Dagboek vir die landbouer

15 October 2019 | Landbou
Witvlei hou ledevergadering

Witvlei BV hou 'n algemene ledevergadering môre om 15:00 in die ­Boerehuis op Witvlei. Afgevaardig­des sal terugvoering gee oor die Vooruitskouingskonferensie asook die afgelope kongresse van die Namibië Landbou-unie (NLU) en die Lewendehaweprodusente-­organisasie (LPO). Vir meer inligting, kontak me. Renda Grobbelaar by 081 304 1299 of [email protected]



Helmeringhausen

'n Dag van verootmoediging voor God word môre van 09:00 tot 16:00 by die boereverenigingsaal op Helmeringhausen gehou. Die sprekers is ds. Awie van Wyk van die Kalahari-bediening en mnr. Japie Borman van Botswana. Middagete is van 13:00 tot 14:15 en elke gesin bring 'n bord eetgoed saam. Kontak me. Lizelle Murray by 081 719 5689 vir meer besonderhede.



Veiligheidsdemonstrasie ­gekanselleer

Isap (Intelligence Support Against Poaching) se GEW Hensoldt ­SA-voorlegging en demonstrasie oor veiligheid is gekanselleer, wat op 21 en 22 Oktober op Ovita Ranch sou plaasvind.



Steinhausen vergader

Steinhausen BV hou 'n algemene vergadering op 23 Oktober om 15:00 op die plaas Steinhausen. Die gasspreker is mnr. Bertram Swartz van die direktoraat waterwese in die ministerie van landbou, water en bosbou. Kontak me. Monika Rumpf by 062 561 423 of [email protected] vir verdere besonderhede.

Soortgelyk

 

Valskerm-ongeluk eis Chinese vrou

5 ure gelede | Ongelukke

'n Valskerm-ongeluk het die lewe van 'n Chinese vrou, me. Ran Lei (33), Sondagmiddag geëis. Volgens die Namibiese polisie se weeklikse misdaadverslag het die voorval...

Frankfurt-vlugte het hervat

6 ure gelede | Vervoer

Air Namibia se vlugte na en vanaf Frankfurt in Duitsland het hervat.Die Airbus A330-200 is ná die vlerkskade tydens ‘n ligte botsing Saterdagaand by die...

Beserker slaan 2-jarige nefie na bewering met graaf dood

7 ure gelede | Misdaad

‘n Tweejarige seuntjie is vroeg Saterdagoggend dood toe sy 50-jarige oom hom na bewering met ‘n graaf aangeval het, terwyl ‘n driejarige meisie wat hy...

Man vas oor 'diamantsmokkelary'

7 ure gelede | Misdaad

'n Nambiese man is Vrydag in verband met diamantsmokkelary op die grenspos tussen Suid-Afrika en Namibië by Oranjemund in hegtenis geneem.Volgens die Namibiese polisie se...

Laat koppe rol - Jooste, SPYL

23 ure gelede | Politiek

Catherine Sasman - Stemme uit die regerende party dring toenemend aan dat diegene wat beskuldig word van korrupsie onder sy geledere verwyder word.Nadat die beleërde...

Gertze skiet glo vrou

23 ure gelede | Misdaad

Henriette Lamprecht – Die uitvoerende hoof van die Namibiese Kwalifikasieowerheid (NQA) het die naweek agter tralies deurgebring nadat hy na bewering sy vrou Saterdag in...

Namibiërs betoog oor korrupsie

23 ure gelede | Plaaslik

Tanja Bause - Meer as 200 mense van alle rasse en ouderdomme het Vrydag deelgeneem aan ’n teenkorrupsie-optog in Windhoek wat deur aktiviste gereël is....

VERKIESINGS 2019: PRESIDENSIËLE KANDIDATE

23 ure gelede | Politiek

McHenry VenaaniPopular Democratic Movement (PDM)McHenry Venaani is die leier van die amptelike opposisie en het in 2014 as mees suksesvolle opposisiekandidat 44 271 stemme (sowat...

Weer vir 18 November

23 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met 'n paar donderbuie oor die verre Noordooste, andersins gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm. Winderige...