Dagboek vir die landbouer
Dagboek vir die landbouer

Dagboek vir die landbouer

Ronelle Rademeyer
Kom leer van van boerdery

Agra ProVision bied die volgende kursusse aan:

· Plaasinfrastruktuur (heinings) vandag en môre op Omaruru en op 10 en 11 Julie in Windhoek. Toegepaste dieregesondheid op 17 en 18 Julie in Windhoek.

· Lek en voer kursus op 17 en 18 Julie op Otjiwarongo.

Die kursusse duur van 08:00 – 16:30. Kontak Agra ProVision by 061 2909208, [email protected].

Boeredag by Summerdown

Hierdie BV hou ‘n boeredag onder die tema “Gesonde weiding en die verhoging van leisproduksie”. Dit vind op 5 Julie om 08:30 by die BV-saal op Summerdown plaas. Die sprekers is Johan Zietsman van Zambië wat oor ultrahoë drukbeweiding gaan praat, asook oor hoe om die regte beeste te teel. Gerhard Weber van Suid Afrika sal praat oor probiotika produkte vir gebruik in die lek. Meld aan by Rienie du Plessis by [email protected].

Ledevergadering by Dordabis

Dordabis BV hou Donderdag om 14:00 ‘n ledevergadering in die BV-saal. Afvalbestuur en ‘n moontlike herwinningsprojek op Dordabis sal bespreek word. Vir verdere besonderhede, kontak vir Christine Romeis by 061 231230 of [email protected].

Landboutegnologie Ekspo op Aranos

Hierdie BV bied Vrydag ‘n Landboutegnologie Ekspo aan. Die doel daarvan is om ‘n boeredag te hou vir die gemeenskap met die doel om landboutegnologie in boerderypraktyke nader aan die produsent te bring. Etes sal te koop aangebied word en die dag sal afgesluit word met 'n lekker winterdans. Kontak vir Jannie Booysen ([email protected], 063 272434), Gysbert Kirsten ([email protected], 063 275020) of Riëtte Coetzee ([email protected], 081 240 4355).

Simmentalerkursus by Günzels

Die Simmentalertelers van Namibië bied op 10 en 11 Julie ‘n beginners-/oriënteringskursus aan op plaas Bornholm van Kaspar en Stefanie Günzel by Grootfontein. Dit kos N$600 per persoon. Meld aan by [email protected].

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!