Daar het ons nou ook die virus
Daar het ons nou ook die virus

Daar het ons nou ook die virus

Tanja Bause
Tanja Bause – Ek was net voor die Khomas en Erongostreek gehok is in die Suide, en ek was verbaas hoe gereed die Suide en sy mense vir die virus is.

By elke plek waar jy ingaan, of dit nou ’n winkel, hotel of restaurant is, word jou hande met waterlose handreiniger gespuit.

Dieselfde gebeur as jy uitgaan. By die kitsbank op Lüderitz staan ’n man met ’n masker, handskoene en handreiniger gereed om elke kliënt se hande te spuit. Net voor iemand by die hokkie ingaan om geld te trek, word die hele masjien afgespuit en gereinig. So ook wanneer iemand die hokkie weer verlaat. As jy nie jou hande gereinig wil hê nie, mag jy nie by die hokkie ingaan nie.

By ’n kettingwinkel op Mariental word die toonbank ná elke kliënt afgespuit. Ek staan en wag my beurt af toe die kassier skielik in Nama oor my skouer vir ’n man agter my gil. Die man skrik homself flou en spring agtertoe.

Ek vra waaroor die vrou so kwaad is.

“Mevrou, hy weet mos van die virus en hy weet hy moet ’n meter van die volgende persoon af wees. As hy nie wil hoor nie, dan moet ek op hom skree en sê: ‘Staan terug, weet jy nie van sosiale afstand en die virus nie?’” het sy verduidelik.

Ek dink teen dié tyd weet almal in die land van sosiale afstand, maar dit is iets wat vir Namibiërs baie moeilik is. Ons hou daarvan om in rye só naby aan mekaar te staan dat ons die liggaamshitte van die persoon voor ons kan voel en die asem van die persoon agter ons in ons nekke.

Persoonlike ruimte is iets wat in dié land nog nooit saak gemaak het of bestaan het nie. Ek dink stellig sardyntjies in ’n blik is verder uitmekaar as Namibiërs in ’n ry.

Ek dink almal is bewus van die absolute noodsaaklikheid van sosiale afstand, maar die toepassing daarvan is nie so maklik nie. As ons so ver uitmekaar in ’n ry moet staan, voel ons eensaam en verlore.

Dit is hoekom dit absoluut noodsaaklik is dat almal sover moontlik by die huis bly. As jy nie deel is van noodsaaklike dienste nie, bly by die huis.

Ek ry deur Windhoek en sien daagliks mense wat voor ’n kettingwinkel in die hoofstraat saamdrom. Moet jy elke dag brood gaan koop? As jy nie nou die een of ander item in jou huis het nie, probeer om daarsonder klaar te kom. Beplan beter sodat jy een keer winkel toe gaan en nie vir elke item elke dag nie.

Ek dink winkels behoort ook net vir ’n paar ure per dag oop te maak. Dit sal mense dwing om beter te beplan en nie vir elke ding die hele dag rond te loop nie.

Winkels kan nou ook as verskoning gebruik word. Mense van byvoorbeeld Kleine Kuppe gaan kuier vir hul maatjies in Pionierspark. Want ons Namibiërs kan ook nie sonder vriende braai nie. So, ons gaan kuier en dan stop ons by die winkel koop ’n brood en eiers sodat ons kan bewys ons was by die winkel as die polisie ons voorkeer. As die winkels net vir twee ure in die oggend oop is, werk die verskoning nie meer teen 18:00 die aand nie.

Mense wil nie hoor en tuisbly nie, so dalk moet die regering strenger begin optree.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!