Dag van Afrika-kind op Tsumeb gevier
Namibië sluit hom Vrydag by die res van die vasteland aan wanneer die Dag van die Afrika-kind gevier word. Vanjaar vind die feesvieringe op Tsumeb om 09:00 in die dorpsaal plaas. Dit word sedert 1991 jaarliks op 16 Junie gevier toe dit vir die eerste keer deur die Organisasie vir Afrika-eenheid inisieer is en het ten doel om dié te eer wat in 1976 op 16 Junie aan die Soweto-opstande deelgeneem het. Die dag gee voorts erkenning aan die komplekse behoeftes van kinders in Afrika, asook regerings op die vasteland se hernude toewyding om die regte van kinders te beskerm.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie