Dagboek vir die landbouer
Dagboek vir die landbouer

Dagboek vir die landbouer

Ronelle Rademeyer
Agra ProVision bied kursus aan

Agra Provision bied vandag en môre 'n kursus in diereboerdery in ­Windhoek aan en die koste beloop N$3 250. Vir verdere besonderhede, kontak vir Kaarina Iita by 061 290 9111 of [email protected].



Leer plant op Hochfeld

Hochfeld Agri bied môre en Donderdag 'n plantkursus op Hochfeld aan. Die kursus sluit 'n praktiese sowel as teoretiese aanbieding in. Vir verdere navrae kan Daleen Swanepoel gekontak word by [email protected] of 062 549 101.



Houtskoolbydryf vergader

Die jaarlikse konferensie, ekspo en ledevergadering van die Namibië Houtskoolvereniging (NCA) vind plaas op Vrydag 11 Augustus by Otjiwa Lodge buite Otjiwarongo. Alle lede, belanghebbendes en belangstellendes word hartlik uitgenooi om te registreer vir die konferensie wat om 08:00 begin en afsluit met 'n ete om 13:00.

Registrasiegelde beloop N$200 per persoon (middagete ingesluit). Persone of instansies wat hulle dienste en produkte wil bekend stel, kan uitstalruimte bespreek teen 'n koste van N$500 per stalletjie. Kontak vir Roelien Coffee by 067 304 220 of [email protected].



Varkprodusente hou ­inligtingsdag

Die Varkprodusentevereniging se jaarlikse ledevergadering vind op 15 Augustus om 08:00 in die NLU-raadsaal plaas. Dit word gevolg deur 'n inligtingsessie om 09:30. Die tema is “Voer die wêreld: 'n Langtermyn benadering”. Aanmelding is verpligtend aangesien sitplekke beperk is. Kontak vir Rina Hough by die NLU se kantoor by 061 237 838 of ­­rina­@­agrinamibia.com.na.



Beefmasters bied ­keurderkursus aan

Die Beefmaster Telersgenoot­skap bied 'n junior keurderkursus aan op 17 Augustus om 08:00 op die plaas Wagnou aan die C22 noord van Gobabis. Die koste beloop N$500 per persoon, waarby etes, verversings, die kursusmateriaal en die amptelike sertifikaat ingesluit is. Vir verdere navrae, kontak vir Kobus Human by 081 124 8173 of [email protected] of Wagnou Boerdery by 081 320 1013 of [email protected].



Oeskoning word aangewys

Mnr. Gerhard Engelbrecht van die plaas Hoba in die Grootfontein distrik is aangewys as 2017 se ­Oeskoning met 'n fantastiese 9,7 ton per hektaar. Hy word gekroon tydens die jaarlikse Oesfees van die Grootfontein Boerevereniging op 19 ­Augustus 2017 by die skouterrein.

Die program sluit 'n aanbieding oor die weervooruitsigte vir die nuwe seisoen in. Ter ondersteuning van hierdie dag word borge benodig en instansies wat graag betrokke wil raak, kan die voorsitter van die Grootfontein Boerevereniging, mnr. Willem Enslin kontak by [email protected].



Kursus vir ­Meatmaster-beoordelaars

Die Meatmaster Telersgenoot­skap bied kursusse vir beginner-, ­junior- en seniorbeoordelaars aan op 24 en 25 Augustus op Stampriet in die ­BV-saal. Die aanbieder is Jean du Plessis en sy Suid-Afrikaanse span. Die koste beloop N$500 en 'n ­deposito is betaalbaar. Vir verdere besonderhede, kontak vir Malinda Steyn by 063 269 002, 081 333 2873 of [email protected].

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!