek vir die landbouer

30 July 2019 | Landbou
Osire, Waterberg se boere vergader

Die Osire-Waterberg BV hou ‘n vergadering op 6 Augustus om 15:00 in die BV-saal. Die sprekers is Derick Strauss, Marius de Klerk, Frans Krone en Mac McLoud. Kontak vir Natasha McLoud by 067 303390, [email protected] vir meer inligting.

Summerdowners óók byeen

Summerdown BV hou ook ‘n vergadering op 6 Augustus om 15:00 in hulle BV-saal. Berni Hugo van Compack Packaging, ‘n natuurbewaarder en Richard Peens van Voermeester op Gobabis is die gassprekers. Kontak vir Rienie du Plessis by 062 561621 of [email protected] vir meer inligting.

Houtskoolbedryf hou reuse-ekspo by Otjiwa

Die Namibië Houtskoolvereniging (NCA) hou sy jaarvergadering en Biomassategnologie Ekspo op 9 Augustus by die Otjiwa Safari Lodge buite Otjiwarongo. Vir verdere besonderhede, kontak vir Roelien Coffee by 081 124 0081 of [email protected]

Grünau se winterskool om die draai

Die Grünau BV bied sy jaarlikse Winterskool op 15 Augustus in die BV-saal aan. Die program begin om 07:00 met registrasie en ontbyt. Vanjaar is die sprekers Ryno van der Merwe en Roelie Venter van die NLU, Pieter van Schalkwyk, Burre Burger en Pieter de Villiers.

Die dag word met ‘n steakbraai afgesluit. Registrasie beloop N$250 per persoon, waarby die ontbyt, middag- en aandete ingesluit is. Vir verdere besonderhede, kontak vir Sonia by 081 209 7959.

Skietkompetisie by Onder-Nossob aangebied

Die Onder-Nossob BV bied die 2019 skietkompetisie op 17 Augutus by die BV-saal aan. Inskrywings word gedoen op 16 Augustus die aand en vroeg die oggend van 17 Augustus. Dit koste beloop N$500 per persoon vir spanne van 4 lede en N$250 per persoon vir enkelinskrywings. Daar is ook geleentheid vir kinders onder 10 jaar om met ‘n .22-geweer te skiet. Kampering is beskikbaar teen N$100 per voertuig. Die prysuitdeling is om 18:00 op 17 Augustus en daarna word ‘n ete en dans aangebied wat N$150 per persoon kos. Kinders onder 13 jaar betaal halfprys. Vir inskrywings en navrae, kontak vir Jaco Olivier by 081 887 8405.

Kom leer van Nguni’s

Die Ngnuni Telersvereniging hou ‘n twee dag langer beginnerskursus op 20 en 21 Augustus op die plaas Teufelsbach ongeveer 40 km noord van Windhoek. Belangstellendes kan Thomas tot 31 Julie by 081 124 8400 of [email protected] om aan te meld kontak.

Westelike Khomas se lede vergader ook

Die boerevereniging van Westelike Khomas hou ‘n ledevergadering op 21 Augustus om 15:00 in die Harmonie BV-saal. Kontak vir Amanda Greeff by 081 2596108, [email protected] vir meer inligting hieroor.

Soortgelyk

 

Boete van N$100 000 vir ivoorsmokkelaar

10 ure gelede | Misdaad

'n Mosambiekse ivoorsmokkelaar, Bangorogile Motsokwe, is verlede Woensdag tot 'n boete van N$100 000 of tronkstraf van vier jaar gevonnis. Hy is skuldig bevind aan...

Britte se stem vandag is maak of breek vir...

12 ure gelede | Internasionaal

Die algemene verkiesing vandag in Brittanje baan die weg vir Brexit om deurgevoer te word. Dít is as Boris Johnson, premier en leier van die...

Shack Dwellers, NHAG to build houses at Rupara

23 ure gelede | Infrastruktuur

RUNDU – The Shack Dwellers Federation of Namibia and the Namibia Housing Action Group (NHAG) are going to construct 32 houses at Rupara settlement in...

Ministerie skors dokter ná skokkende bevalling

23 ure gelede | Plaaslik

Henriette Lamprecht Die dokter wat aan diens was tydens 'n normale bevalling in die Windhoek Sentrale ­Hospitaal toe 'n babadogtertjie onthoof is, is met onmiddellike...

Water-erosie dalk oorsaak van grondskeur

23 ure gelede | Plaaslik

Elvira HattinghDie skeur in die grond van sowat 20 km lank wat oos van Waterberg ná goeie reënneerslae verskyn het, is waarskynlik deur water-erosie veroorsaak....

Weer vir 12 Desember 2019

23 ure gelede | Weer

BINNELAND: Mooi weer en baie warm in die Suide. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie warm tot bloedig warm wees.KUS: Gedeeltelik bewolk en...

Vyf damme nie meer dolleeg

23 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh Vyf damme wat dolleeg was, het ná goeie neerslae verlede week water gekry. Dit beteken altesaam is daar nou 2,654 miljoen kubieke meter...

STEMFEITE: NOORDE EN NOORD-OOSTE

23 ure gelede | Politiek

Die infografiek wys in hoeveel van sy tradisionele vestings die regerende party 80%, 90% of meer van alle stemme verower het.

Moratorium op uitvoer van hout opgehef

23 ure gelede | Omgewing

Ronelle Rademeyer - Nagenoeg 100 000 stukke hout van bome wat wettig op plase in die twee Kavangostreke en Zambezi afgekap en opgesaag is, mag...