Daar is u2019n gat in Jan Publiek se kosbeursie
Daar is u2019n gat in Jan Publiek se kosbeursie

Daar is ’n gat in Jan Publiek se kosbeursie

Handel gaan veranderde kooppatrone voel
Kobus Laubscher
Dr. Kobus Laubscher - Amptelik daal hooflyn- en kosinflasie, maar die verbruiker bly aan die kortste end trek.

Swart Vrydag-verkope het ’n opwindende kant, maar die omvang van transaksies wat deur banke geweier is vir aankope met kredietkaarte, vertel ’n ander storie.

’n Bekende kettingwinkelgroep se onlangse aankondiging dat hy voedselaankope op krediet gaan toelaat, het hewige kritiek ontlok. ’n Appel nou, kan met rente oor ses maande baie meer kos en dan het die verbruiker bowendien al vergeet wat hy aangekoop het.

Kosaankope met ’n kredietkaart, maar waar gebruik gemaak word van die afbetalingsgerief van so ’n kredietkaart, wek eweneens kommer. Kortom, baie verbruikers is steeds so oorlaai met skuld dat te min beweegruimte bestaan om vraaggewys te reageer op seisoenale prysverlagings van sê vrugte. Andersyds is dié wat skuld afgeskut het, traag om weer in die slaggat te trap.

PRYSSTYGINGS

Prysstygings van verbruikersgoedere en kos is vervolgens toe te skryf aan aanbod-ongelykhede en nie die vraag wat aanbod oorskrei nie. Dit wil ook voorkom of verbruikers prysdalings anders benut as om meer te verbruik. Hulle gebruik eerder die prysvakansie om ander uitgawes aan te gaan en/of skuld te betaal.

Die Nasionale Bemarkingsraad in Suid-Arika se jongste Voedselprysmonitor werp lig op die dinamiek van verbruikerspryse en wat gekoop kan word. Statistiek Suid-Afrika het onlangs die samestelling van die verbruikersmandjie verander en dit maak dat veranderings nou, nie met dié van vorige jare vergelyk kan word nie. In Oktober 2017 was die nuwe kosmandjie bykans 1,9% duurder as vantevore.

Indien dié tendens sou toeneem, kan die mandjie in Oktober aanstaande jaar R1058,10 of R213,92 meer as die R844,18 in Oktober vanjaar kos. Sulke veranderings gee verbruikers die koue rillings.

DUUR VLEIS

Die hoë koste van die voedselmandjie is hoofsaaklik die gevolg van volgehoue skerp stygings in die prys van vleis soos gemeet aan die hand van die verbruikersprysindeks (VPI) wat tot Oktober vanjaar met 15,3% gestyg het.

Vleis is ’n swaargewig in die voedselmandjie en die jongste pryse is die gevolg van verminderde aanbod. In die maand tot Oktober 2017, het dié VPI baie stadiger toegeneem. Geprosesseerde items het skerp gestyg van September tot Oktober vanjaar, wat toegeskryf kan word aan die koste van toegevoegde waarde anderkant die plaashek.

Die koste tussen die plaashek en die verbruiker het skerp gedaal in stedelike gebiede sover dit stapelvoedsel betref. Vir die jaar tot Oktober vanjaar het 5 kg super mieliemeel die pas aangegee met ’n daling van 21,4%, terwyl sekere voorkwartsnitte se pryse met meer as 19% en dié van skaapnek met meer as 21% gestyg het.

Stedelike teedrinkers moes amper 46% meer betaal vir Ceylon tee. Plattelandse verbruikers se prysdalings by stapelvoedsels was minder – net 12,6% minder vir 5 kg super mieliemeel. Beesvoorkwartsnitte was ook duurder, maar met 18% effe sagter as in die stedelike gebiede.

Vars hoenderporsies se 20% prysstyging vir die jaar tot Oktober 2017 het sakke geruk. Die geval van stapelvoedsels wat kleiner dalings getoon het op die platteland, dui op verdere verdieping van huishoudelike voedselsekerheid.

Die deel van besteebare inkomste wat die armste 30% van die bevolking op kos uitgee, het verder verswak in Oktober toe daar na raming 56,7% van beskikbare inkomste so bestee is. Dit is 1% slegter as die maand vantevore.

Daarteenoor bestee die 20% rykste deel van die bevolking slegs 3% van hul besteebare inkomste aan voedsel.

Die goeie nuus is dat die arm deel van die bevolking se spandering op die vyf gewildste verbruikersitems van R6,27 tot R5,79 per dag gedaal het. Dit beteken deflasie van 7,7%. Gelukkig het sake in Oktober 2017 verder verander met ’n 0,9% daling vanaf September 2017.

TOEKOMS

Die vraag is wat die onmiddellike toekoms inhou. Volgens ingeligtes kan verdere stygings verwag word, maar wat nie noodwendig kommoditeitgedrewe kan wees nie.

Die politieke onsekerheid in Suid-Afrika wat oorspoel in die wisselvallige wisselkoers sal bepaald ’n impak hê op ingevoerde inflasie, maar veral ook op die staat se bestee vermoë.

Verbruikers wat dit kan bekostig om te kies wat deel moet uitmaak van die kersmaal, sal slim moet kies. Ongelukkig is daar ’n toenemende aantal verbruikers vir wie die luukse van keuses gaan ontbreek. Hulle sal moet eet wat hulle kan bekostig.

Oor die algemeen kan verwag word dat die handel veranderde kooppatrone gaan voel en sy heil sal lê in die mate waartoe slim aankope bevorder kan word.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!