Dagboek vir die landbouer

06 March 2018 | Landbou
Wagyu kom Namibië toe



Die Wagyu Vereniging van Suid Afrika stel vandag die Wagyu-beesras aan Namibië bekend. Dit geskied by die Agra/Bank Windhoek Ring en sal van 09:00 – 13:30 duur. Toegang is gratis. Die sprekers is dr. Fanie Steyn, Brian Angus, dr. Michael Bradfield en Graham Truscott. Meld asb aan by Ivonne van Tonder by 0027 61 4084123, [email protected]



Summerdown hou ledevergadering

Die Summerdown BV se lede vergader vandag om 15:00 in die BV-saal. Corné Mostert van Virbac gaan aan die woord wees, asook Louisa Richmond-Coggan wat oor luiperds op plase sal praat. Kontak vir Rienie du Plessis by 081 285 2169 of [email protected]



Akkerboudag by Grootfontein aangebied

Die Grootfontein Boerevereniging bied Saterdag 'n akkerboudag aan wat om 08:30 op die plaas Venus van Klaas Malan begin. Die dag word gewy aan meganisasie en tegnologie en is propvol interessante demonstrasies. Kontak vir Klaas by 067 242094/ 081 124 0463/[email protected] jy dit gaan bywoon.



Onthou Karibib se ledevergadering

Hierdie boerevereniging vergader Saterdag om 17:00 op die plaas Ukuib. Die gasspreker is dr. Louisa Richmond-Coggan wat oor die nasionale luiperdsensus sal praat. Kontak vir Doris Gladis by 061 237400, [email protected]



Windhoek SLU kom byeen

Hierdie streekslandbou-unie hou 'n vergadering op 12 Maart om 08:30 in die NLU se raadsaal in Windhoek. Verdere besonderhede is bekombaar by Marianne Seifert by 062 581650, [email protected]



Pluimveeprodusente trek saam

Die Pluimveeprodusentevereniging (PPV) bied op 15 Maart sy jaarlikse ledevergadering en inligtingsdag vir bestaande en opkomende pluimvee-/eierprodusente aan. Dit word in die raadsaal van die Namibië Landbou-unie (NLU) in Windhoek gehou.



Die sprekers sluit in dr. Sean Wisdom van C4 Africa oor die voorkoming van voëlgriep, Hannes Koekemoer van Feedmaster oor programme vir die ontwikkeling van klein- en mediumskaal ondernemings en James Roux, 'n plaaslike eierprodusent, oor stappe wat geneem is in die bedruf om selfonderhoudend te word.

Aanmelding vir die geleentheid is verpligtend. Omdat sitplekke beperk is, sal dit streng toegepas word. Stuur 'n e-pos na [email protected] voor 13 Maart 2018.

Soortgelyk

 

Plastieksakke uit nasionale parke verban

17 ure gelede | Omgewing

Die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, het plastieksakke uit alle nasionale parke in die land verban. Die minister het gemaan geen...

Nampol-beamptes skuldig aan nalatigheid

18 ure gelede | Misdaad

Twee senior polisiebeamptes wat intern ondersoek is vir hul beweerde nalatigheid om betyds te reageer in ‘n saak waarin ‘n 18-jarige vyf familielede vroeër vanjaar...

Ollies les hul dors

1 dag gelede | In beeld

Namibiërs in die Zambezistreek kan vandag na verspreide donderbuie uitsien, terwyl dié elders in die binneland vir eers nog met enkele tot geïsoleerde buie tevrede...

Ekonomie: Hou sand uit wiele

1 dag gelede | Politiek

Ronelle Rademeyer Dubbele belasting, soos belasting op dividende en belasting op kapitaalwins is immoreel en gaan nié die ekonomie laat groei nie.'n Ekonomie is die...

PS'e binnekort nié permanent

1 dag gelede | Regering

Denver Kisting - As beplande wetgewing deurgevoer word, is PS’e binnekort nie meer “permanent” in die tuig nie.Hiernaas sal dié rekenpligtige beamptes van ministeries ook...

Gróót regshervorming binnekort op pad

1 dag gelede | Ministeries

Denver Kisting – Die werksaamhede van die land se howe word deur verskeie uitdagings gekortwiek.In die lig van hervorming wat die minister van justisie, mnr....

Ongelukke: Namibië 45ste op wêreldranglys

1 dag gelede | Ongelukke

Padongelukke kos Namibië jaarliks N$1,3 miljard en is die oorsaak van 3,76% van die land se totale sterftes.Dié skokkende syfers is Dinsdag namens die minister...

Weer vir 23 November 2018

1 dag gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en bloe­dig warm in die ||Kharasstreek en die Weste. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm wees met enkele...

Weer, Donderdag 22 November 2018

1 dag gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en baie tot bloedig warm in die //Kharasstreek. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm wees. Enkele donderbuie word in...